Moord op die forum ('n Laslappie verhaal deur verskeie woes-skrywers)

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel om die hele verhaal te lees.
Verwysing: 
Met spesiale dank aan McF vir die voorstel en eerste deel van hierdie woeste spanpoging.

McF:
" 'n Boef, dis wat Theuns Mcfarlan is! Mottorkarre steel en vrouens slaan, kan hy goed doen, gmh – ek sal my nie verbaas as hy nog eendag moord pleeg nie."
"Haai Tante!"
"Jy kan die weer sê!" sê Meraai wat nou mooi op stryk kom.
SueEe sien die klein sweetdruppeltjies op haar knopneus vorm soos altyd wanneer sy opnuut die besef kry van haar belangrikheid hier op Woes-Forum.
"Ja, jy kan weer haai sê, meisie! Dit is nou vir jou 'n affêre! Vandag se ouers weet mos nie meer waarvoor hulle hul kinders grootmaak nie! Ek het juis op pad hierheen loop en dink dat ek maar vroegtydig by Santie Mcfarlan moet gaan inloer en op 'n mooi manier vir haar gaan vertel van die diep waters wat so skielik oor haar huis gaan aanrol."
"Dink Tante regtig dat dit Theuns was, wat daardie meisie so geslaan het?"
Meraai vee oor haar knopneus met ʼn fyn kantsakdoekie en sê:
"SueEe as daar een seun is wat ek ken, dan is dit vir Theuns Mcfarlan! Dit is 'n wilde wetter, hoor wat ek jou nou sê!"
"Laat ek loop kind, die son trek al water!"
SueEe leun met haar elmboog op die kroeg toonbank en staar na Meraai toe sy waggelend by die kroeg uitstap.

SueEe:
‘Ja-Nee’ dink SueEè, ‘niemand kan stry as Tant Meraai eers haar opinie geopenbaar het nie. Van mense ken, die kan jy haar niks van leer nie.’

Met die gedagte bestel sy nog ‘’n dubbel-blik Stoney Gemmerbier op ys, en Juenka kom sit by haar en sy het gou-gou deel in die nuutste nuus.

“Maar Theuns?” vra SueEè, “Aikona, daardie sag op die oog, geharde boerseun van die kontrei, wie sal dit nou kon dink?” “Ja” beaam Juenka…”die duiwel skuil diep binne mense, jy sal nooit weet nie voor die duiwel self voor jou kom staan nie”

(SueEè sluk-sluk maar swaar aan die koeldrank en hoop nie Juenka kom agter dat sy ook maar ‘’n gevoel of twee al met Theuns gedeel het nie. Seker diè dat Tant Meraai so kwaai met haar gepraat het…of is dit maar wat ‘’n skuldige gewete aan mens doen…)

“Haai siestog, die arme stomme Chenèl, hoe het sy ooit in so ‘’n situasie beland?” “Seker weer woordeliks te hard gevry” sê SueEè. “Jy weet mos, op daardie onskuldige manier, en Meneer Theuns, volbloed man wat hy is, het seker nie die Stopstraat tekens gesien nie, en toe dit te laat is vir briek aandraai sy kop hard teen die muur gestamp en daarmee saam sy egotistiese humeur verloor en dit op haar uitgehaal”
“Hie-hie” giggle Juenka en met skielikke erens “en kyk waar los dit hulle, een op vlug en die ander in ‘’n wit bed! Nee jong, mens speel nie met die duiwel nie en ek voel so jammer vir Chenèl”

“Juenka jong, ek wonder darem of daar dalk enige waarheid is aan Tant Meraai se gissings? Onthou jy nog vir Aspoestertjie?”
“O ja, wie sal dit ooit kan vergeet”
“Sy en Theuns het mos in hierdie einste kroeg vir mekaar geleeuloop en gebokspring!” “ja-ja” vertel Juenka opgewonde. “net toe alles te jollig gegaan het, kom Santie met die kleinding net na middernag hier ingewals” SueEè sug,”ek het nog nooit in my lewe ‘’n lewendige-dooie mens gesien soos ek Theuns daardie aand gesien het nie”
“en toe is Aspoestertjie weg, tot vandag toe. Poofff, soos mis voor die son, net weg” fluister Juenka saggies.
“Maar hulle het gesê sy is na haar oupa toe, plaas toe”
“Mmm dit is wat hulle sê, maar het jy die kyk in Santie se oë gesien?” vra sy. “Daardie nag het sy die engelevlerkies vir die duiwel geleen, sy het woede in daardie oë gehad…”

“Sjoe, hier kom SirDon”
“Middag dames, wat sit julle so in die hoekie en saggies praat? Netnou dink iemand julle skinder”
“Haai nooit, Don...dink”
Juenka val SueEè in die rede “het jy gehoor wat het met Chenèl gebeur…Theuns het…” SirDon se foon lui” “Don..wat praat…Wat!…Nooit…Baai”
“Julle girls sal dit nou nie glo nie…!”

McF:
"Wat!...vertel ons nou!" Skreeu SueEé en wring haar hande.
"Dear, o dearie me! Dit is nou vir jou nuus" praat Don en hy kyk met 'n soort meewarigheid na SueEé – net asof hy wil sê: "Foeitog"
"Dêm! Outjie vertel en kry klaar" roep Juenka.

Vossie die dronkie van die Forum sit en luister wat die drie praat, staan op en stap na hulle.
"Is nou nie lat ek juis veul wil sjê nie...Maar ek wil ok maar net sjê...! Ek noem dit shlegs om die herinnering te bring, een van die skrynendshte oomblikke van my lewe...Met my oë het ek geshien, hoe Theuns-man arme Chenél met die vuiste pimpel en pers..."
"Vossie,” sê Don streng, "jy is dronk en praat sommer allerhande bog. Kom dat ek jou huis toe neem."
"Ek ish nie dronk nie...ek het net 'n paar brandewyntjies in" stribbel hy teë.
Met groot beangste oë staar die meisies na Don, wat Vossie weglei van die kroeg.

Juenka kyk na SueEé maar sê niks.
"Vadertjie...!" verbreek Naas die stilte, "Theuns!...die wildewragtig!"
"Naas hou jou smoel! Jy is net die kroegman, wat weet jy!"
"Oee...ag sies tog, foei toggie....SueEé! – loop jy nog steeds met toe oë deur die lewe of skerm jy net vir Theuns?"

Tribalmoon:
Nou kyk, toe Costello die bar instap is hy sommer met die intrapslag de moer in.
“Dis oor julle spul sit en koeldrank drink in ‘n bar, dat julle so sit en skinder. As daai glase iets ordentliks ingehad het, sou julle belangriker dinge gehad het om te gesels” en hy plak vir homself neer op ‘n barstoel, kyk suspiciously rond dat die Gideon Bybel smouse hom nie gaan teister nie en bestel ‘n vinnige bier (om die dors te les) en ‘n glas wyn (om gesofistikeerd te lyk).

Juenka proes haar ‘slimline tonic water’ met die skelm shot Gin in oor arme Naas die barman uit van die skok en SueEe oorweeg om haar naam te verander, uit skaamte vir Juenka en natuurlik omdat sy skielik wens sy het ‘n shot iets in haar gemmerbier. Nee kyk, as almal gedink het hier is moeilikheid met die Theuns kind se violence, is hulle nou seker hier gaan ‘n ding kom met Costello en wie weet nog wat weet , maar vir ander duistere redes die woes forum pub kom visit.

Niemand antwoord Costello nie en hy grinnik sarkasties by homself, ja nee, ‘n klomp jabroers sonder feite, as usual, dink hy en draai sy rug op hulle en down perongeluk sy glas wyn eerste en sug omdat hy nou aan sy bier moet sip.

Naas fluister hoogs de hel in (hy en Costello se vure brand verskillende kleure); “ek dink ons moet maar liewerste praat oor daai gladde bene van jou, Juenka” en Juenka vererg haar onmiddelik vir Naas en sy en SueEe sit verder saggies en skinder. Dis nie lank nie of Piet Magriet stap binne. Statig, en as jy nou nie geweet het nie, sal jy dink sy was ‘n virgin toe sy getrou het, maar sy loer so skalks vir Costello en besluit dis sommer twak dat die twee jongetjies so skinder.
“Ek dink”, praat Magriet, “dat julle eers die waarheid uit die perd se bek moet hoor.”
Ekke, tribalmoon, hoor die laaste sin en bars very unladylike uit van die lag en sê: “Ja, as daai bek nog tande in gehad het, sou ons dalk kon verstaan wat sê sy, maar al wat ek kon uitmaak is: ' ip phasb mee peens mee ' en toe dog ek , ek knik maar my kop en met ‘n 'sorry pel', is ek toe weg, anders miss ek happy hour.”
Met my laaste woorde kom Meraai van die Baai (wonder watse baai) in en bestraf my vir my taal (wat nie even EK kan verstaan het nie) en set haarself neer langs my met ‘n boekie, en sê vir Naas, “007, martini, shaken and stirred” en toe begin sy scribble soos ‘n mal mens en dis toe dat ek die drie tequilas voor my sluk sonder suurlemoen en sout en wens dat Aurora hier was sodat ek met haar kan fight oor niks.

McF:
'n Mens se gedagtes loop rond, dink Costello en vat 'n sluk van sy bier. Hy tokkel met sy vingers op die kroegtafel. Die skielike stilte in die kroeg pla hom nie.
Die stilte word verbreek deur 'n lelike iets van Meraai se kant. Almal kyk verskrik na Meraai.
" 'n Mens sê ekskuus, Meraai " sê Naas.
"Heidenland! Meraai, is jy altyd so onbeskof?" vra Costello verontwaardig.
"Ekskuus, dit was 'n ongeluk" sê Meraai.
" Snert-tert! Dit was nie 'n ongeluk nie. Meraai is altyd so onbeskof. Sy stap buite rond en dan doen sy dit moedswillig." kom dit van Naas.
"Hoeee...ee! julle mense is dit nou nodig om te stry oor hoe en waar Meraai poep!...?" vra Juenka
"Weet een van julle wat het van Aurora geword? Ek is lus vir 'n fight, violence is mos my tweede naam en met Aurora kan ek fight oor niks" sê-vra Tribalmoon.
"Yes! Yes! Howzit ouens! En wat hoor ek nou van fight en voilence? Tribalmoon, jy gaan jou allie sien as jy so aanhou karra met Aurora."
"Theuns!" roep Meraai verskrik uit. "Waar kom jy vandaan? Ek was by Santie en het haar vertel van die droewige water wat oor julle huis gaan spoel."
"Ek het gehoor dit is diep waters wat oor ons huis gaan rol tant Meraai, nou is dit droewige waters." Theuns lag diep uit sy keel, klap op die toonbank, draai die kroegstoel om en gaan sit.
"Hey Costello, het jy gehoor wat het met ou Vossie gebeur.? "
Costello antwoord nie, gee net 'n vuil kyk na almal, grynslag en vat weer 'n sluk bier.
"Die ou gee my dronkaardswaansin" Fluister Naas, vir SueEé.

Aurora:
Aurora kom die kroeg ongesiens binne. Sy neem haar plaas by die tafeltjie in die verste donker hoek. Sy wink die kelner nader en bestel 'n bottel Merlot 1998. Sy haal haar menthol sigarette uit haar ontwerpershandsak en neem 'n lang, welbehae teug en tuit haar bloedrooi, vol, ronde lippe. Vanuit die newels van die rook voor haar, hou sy die ander karakters tersluiks dop.

Diep binne in haar borrel daar 'n siniese laggie. Hulle is almal marionette. En sy is in beheer van die toutjies. En wat die adrenalien 'rush' soveel beter maak, is die feit dat sy, en sy alleen, daarvan bewus is. Sy is eintlik in beheer van die komedie-tragedie wat voor haar afspeel. Sy is die inisieerder van dit alles. Dinge in die lewe van die forum kroeg en forum kliente loop seepglad en klopdisselboom solank Aurora nie haar Noorderligte kom sprei nie. Maar as sy dit die dag subtiel, o, so subtiel, kom sprei. Dan is daar drama. Dan spring die mannetjie uit die boks. En dan gebeur dinge. Dan is die bywoningsyfer ook sommer teenaan die rooi.

Aurora vee sensueel oor haar skouer en teug lank aan die houtvatsmaak van die rooi vloeistof in haar mond. Trek so een asempie in, en blaas saggies deur haar neus om die aroma van die verouderde druiwe deur al haar sensuele sintuie te beleef. Aurora is 'n gevoelsmens. 'n Vlees en bloed vrou. Een wat haar sintuie in alles vertrou. En sy hou van die smaak. Sy lig die bottel nader aan haar oe, en bestudeer die etiket. Die wyn getuig van goeie wynmakersvernuf. Net soos haar vernuf. Om te manipuleer.

Sy was die een wat die woorde van vertwyfeling in McFarlan se ore gefluister het. Op die aand toe hy en sy alleen was, en sy eie verweer soos mis voor die son verdwyn het. Sy het aan hom genoem dat hy nie te veroordelend moes wees in sy benadering van die situasie met sy geliefde Chenel nie. Dat sy ook maar, soos hy nou, aan die oomblik en aan die swakheid van die vlees, skiet gegee het. Aurora raak liggies aan haar volronde rooi lippe. By die gedagte aan die kus waarmee sy McFarlan van haar af weggestuur het. Met die vuur van passie steeds in sy oe. 'Gaan maak dinge reg tussen jou en haar". En hoe het dit net nie gebeur nie! Sy het geweet dat McFarlan, onder normale omstandighede, nooit tot aggressie sou oorgee nie. Maar sy WOU dat hy moes. Sy het die vuur aangeblaas.

En nou sit almal daar, voor haar, en bespiegel en bespreek en hou nadoodse ondersoek. En net sy, sy alleen, weet waaroor dit alles gaan. By die derde glasie wyn besluit sy dat sy genoeg gehad het. Sy het ander dinge waarop sy wil konsentreer. Nie langer net die konsekwensies van haar dade dophou agter 'n muur van menthol rook en druiwe beheerde sinne nie. Sy het 'n adres om te gaan opsoek. En 'n heer McFarlan om te oorreed om aan te gaan waar die vuur laas geblus was voor sy vertrek na ene Chenel. Sy reken hy kan op die stediium DOEN met 'n bietjie opbeur...

Vossie:
Buite kom Vossie eindelik tot verhaal nadat hy homself poer des nerdes geval het. Daai laaste bietjie spititus het sy bene lam gemaak en hom soos ‘n ou gebou inmekaar laat tuimel. Sy harregat klapperdop val ‘n duik in die randsteen sonder om ‘n haar te verskuif.
’n Barmahartige het hom jammer gekry en R20 in sy hand gestop. “Gaan koop vir jou iets lekkers”. “Versjeke!” anwoord Vossie terwyl hy met moeite opstaan en kroeg toe skuifel.
Hy bekyk die spul met ‘n waggelkoppie en oë wat heeltemal kan oopgaan nie.
Dan herken hy die bekendes, hulle ‘tip’ so af en toe en sommige skinder hardop in die verbygaan.
Na ‘n rukkie se waggel en bepeinsing stap hy met ‘n ompad reguit na sy sitplek. Hy was al te veel kere hard gewetter as hy tussen die ordentlikes wil sit. Dus val hy die kroegstoeltjie net-net raak daar in die hoekie waar die dakliggie reeds maande lank stukkend is. “Barman…!!” Die kroegman bring sy dubbel brandewyn en coke uit gewoonte.
“Djulle dink ek’s scum nê.” Sy benewelde brein funksioneer effe beter na die eerste teug.
‘n Warboel gedagtes spoel deur sy slingerende breinselle en som almal een vir een op.
“djy issie fênsie ene, djy issie bitch, djy – djy is okay (tip meer as die res), djy issie worst ma ammal is ewe guilty in hierrie crime. Ek wiet ôk wat gebeerit hie naby innie alley. By Theuns word vasgesteek en skielik lyk Vossie bietjie minder besope “Jy, ja jy! Djou pêlle ken djou ma shleg! Eendag is eendag, da ga djy expose wôrre, i’strue as njannies!” dink hy hardop en wens dat die Boere (polisie) hom sommer nou kom vang.
Ney, hulle kan ma sê ek’s ‘n dronkgat ma ik het noggie an ‘n vrou geslattie. Maybe omlat ek mostly moetoe gesuip is ma fact is fact!
'n Mooi dame stap verby en Vossie neuk amper van sy stoeltjie af toe sy oë haar na die "ladies" probeer volg.

Tribalmoon:
Dinge begin nou wakker raak in die Woes Forum pub. Ek kyk die spul so en wonder hardop: "Nou weet een van julle brain surgeons waarom Chenel nou eintlik geneuk is?" Nie 'n siel antwoord nie. Oh well. "Naas, nog so drie tequelas asseblief." Naas frons. "As sy nog 'n tequila drink , gaan sy nou nou 'n alwyn op haarself trek, dan word ons almal weer gesteek of vergiftig", maar hy seg nie 'n woord nie en gooi maar. (Hy ken sy plek)

Ek sien vir Aurora sit met haar wulpse lippe en nie-so-sedige-look, en dink, a-ha! hier is die kans nou. "dat die geluk nou so in my skoot moet val" maar ek touch nog nie eers wood nie, toe waai Aurora die vertrek uit in 'n rookwalm wat mens amper laat dink daai engin het lanklaas olie gesien. "Verdomp! Spoil sports" dink ek, toe die deure met 'n gedawer toeslaan.

Juenka stap in en ek dog sy kom om my te moer, nie dat ek sal weet waarvoor nie, maar dis nou tyd dat ek hier wegkom.
"Het een van julle darem vir Chenel 'n kombersie of 'n sweet gevat ten minste?" vra Juenka. Skielik lyk die hele lot skuldig, behalwe Costello wat verergd nog 'n bier en glas wyn bestel in die hoop om die slag die sequens reg te kry. Costello is bietjie obsessief kompulsief en sal nie stop voor die ding reg gedoen word nie. Mens kan maar net partykeer wonder of hy nie aspris die wyn en bier sekwens omruil nie, maar not de hel gaan ek hom vra nie.

"Dis nou 'n goeie idee, Juenka" sê Charmain, en die res van die groep skrik so groot, de ieder en elk kry amper 'n whiplash om te sien wie so skielik praat. Charmain glimlag floutjies.
Willa kom swaai haar peace vlaggie en besluit dis nou die tyd om 'n plan van aksie saam te stel sodat arme Chenel darem kan voel sy word waardeer en gemis.
Almal is vuur en vlam en mens sou amper sweer dis 'n militaristiese oefening soos Willa en Juenka die troepe kommandeer.

SueEe sit dik bek. Theuns is weer in all sy glory besig met al wat 'n girl is en sy begin dink aan 'n sluipmoordenaar huur. In the meantime, kyk madeliefie diefie die hele gedoente ook aan. Sy giggel vir haarself. Sy weet mos dat ou Theunsie haar kat ook in die donker geknyp het en wee o wee, as die res van die 'gemeente' dit uitvind. Dalk moet sy self vir Chenel gaan vra wat gebeur het, want sy het haar doubts.

Dit raak laat in die kroeg. Die ogies trek al toe soos die drank nou oorneem en selfs die ouens wat nie drank drink nie voel die effek. Dis so aansteeklik soos 'n gaap.

Ek bel vir Jannietoor op my selfoon, "hey, hier is 'n konkelary aan die gang, ek soek info." Die hele spul lyk vir my te suspisieus en te heilig om te maak asof hulle niks weet nie en ek sweer Meraai luister my af.
Ek besluit om my maar te ontferm oor die arme Vossie en sleep hom aan die een voet na die rusbank affere toe (ook in die donker - sekere mense is maar beter as hullle nie gesien word nie) en sleep-trek hom op die stoel. Dis nou alles met een hand, terwyl ek met my sidekick Jannietoor konkel.

