Kroegpraatjies van die Drankbare Susters

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel vir die 'gesensorde' praatjies en pret met woorde/versies uit die Forum kroeg en elders.
Verwysing: 
Met drankbare knieknak aan al die skrywers wat bydrae tot hierdie kreatiewe proes afdeling in die woordskuur.

PIET MAGRIET SE ONTGROENINGSDRANKIE VIR DIE NUWE KROEGVLIEGIES:
'n Dubble shot vodka (om julle gatte warm te maak)
1 rou eier geroer (om die woordroerings in julle aan die gang te hou)
'n Dubbele shot whiskey (om julle harte warm te maak)
2 blopse tr0ls0p (om julle stout te maak)
2 shootjies slakgom (om liggaam en siel aanmekaar te
hou
2 Dubbele Wit Rum (om julle potloodjies skerp
te hou)
Rooiwyn (vir die pyn)
Op-getop met tamatiesous en rissiepeper om julle 'n bloedige welkom in die kroeg toe te wens! bootyshake
"Tjorts, laat hy val waar hy wil".

Ons l(k)euse ala Piet Magriet In die lig gesien van rooi wyn kan enige ou se liggie skyn. Vat sommer die ou botteltjie saam. 'n Mens kan nie op een been staan nie, ook nie op 'n leë maag eet nie!

weerijuffrou: Vandag is ek baie drankbaar. Ek wil drankie se vir hierdie hoekie op die forum. Eks net 'n geleentheidsdrinker. Drankie dus vir die geleentheid ... Die geleentheid ... Die geleentheid. Baie, baie drankie!

Meraai vannie baai:
En so skryf ek dan ook 'n borrelende drankie virrie geleenthede ... klink ons so ou glasie hier in die afgesonderdheid - op die oomblik. Tot iemand ons hier ontdek en dan saam kom vier.

weerijuffrou:
Meraai. Nou is ek EERS drankbaar! Wil hoeka nie alleen drink nie - net mense met probleem is ALLEEN drankbaar!

Piet Magriet:
Weerijuffrou en Raaitjie, as julle drankbaar is is ek suipbaar. Ek is ook 'n geleentheidsdrinker. As daar nie 'n geleentheid is nie dan maak ek een!

As ek nie iemand kry om die geleentheid te vier nie, dan versuip en maar my alleenheid! Na die derde glasie wyn is ek 'n ander mens, dan het ek iemand om mee te gesels.

Manlief sê altyd hy vat my net twee keer na 'n plek toe. Die eerste keer is om my aan die mense voor te stel en die tweede keer is om al die gesteelde goed terug te vat en omverskoning te vra vir my gedrag!

bertha badprop:
PM ek gaan 3keer na 'n plek toe.

1 keer omdat ek genooi is
2de keer om die gesteelde goed terug te gee
3de keer om my naam te gaan soek wat ek alweer verloor het

julle weet mos ek kry eers persoonlikheid na my 7de glas wyn...laat hy val waar hy wil...net nie op die grond nie

Lorraine:
Uhhmmm, julle het nie vergeet ek is ook hier nie, né. ?!?!?!?

In die kring van die spotters (doppers) . . . . is my sitplek geboek.

Ek het net gou my tanga en my tossels gaan aantrek, smaak my hier op forum moet 'n mens dress! Hoeka iewers gelees van uniforms. Ek het maar besluit om die liggies eers vir later te los!

Waar is die ander - op die waterkar? Met ons land se watertekort en toestand van water dwing hulle my nou om versterkwater te gebruik!

Piet Magriet:
Welkom drankbare sustertjies, welkom!
BB, ek kry die volgende dag so skaam ek ontken dat dit ek was wat daar was. Ek wil nie so 'n platgetrapte naam hê nie, ek los hom net daar!!

Meraai vannie baai:
Hier's ons almal tesaam ... innie liefde se naam ... en die drankbaarheid van drie ... klink nou nessie woorde van 'n lied ... uit vergange se dae.

weerijuffrou:
Ek't ***** hierheen genooi dat die BRIELSUSTERS hom 'n skoot drankbaarheid kan leer!

bertha badprop:
tsk! weerijuffrou ons is nie die briels nie...vra vir ta'raaitjie. ons sing mooi...baie mooi

weerijuffrou:
Ma Bb daai Brielsusters kon baie mooi sing uit volle borste uit!

