Al ooit daai gevoel gehad toe jy op skool was - kom by 'n skool sokkie aan en sien die ou op wie jy al 'n geruime tydjie jou sterre-oog op het.
In die disco ligte en rook wat 'n aarbei reuk afgee sit jy op 'n stoel aan die kant van die saal en staar na hom. Hy's ongelooflik aantreklik - soveel meer vanaand. En met 'n hart vol hoop stuur jy jouself die wolwe-nag in. Hoop jy ook dat dit net jy is wat sy gedagtes vul.
Hy stap nader en jy wil flou raak. Stap hy hierheen? Nee, hy stap verby. NEE, hy stap HIERHEEN! Nee, hy stap verby... Maar die verbystap is elektriese-lading-belaaid (as daar so woord sou wees). Skielik is die aarbei reuk weg en sy cologne vang 'n sintuig, meer as een. Voel, ruik, proe, preuwel...nie gepraat van SIG nie. Dit opsigself is 'n wonderwerk.
'n Tier in jou brul vir bevryding, maar jou netjiese voorkoms (spesiaal vir hom) is die olie in sy water. As jy nog nooit verlief was nie, WEET jy dis nou. Maar voor jy jou kan kry is die aand om, en jy het nie met hom gepraat nie. Jou hart brand van spyt en jy wens jy het 'n sterker selfbeeld gehad om hom te nader.
Die volgende more spring jy vroeg op, kan nie wag vir die dag om te begin nie! Jy gaan hom sien! By die skool aangekom staan hy in 'n groep by sy vriende, maar tussen deur die "boys talk" gee hy 'n pal staar in jou rigting. Vir 'n oomblik voel dit asof jou hele lyf staties raak en jy begin opslag bewe.
Periode voor pouse tik jou vriendin jou op die skouer en stuur 'n netjies opgevoude briefie jou kant toe. Geskeur uit 'n Wiskunde boek - kom jy agter toe jy die gedeelte van 'n som op die agterkant van die strepies papier raaksien. Binne in staan: "Kry my agter die skoolsaal pouse". Jy weet geen terug antwoord is nodig nie, want hy weet hoe jy oor hom voel en jy sal die pous se aankoms mis vir dié geleentheid.
Triiinnnnnnnnnnngggg. (die pouse klok)
Tieners skarrel in rigtings, helfte is aan die hol om voorste plek in die snoepie te kry. Jy kom om die hoek en jou hart klop dromslae. In jou die vrees dat hy nie sal "pitch" nie. En daar staan hy.
"Ek is verlief op jou" sê hy.
"Ek het jou lief" is jou antwoord.
En julle "sneak" 'n verbode piksoentjie in terwyl julle kans het. Maar nie vinnig genoeg nie. Die onderwyser wat daardie week op Skoolgrond Inspeksie is het julle raak gesien en sonder om juis baie subtieliteit te toon gryp sy hom aan sy oor en jou aan die arm.
"Skoolhoof toe met julle"
En die enigste gedagte wat jou die vryheid gee is; "My liefling, ek en jy vir altyd. Deur die donkerste nag en die ontstuimigste see sal ons deur gaan... SAAM"
Hoe wonderlik... Mmmm. Die liefde.
Hierdie blog inskrywing is gerig aan my man. My engel, jy is my skoolliefde, jy is my hart se snare. Jy is 'ek', want ek is 'jy'. Lief jou altyd!

whenever it meets an obstacle."
liefde
*sug*
ai laat jy nou my hartjie wild bons. as ek ooit 'n opregte liefde kry, moet dit so volkome wees soos jou skrywe hier! ons mis jou sparkle girl!!!!
groete
tassie
Ek het op skool altyd
Ek het op skool altyd imaginary vriende gehad...die beste! Die seuns het van my gehou...maar daardie vreemde sirkeldanshou, waar hulle self nie lekker seker was hoe hulle moet voel en reageer en presies WAT hulle nou eintlik met my moet doen nie. Saam skateboard gaan ry...of sterre kyk????
Genade dankbaar dat ek en my man nie in daardie onskuldtyd mekaar ontmoet het nie. Die skoolgeboue sou ons net nie kon tem nie. Vandag soveel jare later vang ons nog steeds kwattekwaad aan. Ons kinders lag soms daardie senuweewraklaggies terwyl hulle benoud wonder wat volgende gebeur. Maar nie een enkele dag is vervelig in ons verhouding nie. Ons is nie vriende nie...nee, ons is maatjies. Soos mens net kon vind terwyl met nog klein was en geen pretensies lyf kon hou in jou voorhuis nie. En daarmee saam kom onvoorwaardelike liefde hand-aan-hand aangestap. Ek dink mens moet elke dag soveel waardeer wanneer jy dit met jou geliefde en sielsgenoot kan spandeer. Julle is dan mos eintlik GEMAAK vir mekaar....