Nadat ek met Jannietoor gekonkel het en ek seker is niemand sien my nie, glip ek by die deur uit. Daar is mense om te doen en dinge om te sien. Dalk is dit nodig om 'n paar aksies te oorweeg om die ware rot uit te lok.

Jannietoor:
Jannietoor sit sy selfoon neer en dink na oor wat Tribalmoon hom vertel het. Hy trek sy baaitjie aan en stap na die kroeg toe.

Die kroeg raak stil toe die vreemdeling binnestap. Hy gaan sit by die bar op 'n stoel sonder om sy hoed af te haal en bestel 'n glas water. Stadig kyk hy deur die ander mense in die bar. 'n Paar mense fluister onder mekaar. Costello tel sy wynglas op, frons, sit dit neer en tel sy bierglas op en vat 'n sluk.
Juenka sê iets vir SueEe en hulle loer vir die vreemdeling.
Dit raak weer stil. Net Vossie snork van af die rusbank.

Jannietoor drink sy water klaar, gooi 'n paar munstukke op die toonbank, knik sy kop vir Naas en stap uit.

Juenka:
"Ek sê nou vir jou SueEe daai vreemdeling en Tribalmoon is besig met iets." Juenka gluur na Jannietoor terwyl hy by die kroeg se deur uitstap. "Wat bedoel jy met dit Juenka?" SueEe vra fluisterend aangesien Costello hulle tussen die wyn en bier dophou. "Ek sien 'n patroon met hom en Tribalmoon. "Al wanneer ek hom sien is as Tribalmoon hier is en dan verdwyn hulle ook maar so saam-saam." SueEe skud haar kop. "Kan nie wees nie Juenka. Die vreemdeling lyk soos 'n man van status en .." Juenka val SueEe in die rede "en Tribalmoon het net die regte tipe verleidelike aggressie om te kry net wat sy wil hê." SueEe sien dat Juenka se Gin nou goed in aksie is en die groen jaloesie monster klop-klop in die aar langs haar tempel. "Juenka miskien moet ons maar groet, ek sal jou by die huis gaan aflaai." Juenka gooi haar lang bene van die kroegstoel af. "Groet se gat SueEe. Hier is iets groots aan die kom vanaand. Ek kan dit voel. Vanaand gaan ons nog uitvind of dit Generaal Mustart in die study was met die candlestick." "Colonel Mustard, Juenka, Colonel Mustard" korregeer SueEe vir Juenka. Juenka stap verby SueEe terwyl sy haar hand vir balans op die kroeg hou. "Waarheen gaan jy nou Juenka?" vrae SueEe. "Ek gaan nou 'n lekker piepie maak." Costello verstuk aan sy wyn en met dit kom daar bier uit sy neus uit. "Is jy oraait Costello?" vrae Naas wat Juenka se bene van agter af bekyk. "Ja-ja ek is oraait. Net verstuk van die skok in hoe party dames al hulle klas verloor na 'n paar Gin's." Juenka is baie bewus van haar bene en dit voel asof hulle altwee 4 meter lank is. Willa en Charmain bekyk Juenka wat met bonatuurlike lang tree in die bad kamer se rigting loop. "Daar gaan Juenka alweer. Soos klok slag elke aand. Ons sal haar seker eers weer oor 'n half uur sien. Bertha het my vertel sy kan nie haar drank in hou nie. Sy en die kroeg se toilet seat hou mekaar gereeld styf vas." fluister Charmain vir Willa.

Juenka kan voel hoe die gin by haar opborrel en maak die badkamer deur net betyds oop. So met die in storm haal sy die haar rekkie uit haar genade rokkie se sak uit en maak haar lang bos krul hare vas agter haar kop. Duidelik al 'n "pro" met die proses. Sy storm by die naaste toilet in en val dadelik op haar knieë en groet haar wit porselein vriend. Haar gesig is bloed rooi en die jaloerse tempel aar staan styf van al die bloed druk. Sy hoop maar dat niemand inkom nie want dit kan nie 'n mooi prentjie van agter af wees nie maar daar was nie tyd om die deur toe te maak nie. Na 'n baie intense gesprek met wit porselein gaan sit sy agtertoe op die vloer en vee die sweet van haar voorkop af. Die vloer se koue slaan nou eers deur haar lang bene en sy voel alweer soos 'n "out of place", desperate, patetiese, alleen, deurskynende, over emotional en natuurlik dronk vroumens. Hoekom sy nie haar drank so goed en elegant soos Aurora kan inhou nie is frustrerend. Juenka trek haar dronk lyf regop en draai om. 'n Figuur staan by die toilet deur. "Wat soek jy hier....." Juenka se woorde word met 'n vyshou gestop. Die hou was hard. Juenka val agtertoe en haar kop tref haar wit porselein vriend. Die figuur buk oor Juenka se lyf en skyf haar bene weg van die toilet deur af. Die deur word toe getrek met Juenka bewusteloos binne. Die figuur vryf met sagkuns met vinngers teen die toe deur en fluister "Ek is jammer, maar jy het daarvoor gevra" Die figuur draai om kyk in die spieël, glimlag en loop uit.

Chenel Pieterse-Boyle:
Tribalmoon kyk hom skeef aan. “Waar was jy pel?”
“Ek het net gou iets uitgesort babe. Ek dink dis tyd dat die hele bloody Forum ‘n les geleer word. Chenél is nie my favourite persoon in die wêreld nie maar die aanranding grief my hele sadis wese. Dit sou okay gewees het as ek die een was wat haar skade aangedoen het soos laas keer met die boksgeveg maar dit was ‘n fair fight. Dink jy nie so nie?”

“Natuurlik was dit Vlek en jy was ‘n gentleman om haar te laat wen,” antwoord Tribalmoon. Sy eye alweer vir Aurora en die rookwalm.

“Wat gaan in daardie koppie van jou aan babe?”
“Niks,” lag sy.
“Ek dink ek moet vir Theuns gaan bliksem. My vuiste is al lank lus om iemand te takel en as dit waar is dat hy Chenél geneuk het sal ons sien hoe vorder hy teen ‘n regte man.”
“Vlek jy kan nie net blindelings gaan en vir Theuns te lyf gaan nie!”
“Watch my,” sê Vlek en loop na waar Theuns Madeliefie op chat.

Aurora:
Madeliefie se oe is vasgenael op die ridderlike voorkoms van McFarlan voor haar, en sy hang aan sy elke sinsnede en kyk asof gehipnotiseerd na sy mond. Sy raak haar eers bewus van Vlek se teenwoordigheid toe hy met opset 'n kuggie van hom laat hoor.

"Toe, meneer die vroueslaner. Wat se jy NOU dat 'n man van vlees en bloed voor jou staan? Is jy nog so dapper?" spoeg Vlek die woorde uit en laat dit voor McFarlan se voete bly le. McFarlan se vuiste bal werktuiglik voor hom en hy swenk gemaklik uit na die hou wat Vlek na sy kant toe mik. Vanuit die skemer gang maak 'n misterieuse skaduwee 'n verskyning. Daar is 'n handegeklap wat traag die stilte en atmosfeer skeur: KLAP... KLAP... KLAP... KLAP.

Almal kyk na waar die klank vandaan kom. Aurora staan daar en haar gesig is hard asof uit marmer gebytel. Haar hele houding straal van die dominatrix. Sy is in beheer. Madeliefie wend haar oe af, asof om te erken dat Aurora die heersende vroulike specie is in hierdie oomblik. McFarlan se oe beweeg van bo na onder en dan weer op. Asof hy hom net weer wil vergewis dat hy werklik sien wat hy sien. Vlek se uitdrukking is onleesbaar op hierdie oomblik.

"Kom ons los hierdie geskil op, soos dit grootmense betaam. Sonder enige onaangenaamhede en sonder dat enigeen onnodiglik beseer word, toe?" pruil Aurora. Sy steek haar twee voorvingers uit en kus dit met haar vol, rooi mond en langsaam druk sy die vingers op die lippe van eers McFarlan, en daarna op die van Vlek.

Sy loop lui, soos 'n kat, al om die twee mans en beskou hulle wyl sy dit doen. "Menere, ons het 'n situasie hier. 'n Meningsverskil. Iemand het seergekry, en iemand wil dit wreek. Is dit nie tipies van 'n oordosis testosteroon nie? Ek is mal daaroor om in 'n vertrek vasgevang te wees waar testosteroon in oorvloed vloei. Gaan julle dit vermors deur op 'n beuselagtige verskil te konsentreer, of gaan julle dit aanwend tot jul eie plesier? Madeliefie. Gaan na die forum kroeg. Iemand het daar vir jou 'n vars lemoensap bestel met klingelende ysblokkies daarin. Ek dink dit was SirDon. Die man met die vars lewensbeskouing wat net so vars soos die sap is. Ek dink ek en die twee MENERE het 'n sakie om hier te besleg....

McF:
"Ek is teleurgesteld in jou Vlek"
"Sorry Babe, die duiwel skud my heen en weer soos 'n brakhondjie, dan word ek briesend kwaad en wil net moord pleeg."
"Ek gaan huistoe sê Theuns kortaf, kom saam of bly"

Theuns, Vlek en Aurora stap een van die leë vertrekke; by Theuns se huis binne. Vlek kyk na die swaarde wat teen die muur flikker, hy stap en haal een van die swaarde van die muur af. 'n Oomblik hou hy dit in sy hande...liggies. Hy versterk die greep van sy regterhand, swaai die swaard en sny deur die lug.
"Ek is rats op my voete" sê hy uitdagend vir homself.
"Los my swaarde, Vlek!" sê Theuns.
"Wat 'n vreemde stokperdjie" sê Vlek met 'n spotlag.
"Dit is geen stokperdjie nie. Dit is van die beste oefeninge wat jy kan kry"
"Kom ons skerm so bietjie" Sê Vlek

Aurora....hou Theuns dop, as hy na die muur loop en 'n swaard van die muur neem.
Met die swaard in sy hande, neem hy dadelik, sonder woorde, posisie in teenoor Vlek, die swaard gereed, sy liggaam skuins gedraai, sy oë lewendig, aandagtig.
Vlek val aan, maar Theuns se swaard skiet vorentoe en Vlek moet met vernuf verdedig. Theuns lag sy diep lag en Vlek moet retireer, retireer, totdat hy met sy rug teen die muur is.
"Theuns!" skreeu hy "Theuns! Wag!"
Theuns slaan die swaard uit Vlek se hand...Dan buk hy stadig af, sy oë op Vlek gerig. Hy tel die swaard op, gee Vlek nog een kyk en gaan bere beide swaarde teen die muur.
"Meesterlike selfverdediging Theuns!" roep Aurora.
Theuns stap na Aurora, pen haar met sy liggaam teen die muur vas. Sy sien hoe sy oë versag; hy soen haar saggies op haar mond.
"My Delila, vanaand is dit ek en jy" fluister Theuns.
"Bitch! die flippen Bitch" prewel Vlek by homself.
Theuns soen Aurora nog een keer, draai om en stap by die deur uit.
"Vlek ek en jy het werk wat wag" sê Aurora. Haar gesig weer hard, soos een wat in beheer is. Altyd in beheer...

SueEe:
Intussen het die Forum pub leeg geloop. Almal het so stil-stil ongesiens verdwyn. SirDon het soos altyd hom oor Vossie ontferm. Meraai, die Forum Moeder engel het Juenka uit haar porselein graf gaan redde, met ‘n blokkie ys teen die knop en ‘n koue sakkie vir die toegeswelde oog, is hulle stil daar weg.

Noudat dit stiller is, is dit tyd dat SueEé oor die nugterheids drumpel trap. Sy bestel ‘n sherry en tower ‘n vanilla sigaar uit haar handsak op. Costello en Naas staar na haar. Hulle weet…dat sy nou die waarheid gaan vertel. Sy weet dat Naas weet en Naas weet sy weet. Maar kan Costello met sy linker en regterhand drank gebaar ten volle vertrou word?

SueEé toets die waters waar daar geen rus sal wees…”Costello, skat, wat weet jy van Chenel en Aspoestertjie af?”
“Ek weet wat ek weet, en julle weet wat ek weet” fluister Costello bombasties.
“ok, ok…julle…dis nie nodig om touchy te raak nie” fluister Naas. “Dit is ons vier teen hulle threesome”
Costello frons, dan speel daar ‘n halwe glimlag om die hoeke van sy mond. Tribalmoon het so pas haar troefkaart verloor. Die laksman speel in hul hand en hy het vir haar net die Joker gelos!

Naas kyk paniekerig na sy horlosie. Dit is nou presies een uur nadat die threesome daar weg is. SueEé neem die laaste sluk, die laaste teug en bol en rol die gegeurde rook en laat dit stadig by haar mond uitborrel.

Naas knik vir Costello. Terwyl Naas toesluit neem Costello vir SueEé by die hand en loop saam met haar uit. Elk sit in hul eie kar geparkeer in die donker stegie agter die kroeg, uitsig op die hoofpad. As alles goed verloop het sal hulle binnekort sirenes hoor.

Nie lank nie of die geloei kom al hoe nader en verby hulle – oppad na die McFarlan huis op die heuwel.

Naas ry eerste. Dit is sy plig om die vierde lid te gaan op laai. Costello toet vir SueEé, maar sy ry nie, Hy klim vererg uit en ruk haar deur oop…maar sy reageer nie. Costello raak liggies aan haar en sy val vooroor. Hy maak haar sitplekgordel versigtig los en tel haar uit. Haar voorkop blink klam van koors, sy hande is klam met bloed vanuit haar linkersy… SueEé prewel iets, hy bring himself nader. Daar, sy prewel weer…hy druk haar hand, soen haar sagkuns net voor die serenes skielik helder in die stegie opklink...

Juenka:
"Ag dankie Tante Meraai. Tante hoef nie saam te loop nie. Ek sal oraait wees" Meraai bekyk Juenka wat so deurmekaar soos braak in 'n tuimeldroër lyk. "Is jy seker dingetjie? Jy het hard geval." Geval se gat dink Juenka. "Ek is piek fyn" antwoord Juenka en klim vinnig uit Meraai se Ford uit. "Weereens dankie en totsiens." Juenka maak die Ford se deur toe voor Meraai nog behoortlik kan terug groet. Sy kyk deur haar een goeie oog op haar horlosie. Dit is nou vyf en twintig minute oor een. Die Ford se ligte raak weg links van die vier rigting stop. Sy haal haar selfoon uit haar handsak uit, maak die battery los, en haal 'n sim kaart uit die onderste kant van haar wonder bra uit. Na sy die sim kaart in die selfoon geplaas het lui die foon. Sy antwoord."5789tangobravo1084" Sy luister aandagtig. Daar is geen emosie op haar gesig nie. Sy verwyder weer die battery en vernietig die sim kaart. Juenka draai om en kyk na die woonstel blok agter haar. Dit is eintlik werklik maklik. Die keuse is nou hier voor haar. Gaan in by die veiligheid van haar 1 slaapkamer woonstel of.... Die of in hierdie sin is onduidelik. Die "of" is die onbekende. Een besluit wat haar hele lewe kan verander. Een besluit wat moontlik haar van lewens werker na lewens gebruiker kan bevorder. Of haar bestaan kan vernietig. Bekend of onbekend. "Gaan jy kom of bly jy" Annie se stem breuk Juenka se innerlike stryd. Sonder om te antwoord klim Juenka in die kar en kyk vir 'n laaste keer na haar ou self wat in die venster reflekteer.

McF:
"...Annie, jy vra hoe dit met my gaan? Ek vrees dit gaan nie goed nie. Ek is geestelik siek – seker so siek soos 'n mens kan kom. Die waarheid is ook dat ek volkome bewus is van my toestand, maar weinig daaraan doen."
"Die geld!" het jy die geld gebring?" ëis Annie.
Juenka het die beswete note afgegee. Vinnig het Annie getel, dit in haar sak gesteek. Sy handig 'n koevert aan Juenka.
"Dankie," stamel Juenka en klim uit die motor. "Baie dankie..." Toe sy weer kyk was die motor weg.

Dit is al kwart oor een, en sy het nie meer kans gesien vir bus of treine nie. Sy het 'n huurmotor nader gewink.
"Die Wilgeheuwel" het sy gesluk. "Joubert straat...! Maak gou!"
Twee uur het sy by die huis gekom....Die huis! In haar noodverwardheid moes sy maar lag vir dié gedagte. Die voorraad was genoeg vir 'n week.
Sy raak besig...
Die water het in 'n lepel oor die kersvlam gekook. Die poeiertjie het opgelos. Die punt van die naald het dit stadig opgesuig...
Sy het die prik gevoel...Haar hand het saamgetrek...Die suiertjie het ingegly...Die goed was in die spier...!
Eindelik!
Sy het na die bed gestrompel. Minute later het die groot kalmte soos 'n seën oor haar gedaal.

Costello hoor die naderende sirenes. Soen SueEé nog een keer en verdwyn in die donker.
Die loeiende sirenes kom tot stilstand. Realmkeeper hardloop na die motor en pluk die deur oop. Hy sien dat die voorste sitplek deurweek is met bloed.
"SueEé…! Is jy okey!"
"Realk..."
SueEé lê asof in ewewig – stil...nou net vaagweg bewus van pyn...Sy het so loom gevoel...vreemd gelate, so tevrede met alles. Sy haal nou baie stadiger asem.

"Rodger! Rodger! kom in! Realmkeeper hier, SueEé is ernstig beseer en moet dadelik by 'n hospitaal kom."
"Hey Bud, Die Ambulans is op pad"
"Thanks Rodger, oor en uit"
"Basterds! Julle flippen basterds! Die hele bloemen boksemdaais van julle!..." Gil Realmkeeper en gooi sy gebalde vuiste, huilend in die lug...

Aurora:
Aurora skop haar hakskoentjies uit en vee moeg oor haar voete. Sy gaan sit op die bed. Kyk op na die muurhorlosie. Presies 2 uur in die oggend. 'n Koue rilling glip langs haar ruggraat af vir geen rede nie. Sy rits die nousluitende swart rokkie se rits af en ontsnap uit die materiaal. Sy kyk op en besef dat die gordyne steeds oop is. In haar kant onderklere stap sy grasieus na die venster en skuif die gordyne toe. Sy tap 'n louwarm skuimbad vir haarself en steek 'n paar kerse aan. By die kabinet vertoef sy om gou vir haarself 'n donkerrooi cinzano op ys te skink. Sy skuif behendig haar gunsteling cd in. Edith Piaf se fluweelmooi rollende Frans styg bo die stilte uit. Sy sing lustig saam: "Non, je ne regrette rien" En dink by haarself. Ja, dis hoe ek voel. No regrets. Geen berou nie.

Sy le agteroor in die skuim en raak liggies aan haar vol lippe en sluit haar oe by die gedagte aan die soen. Die oomblik van volle oorgawe. Sy het gevoel dat sy geneem word. Met of teen haar sin. Met haar rug teen die muur vasgepen. Die smeuling in die oe van McFarlan. Volle oorgawe. 'n Sug wat amper 'n snik word, ontsnap oor haar lippe.

Sy dink by haarself dat sy nie nou persoonlik betrokke mag raak nie. Dat sy so na aan haar doel gekom het. Sy dink aan die ander karakters van die drama. En hoe sy in beheer van die toutjies is. Sy mag nie nou dat sensuele ervarings in haar pad kom staan nie. Sy wonder hoe McFarlan sal optree sou hy die waarheid agter alles vermoed. Want dis waar haar gedagtes keer op keer na toe terugkeer. McFarlan. Sy het 'n man teegekom wat haar gestuit het in al haar ambisie en manipulerende speletjies. Sy wonder weer oor die woorde wat steeds uit die luidsprekers na haar toe aangesweef kom. Het sy werklik geen berou nie? Kan sy dit vanaand se? Wat begin het as 'n spel, het haar emosies kom insuig. Besef sy dat sy nie meer so seker is van haarself nie.

