Kruis & Dwars - Kreatiewe Skryfoefening

Verwysing: 
Druk asb. op die read more skakel om die bydrae te kan lees

Die skrywer neem 'n klompie woorde, plaas dit in twee kolomme teenoor- of ondermekaar. Verbind nou die twee kolomme sonder om ag te slaan op die woorde. Hieruit kan nou nuwe woorde/begrippe of humoristiese verbindings verkry word. Hierdie nuwe verbindingswoorde word dan gebruik as siersteenfondasie vir jou skeppings.

Ek het as 'n voorbeeld veertien woorde uit ons Eksosentriese Komposita: die kruiemiddel waarmee daar kleur en geur aan die alledaagse spreektaal gegee word, gebruik.

A kwaggakaiing: koeksuster
B krabbelpoot: slordige handskrif
C bokverdriet: onplesierige dik mistige weer
D help-my-bykommetjie: hoe hakskoen
E stoutpootjie: vryer wat nie sy hande kan tuishou nie
F adamsvurk: met die vingers eet
G Kalaharibesem: sterk kalahariwind wat alles met sand bedek

1. Hemeltoorts: die son, ook genoem: Janbantam en Janlap
2. Kop-en pootjiesdraai: agterbuurt
3. genade water: flou koffie
4. Kekkelbessie: benaming vir hoendereier
5. blikperd: trapfiets
6. knordonkie: bromponie
7. goggabangmaak: skreeulelike persoon of ding

Uit hierdie twee groepe het ek die volgende woordverbindings gekry:

A7: Kwaggakaiing/goggabangmaak
B6: Krabbelpoot/knordonkie
C5: Bokverdriet/blikperd
D4: Help-my-bykommetjie/kekkelbessie
E3: Stoutpootjie/genade water
F2: Adamsvurk/kop-en pootjiesdraai
G1: Kalaharibesem/kwaggakaiing

Jy kan ook die twee groepe blindelings verbind. Eindelose woordpret wanneer hierdie verbindings in versvorm ingespan word!

VOORBEELD:
Daarbo by kop-en pootjiesdraai
waar die kekkelbessies nesskrop
langs 'n papwielblikperd;

speel Janbantam stille toeskouer
as bokverdriet nie sy sluiers gooi.

Op die trappie langs die malvas,
sit ou Sagrys Stoutpootjie.

Met adamsvurk eet hy Kalahariprawns
en sluk dan af - met genade water

Om die hoek kom Kalaharibesem
sy vaaljas gooi, oor mens en dier

© Meraai vannie baai

(kalahariprawns verduidelik PM is skaapstertjies waarvan die vette afgesny is om droëwors van te maak)

DIE VOLGENDE TWEE GEDIGTE IS MET DIESELFDE METODE SAAMGESTEL

Die konkavuur
se vlammelek,
skroei die hongerhart

Handjievol gesteelde ure
verlepte treinspoorblomme;
graffiti in die sand

- verby is verby -

Droomlandteugies
uit gister's sekondes,
skulp teer die seer

© Meraai vannie baai

Tussen spasies
weerkaats illusie
die werklikheid

verklik die slingerspoor
van amandelonthou

Op die rugkeer-roetpad;
my laat-dit-gaan-kruk
oor sewe-seë-seer,

fluister splintergees
~~ tyd genees ~~

© Meraai vannie baai

Amandelonthou: gister se bitter
rug-keer-roetpad: As/as/as (Al die kere wat ons dinge anders sou doen as ons kon)
laat-dit-gaan-kruk: vergewe en vergeet
sewe-seë-seer: Ervarings/verwondings op ons lewenspad

answer this topic

One writes a narrative thesis in foresight to actualize a hefty cut of academic education, such as in education to receive a master's degree. But there are people who provide thesis, it’s better way.

Jy is 'n heks.

Jy is 'n heks. :icon_biggrin: Dit is mos die vrolike (ag ek bedoel vroulike) vorm van 'n towenaar.
Jy kan toor met woorde Raaitjie. Jou woorde word begrippe en jou begrippe skryf boeke vol sielsverhale.