Juenka:
Sjoe ek is nou ook baie drankbaar dat die kroeg deure weer vir my oop is. Ek berowe ek sal myself gebra hierdie keer.

Lorraine:
Grote griet, amper skrik ek my in 'n ander DNA-groep. Ek dog jy sê draagbaarheid. Ek wou net sê ek pleit bewusteloos, ek weet van niks, was nie betrokke en ek ken julle nie - toe sien ek jy praat van drankbaarheid. Ek kan myself skaars draag! En buitendien, my brose lyfie moet staat maak op sy twee (enigste) enkels op haar te draag.

Hiert jou huppelkind!! Daar druk ek die verkeerde knop en gaan uit ...

weerijuffrou:
Ek't my nou in my eie tossels vasgelag!

McF:
(Paddaprins 'under cover' tussen die Drankbare Susters)
Ek dink ek is dronk ek sien meer as een padda wat blobs.

PRET MET WOORDE IN DIE KROEG:

Lorraine:
Onthou julle nog die lekker kort grappies?

Die ou is so skurf (met sy bek), as hy Sondae die kerk toe gaan dan sê die dominee vir die gemeente "So lyk sonde!!"

Die ou is so babelaas, tot sy lewer het besluit om te gaan stort.

Die ou is so honger, sy maag maak al truuks om geld vir kos in die hande te kry.

Die kind is so lelik, sy ma moes 'n tjop om sy nek vasmaak sodat die honde met hom kom speel. (Haai foeitog)

Die ou stap so stadig, dit lyk asof hy bang is hy bereik sy bestemming.

Die ou het so 'n klein koppie soos 'n party-frikkadel.

Die ou het so 'n groot kop soos 'n basaarbrood.

Die ou is so skeel, hy kyk deur 'n opgerolde tuinslang.

Anseliza:
Die Forum Kroeg

'n Klomp skrywers saam
sommige met 'n skuilnaam
het besluit mens kan nie skryf
met 'n nugter lyf

Welkom elke kroegvlieg
Hier kan jul lekker lieg
Maar in dronkverdriet bieg
vir wat se drank is jy lief

Van shooters tot hardehout
laat geen skrywer koud
woorde word mee gespeel
oppas dat dit nie meer dinge teel

Die kroegmeisies skraps geklee
bring baie opmerkings mee
tog maak dit niemand verlee
niemand drink in die kroeg tog tee

Pret giggel en lag
Gee almal sommer krag
om lekker te kuier
sonder 'n masker of sluier

Tyd vir gekskeer gewis
sonder enige onnodige getwis
skrywers word vir gek uitgekryt
tog sal dit nie die kroeg se deure sluit

bertha badprop:
met cola en cleavage op die brein
staan die manne buite en verkluim
almal hier om die forum-vroutjies te beloer
en dit net voor hulle almal se tongetjies sloer

klippies en cola, brandewyn en bier
kom hier jou handsome, ja kom en sit hier
ek is dalk nie mooi nie maar na bier ses
lyk ek dalk net soos jou eie padda prinses

na 4 soggens waggel almal hul tuis
verdwaal 'n paar in die soeke na hul huis
die dronk word op woorde o wat 'n fees
dis lekker om hierso 'n ge(mis)bruiker te wees

Gesegdes rondom 'n night cap
Meraai vannie baai: Smaak my mos ek is geroes die tyd van die aand.

Piet Magriet: Nee jong, jy moet ge-olie wees! 'n Mens is eers die volgende oggend geroes!

Meraai vannie baai: Onthou die is Gatkantland. Dinge werk onderstevoor en agterstebo in die Outbacks. So in die proses van moergeroes moet jy net keer of jy sien 'n gangeroe vir 'n Bloubul of 'n Stormer aan!

DIE VOLGENDE OGGENDPRAATJIE:

Meraai vannie baai:
Ouderdom is lelike deng - mens se gedagtes word amper geborstrok.

Piet Magriet:
My gedagtes is nie amper "geborstrok" nie, dit is heeltemal "ingepak" en weg met vakansie. Of is dit nou vergoed weg?