Sy sluit haar oe en onthou weer hoe sy vel onder haar vingers gevoel het. Hoe hard sy maaggspiere was en hoe sy manlike liggaam sy hunkering na haar verraai het met hul lywe so styf teen mekaar. Hul passie was wreed onderbreek deur die loeiende sirenes laer af in die straat. McFarlan het haar 'n laaste kus gegee en sy hande deur haar bos hare gesteek. "Ons gaan wel hiermee voort. Aurora. Dit belowe ek vir jou. Ander tyd. Ander plek. Maar ons gaan aan." En daarmee was hy weg. Net weg.

Sy besef instinktief dat hy besig is met veel meer as wat sy aanvanklik geweet het. Dat hy self besig is met een of ander sinistere spel. Haar eie agenda is nou eers op die agtergrond geskuif. Sy wonder so oor hom. Waarmee is hy besig? En al die ander karakters. Waar pas elk in sy eie prentjie?

Aurora klim uit en droog haarself werkltuiglik af. Sy kruip tussen die welkome lakens van haar groot dubbelbed in. Maar vanaand, vanaand kom die slaap nie so maklik nie. Dit wentel tussen beelde van die groenste groen oe, loeiende sirenes en die onderwereld van dwelmsmokkelary en eie-gewin. En die groen oe. Altyd weer die groenste, groen broeiende oe....

Tribalmoon:
Die feit dat die hele woes forum skielik uitgedraai het as óf VILLIANS óf VICTIMS, laat my onbeheersd giggel terwyl ek die hospitaal binnestap. Chenèl lyk maar oes waar sy op die wit bed lê. Sy kry darem 'n smile uit om die nuwe tande ten toon te stel.
"Nice tande" groet ek terwyl ek langs die bed gaan sit.
"Thanx pel." Verbeel ek my of bloos sy? Nou om die onderwerpie aan te raak wat die hele wêreld oor wonder. Nie dat die hele wêreld daaroor wonder nie, want dit is amper soos om valse advertering te doen vir 'n produk waaroor "die hele wêreld praat". Soos die nuutste CD of song wat ek nog nooit in my lewe gehoor het nie, maar nou ja, ek dwaal af. Ek hoop nou maar die trauma was nie te erg nie, want ek soek antwoorde oor hierdie een gebeurenis wat nou, lyk my, ontaard het in 'n orgie van vreemde karakters.

"Jis pel, jy's gelukkig jy lê lekker opgecuddle in daai bed, daar buite is dit so koud soos 'n hoer se hart, ek sê jou!" begin ek met small talk.
"Hey, as jy hierdie situasie luck noem, is jy 'n siek puppy" antwoord sy my met 'n halwe-pyn glimlag. Ek vat haar antwoord as my cue om die waarheid te tackle.
"Kyk, jy weet ek is jou pel, en ek wil weet wie het dit aan jou gedoen? Die mense skinder en poep dat Theuns jou geslaan het, maar niemand het bewyse nie en Theuns maak asof boggerol gebeur het."
Die volgende oomblik klink die snaakste klank uit haar keel uit en ek dog sy kry 'n aanval of iets en net voor ek histeries skree vir hulp , kom ek agter dat sy lag, of huil, want ek kan nie haar gesiguitdrukking uitmaak met die swelsel wat haar soos die olifantman laat lyk nie. Ek sit verslae en wag dat sy bedaar met wat ookal sy besig is om te doen en uiteindelik kom haar stem deur die klank uit haar keel deur.

"Nee man, almal is mal" en nog 'n sarsie lag wat klink asof die duiwel van haar besit het, "ek en Theuns het gesuip en gerook geraak by die viswaters" nog lag, "en toe gaan ons vir 'n joyride en toe verbeel ek my ek kan vlieg en spring by die bakkie uit." Dis toe dat haar lag vir my meer soos 'n hartaanval begin klink en ek sien die prentjie in my kop. Dat die onskuldige gesiggie nou so vir almal om die bos kon lei, maar ten minste weet ek sy is oraait.

Uiteindelik raak sy kalm en kyk my ernstig aan; "Oppas vir die ouens agter die gordyne."
Ek kry 'n kriewel teen my rug af en weet dit is wat ek voor wag. Daai bleddie spul dramaqueens (en hulle weet daar is net plek vir een dramaqueen op die forum en dis ekke) en daai spul wannabe kroeks wat my al hoe meer aan mental cases laat dink, gaan beter moet wakker slaap en eerder nie hulle dayjobs los nie.

* * * * * * * * * * * * * * * * * * * *

Dis amper oggend en ek het nog nie 'n oog geslaap nie. My selfoon lui:
"Ja?" antwoord ek.
"Ons het probleme" sê die stem.
"Vra jy my of sê jy my?"
"Ek sê jou!"
"Nou praat dan demmit!" Flippit, ek kan mos renoster kraam as iemand so poer poer.
"Nee jong, flippen Juenka is op 'n trip, SueEe is nou ook in die hospitaal en daai McFarlan en Aurora komplot so teen mekaar dat hulle skoon die hots het vir mekaar en nou vertel Meraai my dat sy my en jou se dirty weekend gecancel het, want sy gaan nie op haar eie die bloed en derms opvee nie" en 'n lang sug volg. Ek druk my vinger punte teen my oë en sug vies.
"Wat de hel moet mens doen in die plek om in rus en vrede die kat in die donker te misbruik?" en ek gooi die telefoon neer. Ai wee jy. Ek plant sommer 'n bom en roei die hele bleddie spul oneshot uit.

Meraai vannie baai:
Meraai sit die telefoon neer. Sy is dankbaar dat sy eerder daardie twee se skelm nawekie kort geknip het. Die duiwel is listig genoeg ... mens soek nie nog petrol naby die reeds brandende vure nie. Sy sluk die laaste bietjie van haar Ingelse gemorsie met 'n rilling af en steek amper haar hele kromneus in die koppie met sy goue randjie om te loer of sy nie per ongeluk die blare ook gesluk het in haar haas. Sy verkies haar Boeretrosie maar vandag moet die blare weer 'n slag gesels met haar. Sy trek die gordyn so effens weg dat die vroegoggend-sonlig 'n strepie gooi oor die koppie in haar hand.

"O my lieven loven" prewel sy en sit die koppie met rukkerige beweging neer terwyl die ander hand bewend die telefoon weer van die mikkie af haal. Sy stuur 'n skietgebed hemelwaarts dat Vossie nugter is vir 'n slag.

"Vossie ... jy moet kom help. Hier gaan 'n vreeslike ding gebeure ...die geraamtes in die kas ....

Voor sy nog verder kan praat hoor sy die snaakse klik geluid van die telefoon aan die anderkant en 'n prrrrrr. Tien minute later hoor sy die tuinhekkie skuur en die voordeur wat oopgaan. Sy wag op die bekende sleep van sy voete. Die jare se aanstap doen net kaas en wyn goed, flits dit deur haar gedagte terwyl sy gou die sliertjie grys onder die bolla terug druk.

Hy het nog skaars sy sit gekry toe stoot Meraai die koppie vir hom aan. "Lees. Kyk!"

Vossie tree sy slingerende breinselle in gelid aan terwyl hy die koppie in die rondte skommel. Hy bekyk die vorm van die teeblare. Hy voel sy nekhare rys toe hy die kis en die vol vroue figuur eien. Iemand is swanger!

Weer swanger! En daar is die pote jou wragtag ook in die prentjie voor hom en 'n skerp voorwerp ... lyk soos ...'n naald of is dit 'n swaard? In die middel lyk die blare amper poeieragtig ... uit die mag van die gewoonte wil hy amper sy vinger natlek en proe, maar verstar dan in die proses.

Regs bo is daar tekens van geld. Groot geld.

Hy voel 'n rilling deur hom gaan toe hy die laaste blaartjie beskou. Kan dit wees? 'n Bom? Wie de hel sal die forum wil opblaas? En waarom - 'n buite egtelike kind is tog nie meer 'n skande nie? Wel dit maak seker 'n verskil as die stoetbul al klaar 'n vrou en kind in die agtergrond het! Maar om darem 'n bom te wil plant ... nee dit maak nie sin nie. Daar is dele van die puzzle en sy breinselle weg. Hy smag na 'n regmakertjie.

Agter hom is Meraai besig om die kissie oop te maak wat agter die klomp kaggelkakkies versteek was.

"Vossie vat hierdie saam met jou en gaan begrawe dit. As die sneppies in die verkeerde hande belanne is hierdie hele forum in sy malle maai in - history seg ek jou! Hier is al die bewyse. Van hulle is effe befonk want ek verstaan nie die nuwe lens so mooi nie maar darem duidelik genog om allie karakters te pin point as dit nou moet"

Sy trek 'n laai oop en lig die boonste gedeelte. Haal 'n boeppens koevert uit. "Hier ... dit is al die passwords en emails wat ek onderskep het van die forum se tikkers af ......As ek ietsie oorkom ... dan graaf jy dit weer op en gaan gee vir die pote bo in Roelandstraat! Daai sersantjie sal weet wat om te doen. Belo' my met jou hand op jou hart jy sal dit NOU gaan begraaf en nie eers weer draai in die forum kroeg maak nie?"

Sy draai na die kas in die hoek toe met sy sifdraad-deurtjies en haal 'n koekblik uit. Oorhandig dit aan hom met 'n strak gesig. Vossie sien die 007 merk net skrams aan die onderkant van die negentien voertsek-blik. En dele van die puzzle begin in plek val. Een vir een.

"Hier is die bandopnames van al die gesprekke wat plaasgevinne het tussen daai forum feeks en Jannietoor. Hulle is genommer. Van nommer vier af is dit die gesprekke tussen daardie noorderlig vrou met haar '98 vogmodel uit die houtvat en onversadigbare lus soos wafferse nimf.... "

Sy sluk haar woorde en draai om. Begin die Ford se sleutels soek.

"Ons moet die ding stop voor dit uitlek. Ek vermoed Naas en nog 'n klompie gereelde forumgangers weet alreeds te veel. Gooi daai Yasserparavat van 'n Costello ook nie weg nie ..." Hy kry 'n vuil kyk en bedink hom voor hy haar aanspreek.

"Waar gaan jy heen Meraai?"

"Plaas toe!"

"Alleen?"

"Nee. Ek gaan Santie en die kleinding wegsteek op die plaas voor daar moord gepleeg word. Hier is nou net mooi een te veel Jan Alleman's Koekoekies op die forum erf na my smaak! Veral met so orige kapokhaantjie voorspel dit niks goed nie! Die hele boksemdaaise klomp verslaafdes graaf hulle eie gate al snuiwende ... en vir hulle het ek geen simpatie!"

Vossie help die tas in die Ford se kattebak laai. Sy oog vang die blink van 'n loop ... "En die?"

"As ek my draai op die plaas gemaak het vat ek die pad Langkloof toe Vossie. Dit is tyd dat Aspoestertjie haar kant van die storie vertel en dan gaan die poppe begin dans. Ek glo aan voorbereid wees en met die ding kan ek 'n slang op twee honderd tree se kop mors af skiet as dit moet!"

Die Ford verdwyn .... en vanuit die skadu tree drie persone na vore.

"Ek dink jy het iets wat aan ons behoort ... !"

Chenel Pieterse-Boyle:
“Nein, ek sal dit nie vir julle gee nie,” Vossie wil nog verder praat toe skiet ‘n vuishou teen sy kakebeen. Jy van soos ‘n sak patats op die grond. ‘n Misrabele stukkie mens.

Theuns tel die bandopnames op en Tribalmoon glimlag vir hom. Hulle soen onbeskaamd voor Jannietoor wat met ‘n rooigesig toekyk hoe hulle die tong toertjies uitvoer. Tribalmoon hang aan Theuns en knipoog vir haar mede accomplice.

“Meraai is toe nie so ‘n goeie 007 as wat sy gedink het nie. En sy kan maar vir Aspoesterjies gaan ondervra. Sy sal niks onthou van daardie nag nie ek het haar drankie ge-spike,” sê Theuns en hy plant nog ‘n soen op Tribalmoon se bek.

“Ons moenie dat Aurora uitvind sy is die volgende target nie. Hoe sal ons haar vermoor? Het julle al daaraan gedink?” vra Jannietoor.

“Wreed, baie wreed,” priewel Tribalmoon en hoor hoe haar selfoon lui. Sy kyk op die skermpie.

MASTERMIND

Sy antwoord. “Hello…ja alles is in orde…nee ek sal met Naas praat…goed, goed, is jy seker?” Tribalmoon bly vir ‘n oomblik stil. “Jis, pel ek kan dit nie doen nie!”

Albei Jannietoor en Theuns se oë is op Tribalmoon se bleek gesig gevestig. Sy byt haar onderlip vas. “Is dit regtig nodig?…nee, ek weet dis vir die greater good….en Aurora?…ok, ons wag dan met haar.”

************************************************************************

Aurora sit regop tussen die lakens van haar groot dubbelbed. Sy hoor iets en draai haar kop effens.

“Het jy my gemis?” vra die diep stem.
Sy sien sy profiel in die donkerte en ‘n rilling van begeerte pols deur haar liggaam. Sy knik in antwoord.
“Ek glo jy het my performance van hulpelose idioot geniet.”
“Dit was baie geloofwaardig…kom hier asseblief,” smeek sy en gooi die lakens oop. Dis ‘n blatante uitnodiging.

Hy kom nader. Die bed sink onder sy gewig en Aurora voel sy hand onder haar rug kruip. Sy lê terug in die bed se sagtheid. Sy skurwe ken skuur teen haar vel toe hy haar in haar nek soen. Haar rug krul opwaarts van plesier en haar lyf maak onbewustelik plek vir hom.
Sy klou aan sy lyf en die drukking van hom bo op haar maak beloftes wakker. Sy weet sy moet kop hou maar sy aanslag is onkeerbaar en sy soen hom.
Sy smag na hom.
“Jy gaan die plan volg soos dit van die begin af geskryf is.” Sy lippe kom wreed op hare neer en hy krul haar hare in sy vuis. “Sê my naam.”
“Vlek,” fluister sy en verswelg in die vleeslike genot.

Juenka:
“Nee jibsem Justice ek sê jou die vrou is seker gisteraand ge-rape en hier ge-dump. Hemeltjie tog, kom ons loop eerder. Net nou word ons geframe.” David weet nou al uit ondervinding dat selfs ‘n Samaritaans daad hom in die moeilikheid sal kry by die local law inforcement. “David ons kan nie die vrou so hier abandon nie. Ons sal die cops moet bel of iets. Sê nou dit was jou cherry Tessa wat hier gelê het.” David glimlag onderlangs. “Ag as ek maar net so lucky was.” Justice klap David teen sy skouer. “Watch it vark kop. Tessa is dalk ‘n bitch maar sy bly my suster.” David ruk vir Justice wat gehurk by die liggaam sit regop. Justice skrik homself in ‘n ander bloedgroep in. “Wat maak jy nou poephol?” David wys af na Juenka se liggaam. “Haar een oog het beweeg!”

Sy proe die sout. Ver in die agtergrond hoor sy stemme. Dit voel asof haar ore met sement toegegooi is. Sy beweeg stadig haar tong en besef die sout se kleur is rooi. Haar tong voel so dik soos ‘n polonie. Die stemme word duideliker. Sy maak haar goeie oog oop. Voor haar staan twee jong mans en mekaar vashou. Die een gil harder as die ander een . Sy kan nie mooi uitmaak wat hulle sê nie maar f@& is verseker die mees algemeenste werkwoord in hulle skreeu koor. Juenka draai stadig haar opgebruikde middeljare lyf na die linkerkant toe. Die beweging laat die twee manne ‘n lyn sny en sy kan sien hoe die een die ander een probeer agtertoe stoot om voor te bly. Sy neem hulle nie kwalik dat hulle vir haar skrik nie want sy lyk seker soos iets uit ‘n George A. Romero zombie film. Sy bly op haar sy lê en maak haar een oog weer toe. Sy probeer in haar geheue bank soek vir enige duidelikheid maar die is ook vol sement. Theuns. Al gedagte wat sy het is Theuns. Sy kan die forum kroeg onthou en Theuns wat saam met haar by die Jukebox staan. Sy sien hom deur die sement. Hy is die enigste een wat altyd deur die sement kon kom. Theuns het haar uit ‘n selfvernietigings hel in Rwanda gered. “Babes jy moet eers self vat voor jy uitdeel” Hy kon sien dat haar charity nie by die huis begin het nie. Wie sou toe kon dink dat Theuns van haar redder na haar Achilles heel kon verander. Sy trek haarself regop en kyk om haar. Die teer se koue slaan deur en sy vryf oor die tracks op haar arm. Haar voeding moet stop anders gaan die bloed in haar are ook in sement verander. Sy kan die verkeer in die agtergrond hoor. Sy kyk by die agterstraat af en herken haar woonstel blok wat soos ‘n groot lafenis vir haar wag. Sy is klaar. Hierdie was haar laaste trip. Soos die vorige een. Sy moet by die woonstel uitkom om vir SuEee te bel. Sy moet alles wat sy weet vir SuEee vertel voor haar are in sement verander. Voor die beelde finaal in die sement wegsak. Voor Theuns se onskuld saam met haar are verhard.

Aurora:
Aurora se hakke klak klak op die sementpaadjie. Sy klem die verseelde koevert styf vas. By die stegie steek sy vas, en maak eers seker sy word nie agtervolg nie. Dan glip sy by 'n ou staaldeur in en loop die lendelam trappies op na bo. Die gebou is vervalle en donker en sy gee haar oe eers tyd om aan die skemer gewoond te word. Sy stoot die deur krakerig oop en agter die groot tafel kan net die buitelyne van 'n man se silhoet waargeneem word, met 'n hond wat getrou langs hom sit.

"Het jy die inligting?" blaf die stem. Die man plaas sy hande agter sy kop en dui met sy kop aan dat sy moet gaan sit. Die hond roer nie.

"Ek het alles hier, Maxim", antwoord sy. "Ek het gedink dat dit die veiligste sal wees in jou besit. Die mense van die forum het al almal van jou vergeet. Hulle sal vir geen oomblik dink dat jy by die sake betrokke kan wees nie. Alles is daar, die hele komplot, name en ook getuies. In die geval van my dood sal alle inligting na vore kom. Alles sal oopgevlek word."

"So, hierdie is Aurora se lewenspolis? Dus is ek jou aangestelde makelaar, so to speak. Ek sal sorg dat die dinge afgehandel word. Kom ons hoop dis nie nodig nie. Want ek het 'n idee dat jy vir my baie meer werd gaan wees lewend as dood" smaal Maxim.

Aurora kyk na die kaal mure en die wanorde op die tafel. Die hond grom effe en verskuif van posisie. Sy kry 'n koue rilling en kruis haar arms werktuiglik. "Solank jy besef ek is nie jou slet en ek is nie te koop vir goedkoop speletjies nie. Dit is al genoeg dat ek aan Vlek moes toegee soos 'n prostituut. En nog moes maak asof ek elke verfoeilike oomblik daarvan geniet het!"

"Ag, Aurora. Dit is nie nou die tyd om deur jou gewete besoek te word nie. Kom oor dit. Moet ook nie alles as persoonlik beleef soos gewoonlik en 'n groot drama daarvan maak nie. Die werk moet gedoen word, en in die geval is jou veiligheid nou my eerste prioriteit." Maxim steek 'n sigaar op en die vertrek vul met die soet kersiegeur daarvan. "Ek kontak jou weer as dit nodig is. Kontak moet minimaal wees. Jy kan maar gaan. Maak seker niemand sien jou nie".

