Meraai vannie baai:
Ek wou vandag kom leer
oor al die leestekenreëls
en toe vertel jy my van
die gebruik van 'n komma,
tussen twee werkwoorde
toe die lente uiteindelik aanbreek,
sien hy weer twee van die mooi voëls.
Ek wou vandag verder leer
oor al die leestekenreëls;
en toe vertel jy my van die
gebruik van 'n kommapunt
in plaas van 'n voegwoord
soos maar/want/omdat en;
Magie vol;
ogies toe
Ek wou nog verder leer
oor die leestekenreëls,
en toe vertel jy my van die
vraagteken en uitroepteken,
en wys my mooi hoe!
Is Piet vandag hier?
Of is hy nog siek?
Sy lyk pragtig vandag!
Dis mos haar verjaarsdag!
Die les sluit toe ook in,
die gebruik van die dubbelpunt
en jy wys en beduie aan my:
Lekker vrugte is orals uitgestal:
lemoene, piesings, pere...
En sommer nét vir die lekker
leer ons speel-speel verder;
trek jy trepies oor 'n letter en
jy wys aan my:
'n akuut: nét
en
'n gravis: nè!
So leer ek toe ook van 'n aandagstreep -
om die leser se aandag op iets te vestig,
en om spanning en afwagting te skep:
En die wenner is - Ladie Da!
Nuuskierig wou ek meér
weet oor die doel van
"aanhalings-tekens"
en jy beduie só aan my:
Onthou die kappie op die 'e'
as iemand nog ietsie wil sê
binne 'n reeds-aangehaalde-sin:
"Toe sê oom Piet vir hom:
‘man, ek hou nie van jou houding nie’
en stap sommer met lang hale weg."
Ek wou nóg meer leer
oor die leestekenreëls,
en toe vertel jy my -
van 'n skuins streep (solidus)
wat gebruik word om die
verhouding tussen twee dinge
aan te dui, asook in die plek van
die woord "en" en "of" soos in:
die ATKV/SANLAM-toekennings
en al die eetgoed/drinkgoed daar
en toe wys jy ook vir my wanneer
om slegs drie kolletjies te gebruik,
om ‘n stilte aan te dui ...
of om afwagting te skep:
Ja...wat sal ek nou sê...
Die voël se geroep het al
verder en verder geklink...
En nét voor ek weg wou gaan;
herinner jy my gou-gou weer:
Elke sin word met ‘n punt afgesluit.
... en al die reëls val weg met 'n kaalvoetgedig ... soos Ma van Antjie Krog ...
TGG © (Inligting verkry: ATKV Taaldiens en Afrikaans in Europa)