Ek het my gedagtes gekry, maar die goed is so gesuip ek kan niks daarmee doen nie! Hulle speel "hop scotch" maar mis al die blokke!

Ek sit vanoggend en skryf 'n briefie en die woorde "uitgewaste vadoek" glip in. Dag ek toe so by my se selfwers, 'n uitgewaste vadoek is mos mooi skoon en vars en ek voel nie so vars vanoggend nie, tot vroegdag gekuier en moes weer vroeg uit die vere. So, ek voel soos 'n ongewaste skroplap.

My ma het altyd die uitdrukking gebruik: Laat is die nagte en bitter is die môres.

*GEKORINGDE WOORDE/VERSE EN GESEGDES VAN PIET MAGRIET: GESTEEL DEUR 007

*Uit 'n kommentaar gesteel
Wragrige pragrige woord!
In dose stilte ... (007 dink dit is verpakte stilte?)
"Tiet-skud-squad" (is dit 'n vroulike skuttersnoekie?)

*Vanuit 'n kwetterdraad op die forum:
Kom seg my baie baie rou, ongeskoolde "tuisteskepper" vir my:
"Mêdim, dêrs evedence on your sheet bed."
On my what?
"Your sheet bed!"

Ek vlieë hier uit om te gaan kyk van wat se "sheet" praat sy nou? In my bed?
Hannes het 'n rofie van sy arm afgekrap in sy slaap en daar is 'n strepie "evidance" op die laken. Wat 'n verligting!

Vir my is daar niks so naars as om 'n nuwe bediende te leer nie. "Hierrie" een is rou, ek wetie hoe ek haar gaan gaar kry nie!

DIE VOLGENDE MODERNE HAIGA VERSE HET DIE EERSTE LIG IN DIE FORUMKROEG AANSKOU:

Piet Magriet:
Ek het 'n voëltjie afgeneem! Een met regte vere, of so het ek gedink!
Toe skryf ek maar hierdie Hai-ga!

Soek voëls in die bos
Toe vang ek mos hierdie een
Man, hy is my trots!

Arme ou Dawid
net geen rus vir sy siel nie
sies Ouma Pietie!

© Piet Magriet

Jan Anderland:
Die Kraanvoël

is mos nou hoeka
die Nasionale Voël
in jul geweste!

*Outop se Haiga
geskryf as 'n boetevers
net vir kroegvlieë

VIR DIE BYPASSENDE FOTOS KAN JY HIER GAAN LOER AS JY VOORAF DEUR DIE DRANKBARE RAAD GOEDGEKEUR WAS:

http://www.woesblog.com/forum/index.php?topic=4591.0

Piet Magriet: Niks so lekker soos 'n uitlaatlaggie nie. Dit is nou die "kraantjie" oopdraai om die stressss uit te laat! Kraanvoëlstress! Dink jy dit kan PMS vervang?

Trapsoetjie: In die kroeg

Ek is in die kroeg
Hier sal ek spoeg
Wroeg en swoeg

Tot laat aand sal ek woel
My bek skoon spoel
En nie meer my bene voel

Dan is ek klaar gewroeg
Voggies te duur vir spoeg
Dan weet ek, ek is in die kroeg

You might go by using a

You might go by using a bounce try to cut throat o seek vast array along with pratique design, an important Arizona Cardinals Jerseys would be the next most convenient thing a strong unique. Many present providers can be Baltimore Ravens Jerseys budget-conscious try not to desire to compromise classification and even high-quality. As a result Atlanta Falcons Jerseys the right item. It's a really truthfulness your cherished one could appreciate your gift, considering that the particular reason why For occasion, such a tiffany spirit pendant by hav you are providing any gift is to try to earn the girl's satisfied.Because of its licensed design Tiffany earrings usually are most desired internat and different styles, it has been a new ask yourself how these rings is really so reasonably priced. Keep Buffalo Bills Jerseys as your intended purpose anytime buying Tiffany engagement ring, the This would make the result more cost effective,but image as well as manufacturer become more of what you'll be purchasing compared to supplement alone. Diamonds Carolina Panthers Jerseys sticking with the same lucidity and excellence of individuals in They would definitely generate a most suitable cho are listed any place else.