Aurora kom in die helder sonlig en haar oe traan. Sy vee die trane met die agterkant van haar hand af. "Dis die helder sonlig, my oe was gewoond aan die skemer" se sy vir haarself. Maar sy oortuig haarself nie. Want daar is 'n dowwe diep pyn waar haar hart sit. Sy dink aan gisteraand. En hoe goed sy die rol gespeel het om Vlek te oortuig van haar passie. En sy sien steeds die gesig met die groen oe voor haar, wat haar daardeur gehelp het.

Klik klak, klik klak, ritmies haar hakke op die pad. Klik klak, klik klak, die wete in haar verstand. Dat sy emosioneel verbind is, en dat dit 'n reuse fout is.

Chenel Pieterse-Boyle:
Ek kyk myself in die spieël en is sommer de donner in. Om uit die bakkie uit te spring nou lyk ek soos ‘n natgelekte hoender met mashmallows vir wange en waar my oë eens op ‘n tyd hazel was is hulle nou pot-bloody-blou. Ek druk die jurk weer agter my rug bymekaar. Die pervert wat saam met my die kamer deel staar nou al die hele tyd na my agterstewe.

Nee, hel ek kan nie meer hier rond lê nie. Sonder om wyfel stap ek met my jurk uit die kamer uit. My hande swaai rustig langs my sye en my kaal rug en g-string wys wat daar te wyse is. As die mense wil staar moet hulle staar. Ek is op ‘n mission.

Sonder om te vra vat ek die telefoon van die verpleegstasie af en die stafsuster gee my een kyk en hol vir die vale. Ek pons die nommer in.

“Hello pel.”
“Howzit.”
“Kom haal my, ek is nou moeg gerus.”
“Maar dis nie die plan nie Chenél,” antwoord Tribalmoon.
“Ek voel ‘n hoenderveer vir wat die plan is jy kom haal my.”
“Maar…”
“Ek weet van jou en Theuns. Van die eerste oomblik af so moenie nou staan en skeinheilig speel nie en kom haal my net.”
Tribalmoon sug. “Ek – ”
“ – is nie op jou bek geval nie ek weet. Daar is goed wat in werking gesit moet word.”
“Ek kom nou.”
“Maar seker Meraai is nie op julle spoor.”
“Hoe weet jy?” vra Tribalmoon.
“Moenie onnodige vrae vra nie, doen net wat ek sê. Ek kry jou by die deur en bring vir my ordentlike klere saam!”

Aurora:
Aurora borsel haar hare en bring die borsel stil na haar nek. Sy omarm die borsel sagkens met haar satynsagte vel vir 'n oomblik en sluit haar oe. Sy dink aan al haar vrouwees oomblikke. Die oomblikke wat ander gedrink het aan haar oorborrelende fontein van vrouwees. Die kere wat vir haar sag en teer was. Die kere wat omgee oomblikke was. Die enkele kere wat sy in haar diepste wese ook aangeraak was.

En tog, tog onthou sy ook die oomblikke. Van bruuske manlike lis en selfsugtige passie vir die oomblik van die oomblik. Wat sy net 'n objek was. Vir die oomblik. Om die oomblik van manlike brutale lus te bevredig. Sy sidder en sluit haar oe. Daar was sulke oomblikke. Sy kan dit nie uit haar gedagtes weer nie.

Sy het in haar lewe net twee keer opreg bemin. Opreg. Bemin. Nie liegehad nie. Bemin.

En soveel kere was sy die pion van stryd en lis. Is dit genoeg? Is dit nou tyd om daarvoor vaarwel te roep? Hoe?

Sy voel opnuut die Noorderlig se skynsel in haar opwel. Druk deur. Net die een keer. Druk deur. Jy kan dalk die keer suksesvol wees om jouself en jou vrouwees te eien. Druk deur. Druk deur.

Sy kyk na haar spieelbeeld. Dit is die beeld van 'n vrou wat in alle opsigte seker as pragtig bestempel kan word. Net sy, Aurora haarself, kan die kontoere van haar harde marmerbeeld natrag. Op en teen die spieel. Dit is hard. Dit is nie meer so sag soos dit eens was nie. Eens, lank terug, toe sy met dogtertjie agtige sagtheid die lewe aangegryp en toegeroep het nie. Nee. Die lewe gee niks verniet nie. Besef Aurora weereens. Mens is die maker van jou eie heil. En met die besef, opnuut, neem sy haar selfoon en begin die nommer skakel...

Juenka:
“SuEee...... as jy hierdie boodskap kry bel my terug.” Juenka druk die telefoon dood.

Die monster binne haar is besig om weer wakker te word vir sy volgende voeding. Sy beweeg van sittend na fetus posisie op haar erf stuk, hand-over, vervalle rusbank. Sy kan nog onthou hoe sy as kind op die rusbank saam met haar pa gesit het. Hy het haar verbeelding aan die vuur gesteek met sy verhale oor vreemde lande in Afrika. Haar tyd met haar pa was min en sy het elke oomblik wat hy by die huis was opgeslurp.

Sy voel hoe haar arms spiere saam trek. Haar monster is vroeg vandag. Sy het geen idee hoeveel sy gebruik het gisteraand nie. Valuim. Dit sal help. Daar is valuim in die badkamer. Sy rol haar fetus liggaam van die geskiedenis bank af. Die spiere in haar rug trek saam met die beweging en pen haar vas teen die vuil gruis mat. Sy lê op haar maag en dit voel asof haar lyf in die grond weg sak. Sy voel hoe die monster sy lang vinger naels tussen haar spiere in vleg en aan hulle trek. Hy trek haar spiere in onnatuurlike posisies. Sy verloor vir ‘n oomblik bewussyn. Na 10 sekondes wat in haar onrealiteit soos 2 dae voel maak sy haar oë weer oop. Haar wang is vas gedruk teen die grys mat deur die monster se hande met die vuil vinger naels. Styf vas. Die valuim sal tydelik verligting gee tot sy weer vir Annie kan ...... Sy stop die gedagte. Haar oorlede pa sit op hulle rusbank. Sy kan net sy skoene sien want die monster sit bo op haar en is besig om haar vel te brand met sy rooi palms. “Pappa...” Haar stem is onherkenbaar. Hy gee nie ‘n reaksie nie. Haar hele liggaam is nat en die sweet loop soos ‘n rivier by haar rug af. Sy is naak. Sy kan nie onthou dat sy haar klere verwyder het nie. Die monster het dit seker van haar lyf af geskeur. Sy probeer om aan haar pa se skoen te vat maar daar loop sement uit haar tracks uit en haar arm is te swaar om te beweeg. “Help my” weer kom haar onherkenbare stem uit. Sy sien hoe haar pa opstaan van hulle rusbank af. Sy skoene beweeg weg van haar af. “Moet nie weer gaan nie, Pappa!” haar stem is die van ‘n kind en sy begin om onbeheerbaar te skreeu. Sy moet die monster af skud. Sy moet haar Pa keer voor hy weer verdwyn. Die monster is besig om haar lyf met die sement wat uit haar are loop, te smeer. Die sement loop oor haar gesig en in haar mond in. Sy kan nie asem haal nie. Alles word donker........

“Juenka! Juenka...” Corne draai Juenka se lyf om en voel vir ‘n pols. Ver in die agtergrond voel hy haar lewens ritme. Baie sag. Baie stadig. Hy trek die kombers van die rusbank af en bedek haar liggaam. “Hoe kon jy dit so ver vat mater?” Sy woorde trek haar uit haar donker hel. Juenka probeer om te reageer maar die monster het haar stem en al haar lewens krag as sy voeding gevat. Corne gaan sit op die vloer langs haar en flip sy selfoon oop. "Kaptein, ek het haar gekry. Stuur asb 'n ambulans so vinnig as moontlik. Sy is by een van die save houses."....."Nee Kaptein, ek weet nie of sy dit gaan maak nie."......."Ek maak so Kaptein." Corne flip die selfoon weer toe en kyk na Juenka se gesig. Hy sit die hare wat oor haar oë hang agter haar oor. "Inspekteur Juenka van den Berg, hierdie ding sal jy oorleef en dit is 'n opdrag."

Annie:
Vossie, hoe gaan ek hieruit kom? ek sien nie meer kans nie. daai goed wat sy my gegee het om aan Juenka af te smeer, is vuil. dit gaan haar dood kos!" Annie is op die randjie van histerire. Vossie se kant van sy gesig is nog dik geswel, hy praat moeilik, maar vir 'n verandering is hy nugter. hy loop moeilik en het nie krag gehad om weer 'n draai by die kroeg te maak nie. nou wil hy hê Annie moet vir hom so knertsie gaan haal.
"Ek kan nie, hulle gaan my vang, teen die tyd moet die cops al weet ek het die gemors aan haar gegee."
"Hoe sal hulle weet?"
"Hoekom dink jy het sy my gebruik? Tribalmoon sou hulle afgetip het. Daai sus van my gee nie 'n flenter om vir my nie, sy het my ingeneem toe ek uit die inrigting gekom het net om my te gebruik. Sy het iemand nodig gehad om Juenka oor die randjie te stoot. Hierdie plot kom al weke en weke lank, Vossie."

Vossie het weer aan die slaap geraak. Annie is vreesbevange. Almal is teen haar, maar hulle weet nie dat Corne en sy eendag in die inrigting se tuin aan die gesels geraak het nie. Hy wou iets uitvind oor Tribalmoon. Van skooldae af al trust hy haar nie. En dit het hom nie lank geneem om uit te vind waar Annie is nie.
"Miskien. . . .ja, miskien moet ek hom probeer in die hande kry." Annie se stadige brein werk nou oortyd. Sy draai om, loer weer by die balkonvenster af straat toe. Wonder oor en oor hoe dit met Juenka gaan. Skuldige gewetensgedagtes vreet haar op. Sê nou net. . . . .
Nee, sy mag nie doodgaan nie, wat sal dan word?

Corne draai om, verlig dat Juenka nou in veilige hande is. Maar hoe lank nog voor sy uit gevaar is?
Hy bal sy vuiste: " as ek die vuilgoed in die hande kry . . . " dink hy.

McF:
Aurora word bewus van gevaar toe sy ʼn sagte klikgeluid hoor. Sy kyk op – vas in die twee gate van ʼn dubbelloophaelgeweer. Die geweer is op ʼn kolletjie tussen haar oë gemik en ʼn wysvinger klem wit om die sneller.
Die klikgeluid wat sy gehoor het, was die veiligheidsknip wat afgehaal is.
Daar is ʼn mengsel van emosies op Aurora se gesig: ʼn mengsel van skok en ongeloof.
Maxim!...moet asseblief nie so kinderagtig...Aurora voltooi nie haar sin nie. Maxim trek die sneller, ʼn skoot klap en terselfdertyd klap nog ʼn skoot.
Maxim sien nie toe Aurora neerstort op die grond nie, hyself sak op die grond neer.

ʼn Skaduwee tree na vore; deursoek Maxim se sakke en haal die verseelde koevert uit. Dan neem hy sy stetoskoop en luister na albei se hartklop.
"Dood soos mossies. Twee voëls met een slag. Net gou die toneeltjie regkry en dan is ek klaar."
Aurora se liggaam word langs Maxim se liggaam gesit, merke op die vloer word verwyder waar sy gelê het. "Pragtig! Nou lyk dit asof julle tweetjies saam-saam besluit het om ʼn einde te maak aan ʼn miserabele lewe"

Bang dat die gedagtes wat ek so sorgvuldig in die lang ure van die nag uitsorteer en verwerk het, iewers in my kopratte verstrik raak, doen ek eers die check lys.
Twee gewere; check...twee dooie liggame...Check....Geen pols of hartklop...check...Geen vingermerke...check...geen voetmerke...check...buskruit op Aurora se hande...check...geen leidrade...check.
"Arme, arme ontspoorde mense!...dat ek, dit nou juis aan julle twee moes doen. Maar dit is lewe, die een se dood is die ander een se brood. Cherio!"

Tribalmoon sit haar foon in die sak.
"Theuns ek moet Chenél gaan haal, kom...saam"
"Is dit ʼn wyse besluit?"
"Flippen hel, ja ek gaan nie alleen nie. Dis julle jibsemse twee wat soos...mamparra-kaberjol-mal-mense op ʼn joyride gegaan het."
"Dis seker ook my skuld dat Chenél haar verbeel, sy kan soos ʼn wafferse voël met geknipte vlerke uit ʼn jibsemse bakkie vlieg!"

Die foon lui weer...
MASTERMIND wys op die foon se skerm.

Tribalmoon antwoord. "Hello…ja...is jy seker!"
Tribalmoon praat gedemp...ontsteld. Nog nooit het ek haar so ontsteld gesien nie.
"Maxim is dood. Hy en Aurora het selfmoord gepleeg!"
Nie een van ons het beweeg nie en die stilte het pynlik op ons ore kom lê. Oor Tribalmoon se wang biggel net een groot traan.
Ek voel hoe my tone omkrul uit skone senuweeagtigheid.
"Hoe voel jy?" vra Tribalmoon
Ek antwoord haar nie, gaap haar ontsteld aan terwyl my gedagtes hier in my binneste oor en oor refrein: Die Noordlig vrou is dood...

*******************************************************

"Kan Tante my meer vertel van Vossie?"
"Vrot gebroei ou kind, ek sê jou ek het vrot gebroei met hom. Hou g’n werk nie en suip soos ʼn vis."

"Berge skuif hiernatoe en bedek my!" dink Vossie. Dat sy ma so sleg van hom dink. Haar eie seun....

SueEe:
SueEè voel die dowwe pyn, sy hoor die biep-biep van 'n masjien..hospitaal...en raak weer weg...tot 'n stem haar terug roep uit die verdowing. Sy maak haar oë met mooite oop. Daar is 'n dokter by haar bed, maar hy praat saggies en dringend met haar.
SueEè, SueEè, kan jy my hoor? Sy knik en kyk vir hom... Sluk en probeer antwoord, maar al wat uitkom is..."Th..The..". Hy sit sy vinger op haar mond. "Sjuut, en luister. Ek wou kyk of jy okay is, moenie worry nie, alles werk volgens plan. Rus nou en weet dat alles onder beheer is. Jammer jy moes so seerkry, maar dit moes real gelyk het."
SueEè sluk en daar rol 'n verlore traan oor haar wang. Sy sluit haar oë en raak aan die slaap.

Tribalmoon:
Nee verdomp man, so kan dit nie aangaan nie. Die MASTERMIND is besig om my nou lekker de hel in te maak. Wat is die idée om almal so op mekaar se case te sit en ek kan beslis nie onthou dat hy iets gesê het van moord nie. Ek is om die minste te sê, soos ‘n bul in ‘n china shop. Ek voel vrek jammer vir Theuns. Ek mag hom dalk gevry het, en so bietjie te authentic in my rol gewees het, maar shit, ek weet mos wat gaan aan en in elk geval, dis mos lekker om te vry. Net jammer mens moet, as jy vry en kafoefel, selektief wees oor waar jy en voor wie jy dit doen. Ek kan nou al sien hoe moet ek Chenèl nou eers omkoop met ‘n krokkedil-vel-leerbaadjie voor sy my glo, dat dit net ‘n game was. Maar nou ja.

“Ek dink dis tyd vir drastiese aksie” sê ek en Theuns kyk my net met daai koei-uitdrukking aan, jy weet daai kyk waar jy kan sien die torretjie het van die wiel afgespring. Ek is sommer lus en klap hom, maar ek kry hom te jammer. Nou moet ek maar op my eie deur druk.
“Theuns, jy gaan laai vir Chenèl oplaai en ek sal ‘n taxi vat en sorg dat hierdie nonsense sommer nou ophou” en weer kry ek net ‘die kyk’.

Ek trek die kar langs die pad af en klim uit. Theuns skuif soos ‘n robot oor en ek hoop wragtag dat hy gaan wakker skrik voor ek iets aan hom doen.
“Sien julle later by die pub” groet ek hom en stop ‘n taxi. Die verkeer is druk en ek is lus vir baklei. Vandag gaan die hare waai en ek bel vir Costello. Hy is natuurlik so happy om te help soos ‘n plaaswerker op payday, maar ek steur my min.
“Sorg net dat die boodskap oorgedra word, asseblief” is ek later ongeskik en klik die telefoon toe.

Dat al die drama nou moet plaasvind net om ‘n bietjie aksie te kry. Ek kry Jannietoor by die Wimpy en ek is darem bly my ektra groot koffie staan reeds en wag.
“Wat kon jy toe uitvind, en thanx vir die koffie, ek het dit nodig” groet ek hom en plak myself neer.
“Wel, Meraai se inligting is baie inkriminerend vir jou, tm, gelukkig het niemand dit gesien nie, en ek glo nie ou Vossie het tyd gehad om te kyk nie en selfs al het hy, sou hy dit nie onthou nie” antwoord Jannietoor bekommerd. Ek kan nie dink wat nou juis so inkriminerend kan wees nie, behalwe miskien my happiness-by-die-body immorele optrede af en toe, is daar werklik niks anders nie. Jannietoor staar na my, asof hy iets prober uitfigure.
“Wat kyk jy my so aan, man?” As dit nie was dat ek Jannietoor vertrou het met my lewe nie, sou ek hom beslis nie die geleentheid gegee het om al die dinge vir my te gaan oopkrap nie.
“Niks nie, ek kyk maar net. Elke geval. Ons het nou die bewyse wat wys presies watse flerrie jy is, maar jy weet natuurlik dat daar ander inligting is wat iewers rondlê” antwoord hy my. Dit is ook net Jannietoor wat dit kan regkry om my name te noem sonder dat dit onrespekvol klink. Ek weet ook dat hierdie inligting verbrand moet word, anders gaan ek my hande vol hê met ‘n hele paar moordlustige vrouens en natuurlik gaan almal weet hoekom ek alles wat ek doen so vinnig gedoen kry, sonder veel moeite.

“Dis hoekom ek ‘n meeting gereël het vanaand. Ons moet uitvind wie sit met daai inligting en ‘n plan maak om die deal af te handel voordat iemand ‘n spanner in die works gooi en, ek verkies dat die MASTERMIND nie hiervan weet nie. Dit is tyd dat sy belaglike speletjies stop. En in elk geval, dink ek , ek en jy is meer van ‘n MASTERMIND as wat die MASTERMIND self dink hy is” praat ek myself skielik deurmekaar. Jannietoor knik sy kop. Ons wag al lank vir hierdie oomblik en hoe vinniger ons die wiel aan die rol sit hoe beter. Ek kan nie wag nie. Vanaand is die finale stap in die ultimate breinbeheer van die forum, of ek hoop in elk geval van harte so.

“Wat gaan ons doen omtrent Annie en Juenka? En SueEe moet ook op ‘n manier gepols word oor wat sy weet. Jy weet natuurlik, as hulle ons cover blaas, sit ons met ons gatte in die tronk en verloor ons al ons geld en stash en belangrikste, die kans om beheer oor te neem?” sê Jannietoor skielik deur my gedagtes.

Shit. Ek het vergeet van daai drie. Ek wonder nou self wat ek met hulle gaan maak en ook hoeveel mense ek regtig kan vertrou.
“Moenie worry nie, ek sal aan iets dink. En thanx hoor. Jy’s die beste” en ek staan op en loop. Ek het tyd nodig om te dink.

Aurora:
Aurora klem haar paspoort styf in haar hand. Versigtig loer sy deur die gordyn of die taxi wat sy bestel het al opgedaag het. Sy is gespanne en haar gelaat is wasbleek, in kontras met die rooi van haar lipstiffie op haar volronde lippe. Sy lek senuweeagtig oor haar lippe.

Sy besef dat haar tweelingsuster, van wie se bestaan sy maar ses maande gelede van bewus geraak het, die prys gaan betaal, of dalk selfs alreeds betaal het. Sy, wat Aurora is, het haar in die lokval ingelok. Dit was 'n prys om te betaal. Die feit dat hulle DNA gedeel het, was nie genoeg om haar sentimenteel te stem nie. Dit gaan hier om oorlewing.

Aurora laat 'n hartseer sug oor haar lippe ontsnap. Midde in die drama en die oorlewingstryd. Kan sy nie die hartseer gevoel verban, dat die mense wat sy as die naaste aan haar gesien het, eindelik die verraaiers was nie. Dat dit die mens was wat 'n hartseer traan vir haar sal laat rol, en dan voortgaan met sy listige planne nie.

Sy gaan vir haar 'n nuwe lewe maak. Weg, ver weg van al die intriges. Sy gaan haar distansieer daarvan. Sy glimlag by die gedagte. Aurora. Se sy vir haarself. Jy weet so goed soos ek. Jy kan nie in die werklike lewe oorleef nie. Kan nie en kon nog nooit nie. Jy gaan iewers vir jou 'n nuwe kamma lewe uitkerf. Waar jy jouself kan wees. Ek hoop jy is die keer gelukkig. Sy sien die halfvol glas voor haar, en ledig dit. Die smaak is suur. Gister se geskinkde wyn. Soos al gister se drome en ideale. Dink sy. Maar mens kan altyd 'n nuwe sopie skink.

Miskien... net miskien... kan ons gelukkig wees?

Wonder Aurora by haarself. Of iemand sal opmerk dat die victim nie dieselfde hartvormige geboortevlek hoog bo aan die regter lies deel nie? Maar sy maak staat, dat geen man in die oomblik van oopgevlekte passie, so iets opmerk nie?

Annie:
Aorora loer weer deur die kantgordyn se randjie verby, moegheid van die afgelope ure se spanning het oor haar gelaat kom stelling inneem. Sy is honger en naar, maar sal op die lughawe ietsie te ete kry, nou is sy te haastig en . . . .

"Uiteindelik, hier is die taxi, laat ek weg verdwyn." Versigtig loer sy rond, sluit nie eers die deur toe sy uitbeweeg nie, net op knip getrek.
'n Paar treë verder oorkant die straat, laat sak hy die tydskrif, neem sy selfoon en praat byna dadelik. "Sy is oppad, in die rooi Tazz-taxi. volg haar, sy mag onder geen omstandighede agterkom julle is naby haar nie. En onthou, ek wil weet waar sy gaan wegkruip. MASTERMIND sal haar een of ander tyd daar opsoek. Ons moet net geduldig wees, baie geduldig. . . ." Sy stem sterf weg.
Hy is nie verniet so op sy hoede nie, mos al eerder aangevoel hier is meer om die lyf as net die noordervrou. " Wie op deeske aarde, jibsem, dinges tog. . . . . "
Hy spring net betyds uit sy ongemerkte voertuig en verdwyn in die skare. Dan die slag!!
Sy handeviervoetbakkie sal hy later laat insleep. Nou is die ding tog niks werd nie. Hy is woedend!!

Annie is nog steeds verstom. dat Tante nou so kon skeeftrek oor haar eige seun. Wie sou dit nou ooit kon raai. Sy weet so alles van almal hier in Forumlaan, maar swyg nog altyd, al jare lank oor Vossie. En sy wat Annie is, hoe kan sy nou vir Vossie vergeet. Soms is hy nugter, dan is hy die goedheid vanself. Veral na sy teruggekom het. Niemand wou haar weer as vriendin aanvaar nie, net ou Vossie het moeite gedoen soms by haar in die parkie te gesels.

Naas skink Willa se drankie. Na hy haar gaan optel het, is hulle na die afgesproke plek toe. daar gekom, bring hy haar vinnig op hoogte van die jongste verwikkelinge. Hulle het verwag om Costello en SueEé enige oomblik te sien aankom, met die nuus van Theuns se geklinkte doppie. Maar na 'n rukkie se onrustige rustigheid, besef Naas skielik die lug raak kouer. . en donkerder. . .

Met ysere selfbeheersing het hy die kar aangeskakel. " En nou?" Willa was nog so ingedagte dat sy nie dadelik besef het dat iets moontlik verkeerd kon loop nie. Naas het stadig by die verkeerstroom inbeweeg, versigtig om nie onnodige aandag op hulle te vestig nie. Terug by haar woonstel het hulle vir Costello in die hande gekry. "Uiteindelik!" het Naas amper geskreeu. "Wat het verkeerd geloop?"

"En nou, waarvoor wag ons nou?" vra Willa. Sy sit so half eenkant na aan die punt van die toonbank en fluister so langs die kant van haar glas verby toe Naas naby genoeg staan. "Ons wag" sis Naas terug. "Moet net nie vra waarvoor nie, maar iets moet hier tot slotsom kom. Als het dan hier begin."

Willa kyk op en 'n ysblokkie gly in haar rug af. Daardie geheimsinnige vreemdeling het weer stil sy plek ingeneem en wag op Naas om die gewone te bestel. Ongeërg skink Naas sy drankie, maar die vrae rondomtalie deur sy brein. Waar is Tribelmoon? Sy was nog nie vandag hier nie, en hierdie vreemdeling met die hoed so laag oor sy oë getrek kom net hier as sy hier was. . . .

Aurora:
McFarlan kom tot verhaal, en kyk wild om hom rond. Hy maak die buitelyne van snaakse vorms vaagweg uit. 'n Helder lig huiwer in die agtergrond. Hy kan nie die klanke mooi verstaan rondom hom nie. Hy raak aan sy hoof, en voel die kloppende pyn.

Hy kom moeisaam orent Een van die snaakse vorms kom nader. Hy maak 'n gesig uit met 'n enkele oog en skewe mond. Die figuur is klein. Sy druk 'n monitor in sy oor en gesels met hom: "Hierdie monitor stel my in staat om met jou te kommunikeer in die taal wat jy verstaan. Jy is nou op die planeet Ukarsus, en is deel van 'n nuwe navorsingsprojek. Ek is 'n vroulike speciment van die bevolking van Ukarsus. Ek is die uitverkorene. Dit is reeds baie jare tevore voorspel dat ek my taak aan Ukarsus en die inwoners sal moet bring.

Ons hou die planeet aarde al vir baie miljoene jare dop. Maar ons het gewag tot nou toe, vir die Een. En vir die regte oomblik. Ons het jou gaan haal. Die tog het baie duisende jare geduur, en ons het net op die regte oomblik ons opwagting gemaak. Niemand sal jou daar mis nie. Op die aarde nie. Ons het reeds 'n plaasvervanger in jou plek gestel, wat jou vleeslike gedaante aangeneem het. Die karakter tree heeltemal buite jou normale manier op. Maar ten spyte daarvan, sal niemand onraad vermoed nie.

Jou taak hier is om 'n nuwe bloedlyn van Ukarsiers te verseker. Ons het reeds oor baie duisende jare besef, dat, ten spyte van die inwoners aarde se vele tekortkominge, daar tog baie aan julle vleeslike voorkoms is, wat baie waarde sal kan byvoeg vir die Ukarsiese nageslag. Alhoewel ons wyse van voortplanting totaal van julle s'n verskil, het ons tog besluit om dit so min as moontlik traumaties vir jou te laat wees. Ons is bang dat trauma sal afbreek aan die gehalte van voortplanting. Dus, jy het 'n keuse. Maak jou oe toe, en droom 'n beeld op in jou kop van hoe die ideale vrou vir die doel moet lyk. Le dan terug, gee jou volle samewerking, en geniet.

McFarlan maak sy oe loom oop. Hy kan nie glo wat hy sien nie. Aurora staan voor hom. Verleidelik soos net sy kan wees. Sy buk oor hom en streel hom sag. Haar vroulike rondings sidder onder die sagte aanraking van sy vingers. Haar mond huiwer oop bokant syne. Hul liggame pas soos legkaartstukke....

Meraai vannie baai:
'n Robotagtige stem weerklink oor die interkom. Nommer twee meld aan. Nommer twee ...."

Aurora reik vererg na die lang wit kleed en trek oorhaastig weer aan.

"Ek is nou weer terug. Wag vir my ... maak toe jou oë en ontspan solank my liefling."

Sy verdwyn met die lang gang af. Nog 'n wit figuur verskyn geluidloos en sluip versigtig die vertrek binne waaruit Aurora nou net gekom het.

"Mac .... Mac ....Moenie jou oë toemaak nie! Kyk vir my. KYK vir my ..." Deur die newels dring die bekende vrouestem deur en hy draai sy kop in die rigting vanwaar die vroue figuur langs hom gehurkend sit.

"Aspoester?" Die ongeloof in sy stem hoorbaar.

"Sjuuut!!! Luister vir my. Neeeeee moet asseblief nie jou oë toemaak nie." Sy neem een van die koue hande en hou dit tussen haar eie vas.

"Is ... is .. is ons op die plaas? Aurora was hier en sy ..."

Aspoester druk haar wysvinger liefdevol teen sy geswelde lippe.

"Moenie praat nie. Luister net!" Beangs loer sy oor haar skouer en gaan sit langs McFarlen.

"Ek weet dit gaan nie sin maak vir jou nie, maar jy is ligjare weg van die beskawing soos jy hom ken. Net soos ek!"

McFarlen wil regop kom maar gryp sy kop vas en sy druk hom saggies terug.

"Daar is nie tyd nie .... luister net en doen wat ek jou vra. Jy is die enigste een wat hierdie nagmerrie kan stop. Jy kan nog teruggaan. Daar is nie meer baie tyd oor nie. As Aurora my hier vang is dit te laat vir ons almal. Vir ewig!"

En met nog 'n vinnige blik oor haar skouer haal sy 'n voorwerp wat lyk soos die afstandbeheer van 'n televisie uit die voue van die lang wit kleed wat om haar gedrapeer is.

"Ek gaan jou ophelp en dan moet ons so vinnig moontlik na die beheersentrum gaan. Kom ... gee my jou arm."

Met 'n kreun kom hy orent. Aspoester plaas sy arm oor haar tenger skouers en sy sleepdra hom feitlik met die lang gang af.

McFarlen skud sy kop.

Dit voel of hy binne in 'n wetenskaplike fiksie-rolprent met spesiale effekte vasgevang is. Alles om hom lyk of dit van 'n vreemde stof vervaardig is. Met verdwaasdheid sien hy hoe Aspoester haar hand swaai en die glasdeur skuif geruisloos agter hulle toe.

Die hele vertrek waarin hulle nou is, lyk soos 'n laboratorium in die ruimte dink hy en voel aan die knop agter sy kop.

"Ons het gedink jy is op die plaas by jou Oupa. Dit is tog wat hulle geskryf het? Waar is ons? En hoekom lyk alles so vreemd?"

Hierdie keer snoer Aspoester sy lippe met haar eie.

"Sjuut ... " prewel sy teen sy mond en plaas die afstandbeheerder in sy hand. Sy skuif die gordyn weg en stoot hom in die afskorting wat lyk soos 'n aantrekhokkie.

"Ek moet gaan ... druk hierdie knoppie ..."

Sy neem sy vinger en plaas dit op een van die goue knoppies aan die regterkant van die apparaat in sy hand.

"Dit sal die hele proses omkeer! "

"Waarvan praat jy? En wat van jou? Kom saam ..."

"Ek kan nie! Net een kan terugkeer. Jy was die uitgekose een, daarom is dit net jy wat die hele beplanning kan stuit! Moet niemand vertrou behalwe vir Oupa. Hy weet van die komplot maar niemand wou hom glo. Almal het gedink hy is met die maan gepla toe hy vertel van die groot blink skip wat geland het op die boonste lande en die vrou wat geskyn het soos 'n lig uit die Noorde en hom net daar verlei het jare gelede!"

Met 'n liefdevolle gebaar druk sy hom vir oulaas teen haar vas. Die ligte beweging was genoeg om die sein deur te stuur. Die hele vertrek begin in die ronde draai soos die warrelwinde op die plaas .... die geraas word oorverdowend en in die middel van die spiraalvorm verdwyn die 'hokkie' met McFarlen asof hulle nooit daar was .....

****************************************************************************

Die Ford se ligte skeur die donker en verlig die groot plaashuis spookagtig. Met 'n steun klim Meraai uit die motor en stap styf-styf na die voordeur. Ongeduldig klop sy hard en blaas sommer die sliert grys hare van haar voorkop af weg.

"Voertsek Nemo. Lyk ek vir jou soos 'n graspol?" Sy skop wild na die hond en klop weer ongeduldig.

'n Lig gaan aan in die huis.

Die ouman draai die sleutel en die deur gaan oop. Die twee oumense staar na mekaar. Onseker of hulle moet soengroet of handskud. Meraai druk senuweeagtig verby hom en gaan reguit kombuis toe. Sy ken elke hoek en draai in die opstal of sy twintig jaar van haar lewe daar gesluit het.

"Ons moet praat ..."

"Ons moes lankal praat Meraai. As jy my net wou glo destyds!"

"Ek is jammer. Ek wil probeer verstaan maar dit is baie moeilik!" Dankbaar neem sy die koppie koffie wat hy sommer so uit die ketel geskink het. Sy voel die koppie is nog lou. So hy het nie baie lank gelede kamer toe gegaan nie dink sy. Met die koppie tussen haar twee hande kyk sy na die ouman voor haar.

"Wie sou jou glo ... wie sal glo dat daar regtig 'n skip uit die ruimte en 'n vrou was? Al wat ek gesien het was die kind wat sy hier op die voorstoep kom los het na nege maande en toe verdwyn sy weer net so. Ek kon die arme ou wesie nie hier los op die plaas nie en vir jou wou ek nooit weer sien nie. Om my so te verneuk met vreemde vrou. En jou storie agterna - jy was verlam! En sy kom van 'n ander planeet af. Ghmmmfffff ... nie alles was verlam nie!"

Sy kyk hom verbitterd aan. Die beeld van Vossie doem voor haar op.

"Kyk hoe het die arme kind uitgedraai weens liefdeloosheid. En toe gaan trou jy sommer binne twee maande na ons egskeiding met 'n vrou mette kind en die arme Aspoester moes maar hier opsnork saam met jou na daai slegvrou die pad gevat het saam die stofsuier-mannetjie! Haar eie ou bloedjie net hier laat staan. En toe gaat staan die arme kind nog en verlief raak op daai wetter van 'n McFarlen in die bose stad! Waar het sy heen verdwyn .. .en moet asseblief nie weer met die storie van 'n blink maantuig in die land by my aankom nie! En dan nog dat jy konsuis te oud was vir behoorlik aanteel vir die merrie uit die vreemde. Die laat die arme bloedjie wees agtergelaat is toe sy weer padvat na ande man of maan toe!"

"Hoe gaan dit met Vossie?" vra hy bedees.

Dit is soos vet op Meraai se vuur.

"Soos met enige iemand wat die werklikheid probeer verdrink. Veral as jy hoor jou eie ma kom van ander planeet af en jou stiefma dink jy is vrot gebroei! Die plaasvolk het nie genade vir 'n kind se gevoelens nie!"

Buite weerklink die gehuil van 'n uil droewig ... Skielik verdwyn Nemo met 'n onderaardse getjank en stert tussen die bene onder die hopie rommel in. Die maan skuif agter 'n wolk.

In die hemelruim verskiet 'n ster met 'n helder glans en val ... val .... val .......

Chenel Pieterse-Boyle:
Tribalmoon sluit haar flat oop. Sy skrik. Ek sit met my hospital-gewaad op die bank en staar na haar.
Sy kom vinnig tot verhaal en druk die deur agter haar toe. “Hey pel, wat maak jy hier?”
“Jy het nooit gekom om my te kom haal nie.”
“Ek het vir Theuns gestuur.”
"Hy het nooit opgedaag nie, doll. En ek't jou uitdruklik gevra om my persoonlik te kom haal."
"Ek's nie jou slaaf nie."

In ‘n oogwink is ek by haar my hand in haar hare verstrengel en haar nek buig een kan toe soos ek gemeen haar hare trek.

“Jy maak my seer,” sê sy.
“Ek wil nie Tribalmoon maar jy weet wat is op die spel. MASTERMIND het jou oor en oor gewaarsku maar jy luister nie.” Ek los haar.

“Jy het verander.”
Stadig, baie stadig draai ek weer my gesig na haar toe. Die kyk in my oë maak haar bang en ek het geen keuse meer nie. “Tribalmoon dis tyd dat jy besef dat ons nie meer besig is met ‘n klug nie.”
“Vertel my dan pel, wat’s aan die gang?”
“Jy moet by my stick anders gaan dinge vir jou ook verkeerd loop.”
Tribalmoon knik. “Hoe het jy hier gekom?”
“Corne het vir Jeurika by die hospitaal kom aflaai. Sy is weer op ‘n trip. Stupid ding. Anyway, toe vang ek ‘n lift saam met hom. En MASTERMIND het my gebel…”
“Ja?”
“En my vertel jy is besig om met Jannietoor te konkel.
“Ek konkel nie!”
“Mmm.” Ek gaan sit weer op die bank, my voete onder my ingevou. “Kom nou Tribalmoon, ons ken mekaar beter as enige iemand anders. Jy kan nie vir my lieg nie. Vertel my nou wat jy wil aanvang.”

McF:
Mastermind kyk sy bemanning wat besig is om voorraad in die ruimteskip te laai. Hy draai om en loop terug na sy vesting wat hy onder ʼn asteroïde gebou het.

Sy gedagtes gaan terug na twee jaar gelede toe hy die aarde as uitgeworpene verlaat het. Hy was ʼn bekende wetenskaplike en het gedagtebeheer op mense toegepas.
Hy het gedagtebeheer op die forum begin toepas om sodoende ʼn magsposisie te verkry. Toe sake skeef loop was sy enigste uitweg om te vlug.
Gelukkig het hy genoeg forum gebruikers beïnvloed met gedagte beheer, en is hulle tot vandag toe nog aan sy kant.
Hy voel dat elke minuut wat nou verbygaan, hom nader bring aan die oomblik wat hy hom op die forum sal wreek.

Hy gaan staan voor die instrumente en gee ʼn koue, sadistiese lag. Dit is duidelik dat hy geen gevoelens teenoor sy bemanning koester nie. Hulle is almal net pioene op sy skaakbord.
Hy stap na die instrumentpaneel en begin knoppies draai op die skerm. Dan sien hy dat die paralisator se strale begin werk. Dit is vir hom baie grappig want hy kan vermoed wat daar in sy slagoffers se gedagtes omgaan. Die paniek wat daar heers weens die onbekende. Hy het al vantevore gesien wat gebeur as sy paralisator se strale mense tref.
Net vir die grap draai hy die paralisator op Tribalmoon en Chenél. Nou sien hy weer hoe hulle een vir een, net waar hulle staan, inmekaarsak, heeltemal verlam en sonder die geringste weerstand. Hy druk weer knoppies, ʼn helder straal val op die twee meisies, die straal begin stadig terug trek en die twee meisies word deur die straal opgetrek en land op die vloer in Mastermind se kantoor.

Die paralisator is ʼn baie sterk bestralingsapparaat waarvan die strale nie alleen mense hulle krag ontneem nie, maar enige bron van energie. Dit beteken dat alle kragopwekkers, alle masjien en mense wat deur die paralisator getref word, net eenvoudig in ʼn verlamde toestand raak. Alles kom tot stilstand.
Al hierdie gedagtes maal deur sy kop waar hy agter sy lesenaar sit. Hy is so vol selfvertroue dat hy nie ʼn oomblik aan die sukses van sy planne twyfel nie Hy onthou skielik van die twee meisies en staar na hulle...
Hy staan op en loop na Tribalmoon en Chenél en spreek hulle aan.

"Julle twee het nie my bevele gehoorsaam nie, julle het my ondermyn en daarom sal julle nie weer terug keer aarde toe nie. Ek kan nie dat twee vroumense my gesag ondermyn nie. Teen more sal julle verlamming ongedaan gemaak word. Dan soek ek al die inligting wat julle het. Hetsy dit teen my of vir my was." Chenél wend 'n poging aan om te praat, maar kan geen woord uiter.
Hy druk ʼn knoppie en roep: " Nommer twee!, nommer twee!, SP 138 hier!...Kom dadelik na my kantoor en kom haal die twee aardelinge en neem hulle na die siekeboeg. Reël dat daar 24 uur ruimtesekuriteit aan diens is en vir geen oomblik mag die twee alleen gelos word nie. Net vir ekstra veiligheid, plaas hulle in aparte vertrekke; Oor en uit...

Op die planeet Aarde val die skietende ster met ʼn slag neer. Mcfarlan staan verdwaas op...dronkerig en nog deurmekaar begin hy stap. Hy weet dat hy so vinnig as moontlik na Aspoestertjie se oupa moet gaan.
Vertrou niemand net my oupa, weerklink dit nog in sy kop...Hy kyk op na die hemelruim en prewel..."Aspoestertjie my liewe flenterbroek meisie, vir jou gaan ek haal, hoe weet ek nog nie...

Meraai vannie baai:
Santie McFarlen staan ingedagte voor die wasbak. In haar hande hou sy die brief vas waarin McFarlen vra dat hulle elkeen hulle eie paadjies moet stap. Die datum wys dit is 'n week gelede gepos. Sy het dit net uit die posbus gehaal toe Meraai in die straat gestop het en binne 'n uur met hulle sak en pak daar weg is.

"Hier sal jy weer kan mens word kind" was haar laaste woorde voor sy net so vinnig vertrek het, as wat sy daar opgedaag het.

Met 'n sug besef Santie dit is die beste. McFarlen is nie 'n man wat aan 'n halter wil wees nie. Sy weet Aspoester hou sy ontroue hart in die holte van haar hand. Dit maak nie meer seer nie.

Sy hoor die geskreeu buite en droog haar hande sommer inderhaas aan haar sye af. Santie staan op haar tone en loer deur die venster na buite. Om die hoek verskyn die vuilgesiggie van die tweejarige Theunsie. Toe hy haar sien maak hy die krane vol oop en skreeu dat jy sy klein tongetjie sien tril. Sy een handjie hou agter sy ruggie en met die ander enetjie hou hy sy voorkoppie vas.

Gebukkend probeer Santie agterkom of dit bloed of verf is op sy gesiggie. Die langerige snytjie verklap die oorsprong en sy tel die knapie op en dra hom badkamer toe.

"Wat het jou so ge-eina?" Vra sy terwyl sy die sny ontsmet. Die handjie verskyn met 'n vreemde voorwerp styf vasgeklem.

"Myne. My ke'mote" (lees remote) Hy druk dit teen sy borsie vas. Santie kyk met verbasing na die langwerpige voorwerp in sy vuil handjies.

"Waar kry jy dit?" vra sy.

"Affie liggg!" En hy wys met 'n vingertjie na die dak toe. Sy kyk weer na die voorwerp en sien dat al die instruksies in snaakse tekens aangebring is. Verwonderd stap sy met die kind in haar sy na buite.

"Wys vir mamma waar het jy hom gekry Boetatjie ...:" Santie buk en sit die kleinding neer. Hy wys weer met sy vingertjie in die lug.

"Ek thê dan vil jou ...affie liggg!

Santie draai om en met 'n sug gaan sy die huis binne en sit die vreemde voorwerp op die kas neer. Sy stap in die gang af. Agter haar begin die radio skielik kliphard speel en die ligte flikker aan en af .... Vanuit die kombuis hoor sy die oond se waaier werk en die alarm in die kamer sing sy deuntjie soos vyf uur in die oggend. Die vertrekke is skielik in donkerte gehul en sy hoor Theunsie verskrik roep na haar.

Sy kyk op haar horlosie en verwag om die wyser op die 11 te sien. Vyf uur wys die langvingerjie. In ongeloof trek Santie die gordyn in die kamer weg ... dit is pikdonker buite!. Sy staar terug na die wekker. Twee minute oor vyf tik-tak die wysers glimmend. En buite kraai die haan .....

Chenel Pieterse-Boyle:
Ek voel hoe ek op die koue vloer neergelê word. Die blad is glad onder my vel en ek voel lam in die gat. ‘n Vrees oorval my vir minder as ‘n second en dan glimlag ek. MASTERMIND dink hy het die oorhand gekry min wetende dat ek hom ‘n stappie voor is.

Ek wikkel met my tong ‘n valstand los. Dit skuur teen my skurwe tong en ek positioneer dit tussen my twee tande en byt hard. Die dop breek en laat ‘n toestelletjie uit. My lyf ruk geweldadig toe die toestelletjie in werking tree en my ‘n positiewe skok gee. Vir ‘n oomblik is ek net in staat om hortend na asem te soek.

Naas het nooit vir my gesê dat dit so ‘n fisiese uitwerking sou hê nie. My ledemate is stram toe ek opstaan en ek spoeg die toestelletjie uit in my hand. Ek moet vir Tribalmoon red. Ek kan nie sonder my pel hierdie boosheid stop nie. Stadig maak ek my oë toe en hoop dat Tribalmoon my kontak sal aanvaar. Ek hurk en slaan my arms om my knieë. Vir vele oomblikke gebeur daar niks en ek wou net opgee toe voel ek dit. Die elektriese straal vibreer deur my twee brein lobbe.

Sy is binne my kop. Ons komminukeer telepaties.

“Pel wat gaan hier aan?” vra sy.
“Ons komminukeer deur middel van energie van denke. Ek het jou hulp nodig.”
“Ek kan nie beweeg nie Chenél! Hoe gaan ek jou flippen help?!”
“Relax doll, ek benodig net jou breinkrag en niks meer nie. Ons kan net saam een van die wagte se gedagtes oorspoel en beheer. Ek kan dit nie alleen doen nie.”
“Wat gaan dit ons help?” vra sy en haar stem eggo in my kop.
“Ek het ‘n toestel wat jou enegie velde kan stabiliseer sodat jy weer beweeglik is. As ons die wag kan kry om my vertrek oop te maak kan ek by jou uitkom.”
“Maar wat van die sekuriteit kameras?”
“Doll, ek is way ahead of you. Ons maak eers seker dat hy die sentrale krag switch afskakel. Terwyl almal daarnatoe gaan knip hy die kameras se drade en bevry ons.”
“Jis ek is bly jy is my pel,” sug Tribalmoon.
“Het jy regtig gedink ek sal jou los? Never doll. Nie in ‘n miljoen jaar nie!”
“Thanks pel.”
“Okay doll, ons sal moet konsentreer om hierdie taak ten volle te verrig anders is ons tickets teen môre oggend.”
”Okay, let’s do it.”

McF:
"Chenél wag eers! Weet jy wie Mastermind is?"
"Jislaaik doll watse vraag is dit nou? Natuurlik ken ek die ou."
"Ek bedoel het jy hom gesien en as jy het, is jy doodseker dit is Mastermind?"
"Nee, flippen hel doll, ek het hom twee jaar terug gesien. Maar dit is sy stem oraait! en dit is al wat tel."

"Moet niks probeer nie, Aardelinge," tuit twee stemme byna gelyktydig in Tribalmoon en Chenél se ore.
"Ons wil nie skiet nie, maar dit sal nogal plesierig wees om julle uit die wêreld te help."
"Wat de dooie dinges gaan nou aan?...Tribalmoon ek is blind; help my!..."
"Doll jy het vergeet ek is nog toegesluit en ons kommunikeer Telepaties."

"Toe...toe julle manne stel hulle onskadelik, ek het al die inligting wat ek benodig."
"Ja, Baas"
"Julle twee dames het seker agtergekom dat ons ook telepaties met julle kommunikeer en is ingestel op julle brein golwe."
"Mastermind jou idioot ek kan jou binne ʼn sekonde verwoes, jy weet ek kan!"
"Nee Chenél jy kan nie, maar ek kan jou verwoes en ek gaan."
"En ek!, wat van my! ek het nie teen jou gewerk nie maar vir jou."
"Ja, Tribalmoon vir my; tot jou pad met Chenél sin gekruis het en jy verlief geraak het op haar broer Vlek"
"Jy soek inligting en as jy ons doodmaak, is die inligting verlore" gooi Chenél haar laaste kaart.
"Julle brein is telepaties geskandeer; ek het al die inligting wat ek benodig. Julle is onbruikbaar en ontroubaar."

"Manskap begin tel!"
"vyf, vier, drie, twee, een....Lobotomie suksesvol uitgevoer Baas. Die twee sal jou nie weer probleme gee nie."
Op die kosyn word ʼn knoppie gedruk. Die deur swaai oop en Mastermind stap die vertrek binne.
Mastermind hou Chenél en Tribalmoon geamuseerd dop. "Sien julle, ek is nie aan die slaap nie? Ai-toggie-tog, hoeveel keer moet ek nog die aardelinge waarsku dat hulle nie met wetenskaplikes van my gehalte moet speletjies speel nie? Manskappe neem die koolkoppe en gaan plaas hulle by koolkop Vlek; en die ander...

*************************************************

Mcfarlan sien ʼn plaas huis se ligte brand en stap daarheen. Hy klop aan die deur en Santie maak die deur oop.
"Mac’ie! wat soek jy hier?"
"Pappa! My pappa is hie!"
Mcfarlan tel sy seun in sy arms op en druk hom styf vas en sien die remote op die kas raak.
"Waar het jy daardie gekry" vra hy agterdogtig aan Santie.
"Affie liggg, op my koppie geval" antwoord Theunsie, nog voor Santie kon verduidelik.
"Santie luister mooi, ek moet daardie ding leen, ons twee praat as ek terug kom"
Santie staan verdwaas toe Mac’ie die remote vat en net so skielik verdwyn as wat hy gekom het ...

Juenka:
Corne sit Juenka se hand in syne toe haar oë begin oop gaan.

“Hoe voel jy?’ Sy tel haar regter hand op en bekyk die drup wat haar are voer.

“Waars ek?” Haar stem klink hees. Sy draai haar aandag na Corne toe en hy glimlag sag kuns vir haar.

“Jy moet my nie so laat skrik nie” Sy kyk om haar en besef ewe skielik die realiteit van haar omgewing en haar omstandighede. Sonder waarskuwing probeer sy regop sit. Corne druk haar lyf weer agtertoe.

“Stadig Juenka.” Sy kyk verwild na hom toe.
“Wat het gebeur Corne?” Hy buk vorentoe en soen haar op haar voorkop. Sy stoot Corne se omgee weg van haar af en vrae met êrens “Corne hoekom is ek hier? Wat van Mastermind? Waar is SuEee? Is Theunsie veilig?”

Corne kyk met verwaring na haar. “Waarvan praat jy Juenka? Jy was amper dood en ek verstaan self nie mooi wat aangaan nie.”

Sy kan sien hoe hy in haar oë die waarheid soek en draai haar gesig weg van hom af.

“Het kaptein nie my kommunikasie gekry nie?”

“Juenka jou laaste kontak met Kaptein was 3 weke terug. Jy het aan hom gesê dat ‘n insider vir jou ‘n manier gekry het om by die Mastermind uit te kom. Jy het ook instruksie gegee dat Theuns en Santie se seun in veilige bewaring geplaas moet word”

Sy draai haar gesig weer terug na Corne toe en ‘n naam val uit “Annie”

Corne se liggaam ruk regop. “Annie? Was Annie jou insider?”

Juenka kyk verbaas na Corne. “Hoe ken jy vir Annie Corne? Ek het jou nooit vertel van haar nie.”

Daar val ‘n stilte in kamer 2B. Corne loop tot by die deur en maak dit saggies toe. Hy stap weer tot by haar bed en gaan sit langs haar.

“Juenka ek is jammer dat ek jou nie van die begin af geglo het nie. Die dag toe kaptein jou laat kies tussen jou “wild goose chase” en jou beroep, was ek geskok toe jy jou badge op sy tafel gegooi het. Toe jy my daai dag groet het dit soos ‘n doods afskeid gevoel. Toe ek jou nie in die hande kon kry na 2 dae nie het ek by jou huis ingebreuk. Ek het jou portable hard drive gevind. Dit was al wat ek nodig gehad het. Ek het die inligting vir Kaptein gaan wys. Ons het die forum blogs deur die de-kodifikasie stelsel, wat jy ontwikkel het gehardloop. Dit was genoeg om Kaptein te oortuig dat jou goose chase nie so wild was nie. Hy het my dadelik op die saak gesit en my prioriteit was om jou te vind.”

Juenka skyf haar lyf regop. “Corne, dit is ‘n dierbare storie en ek is baie lus om die “I told you so” dans vir jou te doen maar ek wil weet HOE KEN JY VIR ANNIE?”

“Ek het heel toevallig met my soeke na jou by Annie uitgekom. Annie se suster, Tribalmoon was saam met my op skool.”

Juenka gooi die hospitaal laken van haar lyf af, ruk die drup uit haar arm en klim van die bed af.

“Wat de hel maak jy nou?” vrae Corne terwyl hy haar wankellende liggaam stut.

“Julle is almal kop en een mis. Ek kan niemand vertrou nie.”

Juenka verwyder haarself van haar stut en begin soek na haar klere.

“Wow stop die lorrie. Ek is nie kop en een mis met enige iemand nie. Ek het Tribalmoon jare laas gesien. Toe haar naam by die forum opkom toe begin die dinge vir my sin maak. Ek het uitgevind dat Annie by die Horison Inrigting vir geesversteurdes opgeneem is. Sy het iets kwyt geraak oor aliens en het die heeltyd gepraat van ‘n Mastermind. Ek het geweet daar is ‘n konneksie want jy het ook na die Mastemind verwys. Ek het met Annie gaan gesels oor haar suster se where abouts en probeer uitvind wat sy weet. Ek het geweet dat as Tribalmoon betrokke is, is jy in groot gevaar. Annie is onskuldig. Ek is seker daai suster van haar het haar inrigting toe gestuur omdat sy te veel geweet het. Dit het vir my gevoel asof Annie ge-brainwash was.”

Juenka gaan sit op die vloer en kyk op na Corne.

“Waar is my FREAKING klere Corne?”

Hy hurk voor haar en antwoord “Jy het kaal hier aangekom en ek het nog nie kans gehad om vir jou klere te gaan haal nie. Asb vertel my wat aangaan.... Jy kan my vertrou.....”.

Sy laat sak haar kop in haar hande. Haar bos hare val vorentoe en bedek haar gesig. Corne trek een van haar lokke weg van haar gesig af en loer onder in. “Jy het my dan al in jou bed vertrou. Wat het verander?”

Sy trek haar vingers deur haar hare, krap verwoed haar kop en gooi haar hare agtertoe. Sy sit haar hande op Corne se knieë en trek hom nader.

“ALLES het verander. Moenie seks met vertroue verwar nie. Jy wil weet wat aangaan? Fine maar wees ready boy want niks gaan sin maak nie. Annie onskuldig? Ek het ook so gedink. Ek het tonne inligting van haar afgekry oor Tribalmoon. Genoeg om haar vir eens en altyd tot gereg toe te bring. Maar toe kom daar ‘n moerse twist in die storie. Ja groen mannetjies en Masterminds. Net toe ek dog ek weet wat aangaan toe draai alles onderste bo. Annie het toe nie uit ‘n malkoppie gepraat nie. Sy het konkrete bewyse gehad dat hy bestaan. Ek wou kontak maak met die Mastermind en Annie het vir my ‘n manier gevind. Deur middel van ‘n narkotiese middel te gebruik kon ek telepaties in sy gedagtes rond wandel. Die eerste keer was suksesvol maar die konneksie was te kort. Elke keer wat ek dit gebruik het, het die konneksie langer geduur. Die downside was dat die cocktail traces van herione en cocain bevat het. Ek was bereid om die prys te betaal om by die waarheid uit te kom.”

Corne val haar in die rede. “Die waarheid oor jou pa”

Juenka voel hoe die trane aan haar oogbank se voordeur klop. “Ja. met elke konneksie met Mastemind kon ek my pa aanvoel. Hy lewe Corne en Mastemind weet waar hy is. Die laaste trip sou my die antwoorde gegee het maar daar was fout met die cocktail. Die cocktail wat Annie my gegee het. Annie die onskuldige.”

Corne sukkel met die gedagte dat Annie in staat is om moord te pleeg maar hy bly eerder stil.

“As jy my werklik wil help sal jy my dadelik by SuEee uitkry. Sy is in Mastermind se vrees afdeling van sy gedagtes. Ons moet uitvind hoekom hy haar vrees. Dan moet jy asb so gou as moontlik ‘n APB uitsit vir Theuns. Ons moet hom kry.”

Corne voel hoe die jaloesie nader kruip. “Theuns?”

“Ja Theuns. Hy was saam met my pa in die Congo toe hy verdwyn het. Ons ontmoeting in Rwanda was nie random nie. Theuns het ‘n belofte aan my pa gemaak om my te beskerm en Mastermind weet dit. Ek het al hierdie inligting in sy gedagtes gesien. Theuns moet ons help met klein Theunsie. Hy moet beskerm word. Hy is destine om Mastemind te vernietig. Ek kan aanvoel dat hy veilig is vir nou en dat Mastermind nog nie van hom weet nie. Het julle hom in veilige bewaring geplaas.”

“Ons het vir Agent 007 gestuur om vir Theunsie en Santie na die plaas toe te vat. Hoe kom jy sien dat Theunsie destine is om Mastermind te vernietig in Mastemind se gedagtes as hy (Mastermind) nie iets van hom weet nie. Dit is alles so biejtie confusing.”

“Ek weet dit klink confusing. Ek was nie alleen in Mastemind se gedagtes nie. Theunsie was ook daar. Elke keer net voor Mastemind van my bewus geword het, het klein Theunsie my beskerm deur my na die deur toe te vat wat lei na die uitgang.”

“Hoe het Theunsie daar gekom? Telepatie?” vrae Corne.

“Ja en nee. Mastemind se gedagtes is soos ‘n warehouse vol lêers en inligting. Mastermind wandel ook daar rond maar kan net op een plek op ‘n slag wees. Hy kan net wees waar hy sy gedagtes op konsentreer. Ek was nie bewus daarvan nie en die eerste keer toe ek amper ontdek is deur hom het Theunsie my hand gegryp en my na ‘n wegkruip plek toe geneem. Hy wou my beskerm van die stoute oom wat lelike dinge doen soos hy dit beskryf het. Ek weet nie hoe om dit te verduidelik nie maar dit is asof Theunsie ongesiens sonder cocktails en gadgets in Mastermind se gedagtes kan wees. Ek het gesien hoe hy voor Mastermind op en af gespring het sonder dat hy hom raakgesien het. Dit is asof die kind invisible is in Mastemind se gedagtes. Ek dink die kind het die vermoë om Mastemind te vernietig. Ek het dit vir hom probeer verduidelik maar dit is asof hy my nie verstaan nie want hy is nog bitter klein. Iemand sal die kind moet oplei hoe om sy telepatiese kragte te gebruik en ek dink SuEee is die key.”

Corne se mond hang oop. “So klein Theunsie kan in die Mastermind se kop gaan havoc maak sonder dat hy hom sal kan stop?”

“Jip dit is waarop dit neerkom”

“Ek dink nie Theunsie gaan ‘n vreemdeling vertrou nie. Jy sal moet saamkom om vir SuEee aan hom voor te stel. Sal jy sterk genoeg wees vir die trip?”

Juenka gryns lag “Ek is al ‘n pro as dit by trips kom dude. Kry vir my klere dat ons gaan”

*********************************************************************

Santie hou vir Theunsie styf vas met die hoop dat hy nie die pyn in haar hart sal sien nie. Hy vryf met sy klein pof handjies oor Santie se rug. “Tjoe maa Mamma.” Sy kan voel hoe haar pyn versag en ‘n gevoel van vrede oor haar kom. Theunsie breuk die omhelsing en gee vir Santie ‘n pik soentjie op haar wang.

“Pappa kom wee late mamma.”
“Ja my seun Pappa sal weer terug kom”

Santie en Theunsie staan hand in hand en kyk van die voorstoep uit op die lande voor hulle. Die aand word verlug deur ‘n magdom sterre. Klein Theunsie lig sy kort armpie op en wys sy vingertjie in die rigting van ‘n verskietende ster wat bonatuurlik helder is.

“Kyk mamma, daa is Pappa. Hy gana die toute oom toe”

SueEe:
Sy kry ‘n glimps van Mastermind se weerkaatsing in die spieël bo die wasbak in haar hospitaal kamer. Sy glimlag half en laat haar siel terugsak in haar beseerde liggaam tussen die wit lakens. SueEe sug swaar…sy is uitgeput. Die afgelope tydjie het baie inspanning geneem om teletransformasie suksesvol te doen. Heelwat meer inspanning as wat dit neem net om in gees te teleporteer…Ai, sy wens alles kom tot ‘n einde. Na alles wat gebeur is sy immers steeds SueEe. Wie sal haar ooit weer as mens aanvaar as hulle haar geheim ontdek. Juenka weet alreeds te veel…gans te veel.

Annie:
Santie het nie 'n clue wat aangaan nie. Sy kyk Theunsie fronsend aan en wonder watter drome hy saam met sy pa gedroom het. 'n Gedagte skiet deur haar, sou hulle mekaar so mis dat hulle in hul drome ontmoet? Hartseer-glimlaggend skud sy haar kop, sy verloor ook nou al van haar varkies, dink sy.

Sy wil net die kriewelende Theunsie neersit toe daar skielik 'n ligte skudding onder haar voete deurgly. Sy versteen, verstok soos 'n soutpilaar, maar dan besef sy skielik dis al laat in die oggend. Kyk waar sit die son al, liewe genugtig, wat gaan vandag aan? Sy kon sweer sy was al op en aan die gang. En Theunsie se honger-neultjie dring tot haar deur. Hoekom het hulle nie ontbyt genuttig nie? Sy skud haar kop dringend om die pampoenpitte in plek te kry, sowaar, nog nooit het haar kop vir haar so vol pitte gevoel soos nou nie. Blond soos sy is, voel dit vir haar of haar verstand in al die hoekies van haar ronde kop vassit.

Meraai kom om die hoek, roep dringend dog saggies na haar en Theunsie. "Dankie tog, waar was julle? My kind, moet tog net nooit weer so wegraak nie. Waar het julle gaan stap. Toe die swaar wolke so voor die son inskuif, het ek en Oupa gewonder of ons gaan wegspoel vandag der dae."

"Maar Tante, ons was nie weg nie, en hier is nie 'n wolkie in die lug nie." Santie bewe nog meer. "Tante, wat de hel gaan aan? Dit was netnou net stikdonker en my horlosie het my vertel dis pas 5uur gewees, maar Theunsie is honger."

"Ekke hongel, Oumie, Mamma stadig, kom gee my pap, Oumie, toeee."

Santie wil nog keer, maar Meraai neem Theunsie, sit hom neer en por hom aan om in te gaan en solank sy bakkie en lepeltjie te kry. Hy eet uit geen ander bakkie as die ene wat hy by sy pa gekry het en wat lyk soos 'n klein ruimteskippie nie.
Sy kyk na Santie. "My kind, moenie so worrie nie, jy was so ingedagte dat jy nie regtig die tyd dopgehou het nie. Als reg, kom nou, kom eet ietsie saam ons"
Santie voel geensins gerusgestel nie. Iets is iewers los, soos 'n hengse skroef van 'n ruimtetuig, dink sy.

Kaptein Q sit gemaklik agter sy lessenaar, ooglede gesluier en sy hande ontspanne. Slegs sy lippe opmekaargeklem, verraai dat hy wawyd wakker is en tog effe gespanne. Sy hoed laag oor sy voorkop getrek. . . Tribalmoon sou hom nooit hier herken nie.

Corne klop nie, glip net die kantoor binne. Hy trek Juenka vinnig agter hom aan. Kaptein Q kyk hulle stil aan. Sy dankbaarheid oor sy veilig is, laat hom nie nou skielik menslikheid wys nie. Tog bars hy nie uit soos sy gewoonte is wanneer 'n saak nie vinnig genoeg na sy sin eenkant toe beweeg nie.
" Is dit nou die tyd om hier neer te daal?"
"Kaptein, ek sal gou verduide. . ."
"Genoeg!" sis hy. "Laat ons tot die punt kom, Inspekteur van den Berg, ek het nie 'n keuse nie. Niks is meer normaal nie. Vertel nou jou hele storie, aliens en al, dat ek kan sien of ek my tyd verder met dié saak moet mors!"

Vossie en Annie sit stil eenkant in die forumkroeg, elkeen met 'n vrugtesap. Dis al 4 uur maar drukkend warm. Iewers moet iets nou opblaas, dink sy. Naas is soos 'n kloekhennetjie al om Vossie. Hy is dankbaar, maar wonder tog of dit nie die stilte voor die storm is nie. Nog nooit in die jare wat hy hom ken, het hy Vossie hierdie laatmiddaguur nugter gesien nie. En Vossie was seker goed drie weke laaste hier.
"Mag die hemele ons behoed vandag. Wat gaan die uiteinde hiervan wees?" Hy het Willa belet om hier in te loer. As die poppe begin dans, moet sy buite bereik van daardie skurke wees. Hy verwag Theuns enige dag. En Kaptein Q, of te wel, Jannietoor, is al soos 'n brombeer omdat die dae so senutergend leeg verby die almanak wandel . . . .

Juenka:
Corne en Kaptein Q kyk met afwagting na Juenka.

“Weet Kaptein waar SuEee is?”

“Inspekteur, totdat jy nie vir my jou hele fee verhaal vertel het nie, sal jy niks inligting van my af kry nie.” Jannietoor swaai die dossier voor hom toe.

Juenka loop tot voor Jannietoor se lessenaar en kyk hom met êrens in die oë. “Met alle respek Kaptein...... ditto!”

Corne voel ongemaklik terwyl hy die twee se staar kompetisie dop hou.

“Goed so. SuEee is by die einste hospitaal waar jy nou net van af gekom het.”

Juenka voel hoe haar kop begin swaai. Corne keer haar wankelende lyf om die vloer te ontmoet.

Hy help haar om te gaan sit op een van Kaptein se leer stoele. Sy wonder of die monster nie weer oppad terug is nie.

“Wat het gebeur?” vrae Corne.

“So julle weet nie alles nie. Sy is gewond 3 weke gelede net buite die forum kroeg. Ek dink nie dit was bedoel om noodlottig te wees nie.” Jannietoor wag om ‘n reaksie uit Juenka te kry.

“Corne, sal jy haar asb gaan haal. Ek sal solank vir Kaptein verduidelik wat aangaan.”

Vir ‘n oomblik vererg Corne hom vir Juenka. Dit voel soms asof hy nie vir haar nee kan sê nie en dit laat hom magteloos voel. Vir jare probeer hy nader aan haar kom maar sy stoot hom net weg. Hopelik as die hele storie oor haar pa uitgesort is, kan sy dalk rus in sy arms vind.

“Ek maak so.” Juenka gryp Corne se hand net voor hy omdraai. “Dankie”

“Ja toe-toe moenie vry op die staat se tyd nie.” Jannietoor kan nie wag om die inligting van Juenka af te kry nie.

Nadat Corne sê figuur agter die deur verdwyn staan Juenka op uit die leer stoel uit. Sy loop om die groot lessenaar. Jannietoor hou elke beweging van haar fyn dop. Sy kom tot stilstand reg langs sy groot kapteins stoel. Met een vinnige beweging swaai sy die stoel na haar toe, gryp die pistool uit sy hand, ruk hom uit die stoel uit en gooi sy liggaam op die tafel. Sy pen Jannietoor se liggaam vas met hare en druk die pistool in sy mond.

“Kaptein, kaptein, kaptein. Ek was in Mastermind se gedagtes jou idiot. Vertrek 773, Rak 14, leer nr 18, Kaptein Q nee Jannietoor.”

Jannietoor probeer om sy arms wat deur haar knie vasgedruk is beweeg maar hoe meer hy dit beweeg hoe dieper druk sy die pistool in sy keel af.

“Jy wat aanhou maak asof die saak niks werd is nie. Jy wat maak asof ek die staat se geld mors. Intussen is jy betrokke by alles. Betrokke by Tribelmoon. Hoe kon jy toelaat dat ek deur die hel gaan wat ek deur gegaan het? Hoekom het jy my laat weet dat jy die saak ondersoek nie? Wat die hel gaan aan met jou en Tribalmoon?”

Jannietoor voel hoe die yster smaak by sy keel afloop. Sy oë begin traan en hy probeer ‘n geluid uit kry sonder sukses. Juenka kan sien hy wil praat.

“Ek gaan hierdie pistool uit jou mond uithaal. Weet net een ding. Ek het ‘n f*&ken monster in my. As jy hom vandag wil ontmoet moet jy iets snaaks probeer. Try my. Ek dare jou.”

Sy haal die pistool stadig uit en plaas dit onder Jannietoor se ken. Jannietoor verstuk aan die opgeboude spoeg maar is te bang om te hoes. Hy haal diep asem en sluk.

“Kyk...kyk in... kyk in my regter baaitjie sak.” Die woorde kom stuk-stuk uit soos die yster nog in sy keel afloop. Juenka ruil die pistool van een hand na die ander sonder dat Jannietoor dit aan die loop se drukking kan voel. Sy draai haar knieg weg van sy regter sak af. Sy hoef nie lank te soek nie en haal Jannietoor se beursie uit.

“Kyk agter die foto van my meisiekind.”

Sonder om haar oë van hom af te neem ruk Juenka die kaartjie agter die foto uit met een hand. Sy beweeg die kaartjie na Jannietoor se gesig. Sy kyk eers op die kaartjie nadat sy Jannietoor fyn dop gehou het.

Dit is ‘n wit kaartjie met geen sigbare skrif nie.

“Wat is dit? Dit sê niks nie.” Sy druk die pistool stywer teen sy ken vas.

“Sit dit teen my voorkop”

“Jannietoor as jy my probeer....”

“Ek probeer niks nie. Druk die kaartjie teen my voorkop”

Juenka huiwer vir ‘n oomblik maar die pistool gee haar moed. Sy druk die kaartjie teen Jannitoor se voorkop wat nou al drup van die sweet. Na ‘n kort ruk verskyn daar skrif op die kaartjie.

FORUM Member 4578

“So jy behoort aan een of ander forum. Wat is so wow oor dit?

“FORUM is ‘n afkorting vir Federation Of Rico’s UNIsolder Mercenaries.”

Juenka laat die pistool se drukking verswak toe sy haar pa se naam hoor.

“Rico, my pa Rico?”

“Juenka asb laat ek vir jou verduidelik wat ek weet en wat aangaan. Los die pistool jy sal hoor ons is aan dieselfde kant.”

Sy verwyder die pistool van Jannietoor se ken maar soos sy van sy liggaam afklim hou sy dit op hom gerug. Jannietoor hou sy hande in die lug en soos Juenka beweeg, beweeg hy ook. Hulle altwee staan agter sy lessenaar.

“Praat Kaptein”

“Jou pa moes verdwyn het. Na sy ontdekking in die Congo twee jaar terug moes hy maak asof hy dood is.’

“Watse ontdekking?”

“Soos jy weet het jou pa vir Interpol gewerk op daardie stadium. Theuns was sy gits in die Congo. Hy was opsoek na ‘n wetenskaplike wat nr. 1 op Interpol se mees gesoekte kriminele lys was. Jy ken hom as Mastermind.”

“Maar ek was by die Congo en kon niks oor my pa uitvind nie.”

“Mastermind het met sy gedagte beheer almal se geheue oor jou pa se tyd in die Congo uitgevee. So ook Theuns sin. Maar vir een of ander rede kon hy nie Theuns se geheue heeltemal uitvee nie. Hy het vir jou in Rwanda gewag om seker te maak jy kom veiligheid terug na SA met die gedagte dat jou pa oorlede was. ”

“Wat was my pa se ontdekking en hoekom het hy verdwyn?”

“Hy het op Mastermind se laboratorium afgekom en hom amper gestop. Maar Mastermind het jou pa se gedagtes oorgeneem en het so ontsnap. Hy het in die lug in verdwyn en sy laboratorium laat ontplof. Hy was onder die indruk dat jou pa oorlede was. Maar jou pa het weggekom. Hy het in Mexico gaan wegskruip. Daar het hy vir ‘n operasie gegaan en sy linkerbrein funksie te verander. Hy was vir ses maande in rehabilitasie en moes van vooraf leer praat, eet en loop.”

“Hoekom het hy dit gedoen?” Juenka kan voel hoe swaer die pistool in haar hand raak. Sy kyk na haar tracks en kan sien hoekom die gewig verander het. Die sement is weer besig om terug te kom. Haar monster word weer wakker. Jannietoor kan sien dat haar konsentrasie verswak en beweeg na sy stoel toe.

“Hokaai, wat maak jy nou?”

“Ek wil net my stoel kry. Jy lyk so bietjie bleek. Dink jy nie ons moet sit nie.”

Die uitnodiging klink aanloklik maar Juenka staan vas.

“Nee, antwoord my. Hoekom het hy dit gedoen?’

“Sodat Mastermind nie weer sy gedagtes kan lees nie. Mastemind kommunikeer deur die linkerbruin funksie en deur die funksie te verander kan hy nie ‘n ingang vind nie.”

“So julle is almal soldate vir hom?”

“Jy moet dit nie so militaristies laat klink nie. As gevolg van jou pa se leiding sal die wêreld gered word.”

“Dit is wat ek nie verstaan nie Kaptein. Gered van wat”

“Gered van Mastermind en die Ukarsierse Mag.”

“Die groen mannetjies?”

“As jy hulle dit wil noem. Hulle beplan om die menslike bloedlyn te verander. Hulle kan nie op aarde leef in die vorm wat hulle nou in is nie. Maar deur genetiese verandering in die menslike bloedlyn sal hulle almal se liggame kan oorneem en so die aarde oorneem”

Juenka laat sak die pistool.

“Waar is my pa Jannietoor?”

“Niemand weet nie. Hy kontak ons telefonies met opdragte.”

“Wie is die ons?”

“Ek, Tribalmoon. Chenel, Vlek, Theuns en Naas.”

“Wat van Annie?”

“Annie het dinge uitgevind wat die saak sou belemmer. Ons moes haar na ‘n inrigting toe stuur. Ons het gedink die situasie was onder beheer maar het agtergekom sy lek inligting na jou toe.”

“Toe gee julle vir haar die cocktail wat amper my dood veroorsaak het”

“Dit was nie jou pa se plan nie. Tribalmoon het dinge in haar eie hande geneem. Sy en Chenel is undercover agente in Mastemind se aardse eenheid. Ek het kontak met hulle verloor. Ek dink Mastemind het agtergekom hulle werk vir die FORUM.”

Juenka laat val die pistool en net voor sy omval gryp Jannietoor haar.

“Juenka!”

Hy sit haar kop op sy skoot. Juenka kyk op na Jannietoor en kan voel hoe haar monster deur haar spiere trek.

“Hoekom....” Haar stem is sag.

“Hoekom het.... my pa my uitgesluit.....”

Jannietoor kyk af Juenka en wens hy kon haar pyn wegvat.

“Om jou te beskerm.”

Juenka se oë gaan toe. Sy kan voel hoe haar wese haar liggaam verlaat. Sy wonder of die monster gewen het. Sy wonder of hierdie die einde vir haar is. Haar wese voel koud en alleen. Sy voel hoe Jannietoor se skoot wegsak of is dit sy vat opstyg na bo toe.

“Tanni......Tanni.” Die stemmetjie veroorsaak ‘n warmte en Juenka kan haar liggaam en wese weer saam voel. Sy maak haar oë oop en voor haar staan klein Theunsie. Hulle is in sy wegkruip plek in die Mastermind se warehouse. Klein Theunsie glimlag breed vir haar.

“Tanni moet wakke wod en vi my kom kyer. Bling al tanni se maaitjies.”

Juenka glimlag terug vir hom.

“Ek is oppad Kleinding. Byt vas ek is oppad.”

McF:
"Seun! Theunsie!"
"Tanni, ek moet nou eels gaan, pappa loep my"
"Theunsie wag ek gaan saam met jou!"
"Bye Tanni, ekke plaat wee met jou"

Kaptein Q kyk na Juenka wat half in beswyming is, hy voel die skielike ruk van haar liggaam en sien hoe sy haar oë oopmaak, knip en begin vrae vra, asof niks gebeur het nie.
"Waar pas Meraai in die storie?"
"Meraai se man was deurmekaar met ʼn Ukarsierse vrou. Julle ken haar as Aurora. Die vrou het verwagtend geraak en die kind net so gelos nadat sy vir Theuns Mcfarlan ontmoet het. Meraai het haar man verlaat. Sy is in besit van Vossie se geboorte sertifikate. Stel dit so, sy was in besit daarvan."
"Was? Is dit hoekom Vossie geneuk was, omdat julle sy geboorte papiere gesoek het.?"
"As jy dit so wil stel, ja...ons het die geboorte sertifikate nodig om as bewyse te dien dat Meraai en Aspoestertjie se oupa nie betrokke is of was met Mastermind nie."
"En Vossie?"
"Vossie is half aardeling, half Ukarsier en is nie betrokke met enige skelmstreke. Hy weet net dat sy ma ʼn allien is en natuurlik soos jy reeds weet drink die man baie"
"Gmh...Kyk kaptein met alle respek teenoor ou Vossie, ek sal ook soos ʼn vis suip as my ma ʼn verdomde allien vrou was"
---------------------
"SueEé, ek het nodig dat jy my nog een keer moet help"
"Theuns ek kan nie, ek is moeg...fisies moeg"
"Dit sal die laaste keer wees, ek belowe jou. Ek wil saam met Theunsie in Mastermind se kantoor kom...daarna kan jy lekker uitrus. Ek sal verantwoordelikheid neem vir elke keer wat ek jou gebruik het om my te transporteer."
"Wil jy teruggaan om Aspoestertjie te gaan haal?"
"Ja, terwille van haar Oupa en die ander mense moet ek nog eenkeer gaan...daarna gaan ek met Santie praat. Sy moet weet dat ek doelbewus daardie brief vir haar geskryf het sodat Mastermind nie bewus moes word van Theunsie nie"
"Goed, ek doen dit nog net eenkeer, maar jy sal aan Kaptein Q alles moet verduidelik"
"Jy is ʼn ster!"
"Kom lê langs my en maak gereed vir transportering...."

EK VRA ASSEBLIEF DAT JUENKA DIE STORIE VIR ONS MOET KLAARMAAK EN AL DIE LOSDRADE BYMEKAAR SIT. DANKIE AAN ALMAL WAT SAAM MET ONS GESKRYF HET.

Juenka:
Corne sien ‘n helder lig onder SuEee se kamer deur. Hy verander sy tree na ‘n volheid hardloop en ruk haar deur oop.

“Holy Macaroni!”

Voor hom sien hy hoe SuEee en Theuns se liggame saam smelt en in ‘n oogwink verdwyn. Corne se storm lopie na die kamer trek die verpleegsters se aandag na hom toe. Hy trek die deur weer toe en draai na hulle toe.

“Meneer kan ons U help”

Die verpleegsters sing in een koor vir Corne. Dit lyk asof hulle almal in ‘n trans is soos hulle stadig in sinkronisasie na hom toe beweeg.

“Jong nee ek is net bly om vir SuEee te sien julle kan nou maar weer omdraai en terug gaan na julle werkies, jobpies, umm goedtertjies.”

Corne kan voel hoe sy hart agter sy linker oor klop en sukkel om sy woorde reg te vorm.

“Meneer kan ons U help”

Die koor kom al hoe nader aan Corne. Hy sien hoe een van hulle se oë vir ‘n split sekonde heeltemal verswart.

“Meneer kan ons U help”

Corne is aan die linker en regte kant toe geblok. Die hartklop agter sy linker oor bars die adrenalien deur sy are. Hy vat twee groot tree en met een sprong spring hy oor die toonbank wat 4 meter voor hom is. Hy val ‘n klomp bokse wat onder die toonbank is flenters. Verpleegster Nortje se dooie oë gluur na Corne en ‘n baie fyn gil gaan deur sy stembande.

“Holy Sh*%!).”

Hy skyf in die sittende posisie vinnig na agter toe en dit lyk asof hy verkeerde kant om kruip. Langs Verpleegster Nortje is die res van die dagskof personeel. Hulle is netjies agter die toonbank gepak. Elkeen van hulle met ‘n driehoekige gat aan beide kant van hulle tempels. Corne kyk na sy hande en sien dit is vol bloed is. Hy ruk sy pistool uit en met dieselfde aksie spring hy regop. Die verpleegsters is almal aan die ander kant van die toonbank. Hy herken verpleegster Nortje se kloon en voel hoe ‘n koue rilling by sy rug afloop. Hy rug die pistool na hulle toe.

“Staan terug of ek skiet”

Een van die verpleegsters loop om die toonbank. Corne skiet in haar rigting en haar liggaam ruk agter toe. Sy kyk af na die wond in op haar bors en kyk na hom met swart oë. Sy gee ‘n oor verdowende gil wat meer soos ‘n bonatuurlike sirene klink. Corne spring weer op die toonbank en skop verpleegster Nortje se kloon in die kop. Sy val agteroor en gee vir Corne ‘n klein spasie vir ‘n vryheid sprong. Hy gebruik die geleentheid en sonder om terug te kyk hardloop hy die gang af. Die klone draai na hom toe en hulle almal se sirenes gaan nou gelyk af. Corne sit sy bloed bevlekde hande oor sy ore en hardloop na die nood trappe. Hy swaai die deur oop, gryp die brandblusser, kap die deur se handvatsel af en swaai dit agter hom toe. Die geluid van die kloon koor se sirene verdof in die agtergrond terwyl Corne die trappe twee op ‘n slag aanpak af onder toe.

***********************************************

Naas sit die telefoon neer. Hy loop na die voordeur toe, sluit dit, draai die oop bordjie om en trek die blinders af. Hy loop van venster tot venster en trek een vir een se blinders ook af. By die laaste venster kyk hy na buite en dit lyk vir Annie asof hy die buite wêreld groet.

“Sjoe Naas dit lyk asof jy ‘n spook gesien het. Wat is fout?” vrae Annie..

Naas kyk na Vossie wat met sy kop in sy hande sit besig om die drank lus te probeer wegdink.

“Annie, ek het nuus gekry oor jou suster Tribalmoon.”

Annie kyk met verwaring na Naas.

“Tribalmoon? Watse nuus Naas. Wat gaan aan?”

Vossie lug sy kop op en wag vir Naas se reaksie saam met Annie.
“Sy en Chenel is gevange geneem deur Mastermind.”

Annie staan so vinnig op dat haar stoel omval agter haar.

“Hoe kan hy haar gevange neem as sy vir hom werk? En hoe is jy betrokke by Mastermind Naas? Waar kry jy die inligting?”

“Jou suster en Chenel werk vir die FORUM en het as undercover agente die Mastermind organisasie geïnfiltreer. Sy en Chenel is opgelei in Mexico deur Rico.”

Vossie gaan staan langs Annie en sit sy hand op haar skouer. Hy kyk na Naas..

“Dit is tyd dat jy alles vir Annie vertel. Julle het haar al genoeg pyn veroorsaak.”

Naas tel Annie se stoel op en trek dit vir haar nader.

“Sit Annie. Vossie gaan haal gou vir Annie ‘n ietsie in vir die senuwees.”

Vossie stop in sy spore oppad kroeg toe. “Naas sal ons veilig wees hier?”

“Ek het jou dan vir al die jare veilig gehou my pel. Hoekom sal ek dan nou vandag ophou? Rico het gesê ons moet hier wag. As alles goed afloop sal hy ons kontak. Die kroeg is een van die min veilige plekke wat oor is in die wêreld. Niks en niemand sal hier kan inkom nie.”

***************************************************

Jannietoor help Juenka op.

“Vir ‘n oomblik het dit gelyk asof jy verlore was Inspekteur. Moet ons jou nie weer hospitaal toe vat nie?”

Sy kyk na hom en wonder of sy hom sal kan vertrou. Sy voel desperaat om met haar pa kontak te maak en besluit om teen haar instinkte te gaan aangesien Jannietoor haar enigste konneksie met hom is.

“Kaptein...”

“Wat is dit? Praat met my”

Juenka sig en kyk na die tracks op haar arm.

“Ek het ‘n manier gekry om Mastermind te vernietig.”

Hy vat haar arm en bedek haar tracks met sy groot palm. “Ek luister.”

*****************************************************

Santie sit op die dubbel bed en kyk na Theunsie wat lekker snoesig lê en slaap. Sy lyfie ruk elke nou en dan. Sy sit haar hand op sy koppie.

“Is alles reg hier kind?” Meraai se stem breuk haar kommer staar.

“Ek weet nie Tante. Dit voel asof Theunsie koors het.”

Meraai loop nader en voel aan Theunsie se voorkop.

“Jong hy het ‘n rowwe tyd agter die rug en is dood moeg. Jy lyk ook vir my uitgeput. Lê so bietjie hier lang Theunise. Ek sal gou by Oupa hoor of hy ‘n koors pen het.”

Santie wil nog stry maar haar uitgeputte liggaam val sonder keer langs Theunsie.

“Moenie kommer nie ek en Oupa sal ‘n ogie oor julle hou.”

Meraai trek die kombers oor Santie se lyf.

“Dankie Tannie Meraai”

Oupa wag vir Meraai buite die kamer. Sy trek die deur agter haar toe trek.

“Het die slaap pil al begin inskop Meraai”

“Ja, Oupa hy het haar hard geskop”

*************************************************

Sy tik die laaste paar sinne en druk die stuur knoppie. Sy swaai haar kommunikator toe, plaas dit onder ‘n geheime plekkie by Mastermind se hout tafel Sy gee ‘n groot sug van verligting. Nou sal Oupa sy deel moet doen. Aspoester bekyk die aardse vertrek wat geheel en al onvanpas is in hierdie ruimte wêreld. Sy laat val haar liggaam op die oversized satyn bedekte bed. Mastermind se kamer is die naaste aan aardse beskawing wat Aspoester die afgelope jaar kon kom. Op ‘n vreemde manier is dit die plek wat sy die meeste lief het en ook haat in dieselfde asem.

“So waarmee het jy jouself besig gehou meisiekind.”

Aspoester trek haar lyf regop en kyk hoe Mastermind staan en smul aan die prentjie van haar lyf op die satyn lakens.

“Ag nie veel nie en jy my engel.”

Aspoestertjie ken haar rol al baie goed en is nooit uit karakter uit nie.

“Wel ek het twee groot visse gevang.”

“Is dit belangrike visse?”

Hy gaan sit langs haar en sit haar voet op sy skoot. Hy kyk na haar lang gladde been. Hy beweeg sy hand van af haar enkel na haar knieg.

“Jong my bokkie die twee visse is baie belangrik. Veral die inligting wat in hulle gedagtes was.”

Aspoester wil net begin om te raai wat die inligting kan wees en wie die twee visse is, toe sy weereens besef dat Mastermind gedagtes eet vir ontbyt. Sy skyf vinnig al haar vrae en wonder na ‘n versteekte plek in haar brein. Net soos oupa haar geleer het.

“Waaraan dink jy liefie”

Aspoester trek haar lyf vorentoe en betree Mastermind se persooonlike stasie. Sy vat sy hand en beweeg dit af na haar binne been.

“Sê jy vir my MM. Jy is mos die gedagte Guru.”

Hy probeer om iets in Aspoester se gedagtes op te tel maar weereens is daar net ‘n getraumatiseerde kinderlewe en ‘n soeke na aanvaarding.

“Hoekom gaan daar nooit te veel in daai koppe van jou aan nie? Ek het gedink daar sal tenminste iets wees oor jou reddings poging van vanmiddag.”

Mastermind gly sy hand van onder op boontoe en gryp Aspoester se keel.

“Jy maak my seer!” skreeu Aspoester.

“Wel jou slet jy maak my siek! Het jy gedink ek sou nie uitvind van jou klein avontuur vanmiddag nie. Jy is die oorsaak dat my Nemesis vrygekom het.”

Die kamer deur skuif oop en vier figure kom in gestorm.

“Vat haar en sit haar by die ander.”

Mastermind ruk Aspoester van die bed af met sy hand nog stewig om haar keel. Hy kyk haar vir ‘n laaste keer in haar gedagtes, soen haar hard op haar mond en gooi haar fyn liggaam na die wagtende figure.

**************************************************

Corne storm by Kaptein se kantoor in. Jannietoor en Juenka draai hulle aandag onmiddellik na hom toe. Juenka staan op en sonder om haar gevoelens soos gewoonlik weg te steek gryp sy Corne se hande opsoek na sy wond.

“Waar is jy getref?”

Corne trek sy hande van haar af weg.

“Ek is nie gewond nie maar ek was nog nooit so naby aan ‘n hartaanval nie.”

“Waar is SuEee Corne?” Jannietoor is nou goed ingelig oor Mastermind se vrees vir SuEee en ook Theunsie se rol in hierdie verhaal.

“Julle sal my seker nou nie glo nie maar SuEee en Theuns se liggame het in die hospitaal in die lug in verdwyn. Poof en weg was hulle. Toe val ‘n klomp mal zombie/kloon verpleegsters my aan. Ek het nog nooit so vinnig in my lewe gehardloop nie. Die bloed kom van al die dooie verpleegsters agter die toonbank ”

Juenka druk vir Corne vas teen haar. Hy verwelkom die aandag.

“Klink vir my Theuns weet van Theunsie se rol?” vrae sê Jannietoor.

Juenka antwoord Jannietoor terwyl sy Corne in die oe kyk.

“Klink vir my ook asof Mastermind vir SuEee ‘n paar oppassers gereel het en dit beteken dat hy nou bewus is van haar verdwyning en ook van jou Corne.”

Jannietoor tel sy Staats foon op. “Sersant Grobler, reel vir ons die helikopter. .......Ja natuurlik is dit vir ‘n amptelike saak jou poephol.”

Hy sit die foon neer en kyk vir Corne en Juenka. “So ek skat dit beteken ons gaan plaas toe.”

-----------------------------------------

Meraai stap uit op die reg rondom huis stoep en sien hoe oupa op die hemelrym uitkyk.

“Mis jy haar”

“Meer as wat jy ooit sal kan verstaan Meraai”

“Ek is seker sy is veilig Oupa. Daai meisiekind van jou is sterk.”

“Ek het kommunikasie van haar af gekry Meraai.” Oupa breek sy hemels staar en gaan sit in sy stoel. Meraai gaan sit langs Oupa en neem sy hand in hare.

“Is sy reg vir vir fase 3?”

“Ja sy het vir Theuns terug gestuur en die toestelle is orals op die skip weggesteek.”

“Dan kan sy mos huis toe kom”

“Ek weet nie Meraai iets voel nie reg nie. Ek het daai snaakse gevoel dat dinge verkeerd is met Aspoestertjie.”

Meraai kyk op na ‘n verskiettende ster.

“Sy moes baie prys gee Meraaitjie.”

“My liewe ou man, sy het dit gedoen vir liefde. Liefde vir haar broer en liefde vir die mensdom.”

“En liefde vir Theuns”

“Ja Theuns seker ook maar, maar haar naaste liefde is groot en dit is jou skuld”

“Hoe dan so, Meraai.”

“Dit is jy wat die kind met jou se goed en wyshede groot gemaak het.”

“Wel hier waar ek nou sit dink ek dit was alles maar net warm lig en sou enige iets gee om haar veilig by my te hê.”

“Sy sal veilig wees”

“Hoe weet jy dit?”

“Want ek is nou hier.”

Die stem van agter draai Meraai en Oupa se aandag om na Theuns wat met SuEee in sy arms agter hulle staan.

*****************************************************

Daar is ‘n harde klop aan die Forum kroeg deur. Vossie, Annie en Naas reageer gelyk deur regop te staan.

“Wie die hemel is dit?” vrae Annie terwyl sy van agter Vossie se skouer na die voordeur loer.

Naas loop tot by die deur en beweeg die blinder weg. Hy draai vinnig die slot en maak die deur oop. Willa, Charmain, Sirdon, Bertha, Piet Magriet en Costello storm in die kroeg in.

“Sjoe pel maar dit is soos die oordeelsdag daar buite. My hairdresser is nou skoon straight en het maniere. Almal tree geheel en al anders op.” Charmain gooi haar lyf op die kroeg stoel.

Naas kyk terug na Annie en Vossie.

“Kom in julle ouens. Niemand hier van ons het maniere nie so niks het verander nie. Die drank is volop en die deure kan sluit.”

Costello kyk vir Naas en sonder om te vrae gee Naas vir hom een bier en ‘n glas rooi wyn.

****************************************************
Die helikopter rit het Juenka kans gegee om vir Corne alles oor die FORUM te vertel. Na hulle landing by die plaaslike polisie stasie het hulle ‘n ongemerkde voertuig gekry en in die plaas se rigting in geskied. Juenka se gedagtes was by haar pa wat sy nou weet lewe. Sy hoop dat sy hom binnekort sal sien maar vir nou moet sy eers seker maak dat hulle almal die voorreg behou om môre te kan sien.

****************************************************

Theuns dra vir SuEee tot by die slaapkamer waar Santie en Theunsie le en slaap. Hy sit haar versigtig neer aan die regterkant van Theunsie.

“Dit is amper tyd SuEee.”

SuEee kyk vir Theuns en hy kan die swart glans in haar oë sien.

“Ons moet alleen wees” Sy draai haar kop na Santie wat aan Theunsie se linker kant lê.

Theuns loop om die bed en tel sy vrou versigtig op. Hy bewonder haar beeldskone gesig vir ‘n oomblik en fluister sagies. “Jy sal altyd my eerste liefde bly.”

Oupa kyk na Theuns van die deur se kant af en sy ontevredenheid met Theuns is duidelik sigbaar.

“Kom mannetjie jy kan haar in die spaar kamer sit.” Oupa swaai met sy kierie in die kamer se rigting.

Meraai loop tot by SuEee. Sy neem haar hand en gee dit ‘n ligte soentjie.

“Ek weet dit is moeilik maar jy doen die regte ding.”

SuEee se oë is nou pik swart en sy knip dit twee keer. Meraai los haar hand en toe sy by die deur kom staan Theuns en kyk na klein Theunsie. Meraai sit haar hand op sy skouer.

“Hy sal okay wees Theuns. Hy is in goeie hande.”

Meraai loop uit die vertrek uit en maak die deur agter haar toe. Theuns loop tot by SuEee.

“Sal jy vir Theunsie in Mastemind se gedagtes kan kry?”

Daar is ‘n oomblik se stilte en Theuns raak aan SuEee om seker te maak dat sy is nog daar.
SuEee draai haar kop na hom toe maar sy hou haar donker oë toe.

“Moet jou nie oor logistiek bekommer nie. Sorg jy net dat jy teleport terug na Mastermind se skip toe. Maar voor ons begin moet eers wag?”

“Wag vir wat?”

“Nie vir wat nie vir wie? Jannietoor,Juenka en Corne gaan oor 5 minute hier wees. Ek het vir Juenka nodig om my by Theunsie te laat uitkom en jy het vir Jannietoor en Corne nodig.”

Theuns kan die geluid van ‘n voertuig hoor stop in die grondpad. Hy loop tot by die venster en sien dat dit hulle is.

“Jibsem maar dit is nou freaky.”

Theuns kyk na SuEee en sien dat haar donker oë hom dophou.

“Nee man SuEee jou alien vorm is darem maar creepy. Kan jy nie jou mooi blou oë weer terug bring nie.”

SuEee gee ‘n ligte lagie en ‘n skewe glimlag vir Theuns. Theuns stap na die deur toe en halfpad by die gang af ontmoet hy Juenka se arms. Hulle omhels mekaar meer in ‘n afskeid vorm as groet vorm.

“Meraai sê SuEee is hier.”

“Ja sy is in die kamer.”

Juenka loop verby Theuns en draf stap na die kamer toe. SuEee maak haar oë toe, toe Juenka by die kamer inkom. Theuns probeer Juenka stop om eers aan haar te verduidelik maar sy het alreeds haar plek langs SuEee ingeneem.

“Kyk vir my SuEee, Kyk vir my!”

SuEee maak haar oë stadig oop en Corne gee weer een van sy girly gille toe hy haar oë sien.

“Hoekom het jy my nie vertel nie?”

SuEee maak haar oë weer toe.

“Jy sal alles verstaan Juenka. Maar nie nou nie. Later. Ons tyd raak min.”

Juenka draai na Theuns.

“Maak gou asb Theuns. Maak seker dat jy almal uit daai skip kry. Bring ons mense terug. Ons sal vir die teken wag.”

Sy kyk oor Theuns se skouer na Corne. “Bring almal terug.”

Sy stoot Theuns se lyf uit die vertrek uit. Net voor sy die deur toe maak kyk Theuns na klein Theunsie wat nou regop sit langs SuEee. “Tatta pappa”

******************************************************

Theuns bly by die deur staan met sy rug na Jannitoor en Corne toe gedraai.

“Is alles reg Macie?” Jannietoor gaan staan reg agter hom.

Theuns sluk die massiewe knop wat in sy keel vassteek en draai na sy nuwe kamerade toe.

“Reg manne is julle in die mood vir die beste rollercoaster ride van julle lewe?”

****************************************************

“Tanni, Tannie.” Theunsie rek sy armpies uit na Juenka toe.

“Hello kleinding. Ek het jou gesê ek sal kom.”

Theunsie kyk na SuEee wat langs hom lê. Juenka kan sien dat Theunsie nie gemaklik voel met SuEee daar nie. Sy tel hom op en loop tot by SuEee se kant van die bed.

“Theunsie jy ken mos vir my baie goed. Nou hierdie Tannie hier gaan saam met ons na die stoute oom se kop huisie toe. Sy weet hoe om die oom weer soet te maak en sy gaan vir jou vertel wat om te doen.”

“Tanie moet saam kom.” Juenka weet nie of daar nog genoeg van haar monster in haar oor is om weer in Mastermind se gedagtes te gaan nie.

“Ek sal Tanni vat. Nie monter nie.” Juenka besef dat Theunsie so pas haar gedagtes gelees het.

“Tannie TuEee moet na haa pappa toe gaa”

SuEee maak haar oë oop en kyk na die klein twee jarige op Juenka se heup.

“Ja Theunsie, Pappa moet soet word.”
----------------------------------------------

Meraai en oupa kyk hoe die drie musketiers in die lande in verdwyn. Nemo sit en staar na die volmaan. Meraai vat- vat na oupa se hand. Hy gryp haar soekende hand vas en kyk na haar.

“Sy sal huis toe kom. Dit was in vanoggend se tee blare.”

Oupa glimlag en saam sien hulle die lug verhelder met ‘n verskietende ster.
----------------------------------------------------

Juenka, Theunsie en SuEee lê saam op die bed. Theunsie kom regop en sit sy handjies op SuEee en Juenka se skouers. Die bed begin stadig in die ronde beweeg en Theunsie gee ‘n lekker magie laggie. Die kamer begin in die teenoorgestelde kant van die bed draai. Alles begin bewe in die plaas huisie. Oupa se half gedrinkde koppie tee val van die kombuis tafel af. Meraai draai om en kyk in die rigting van die geluid.

“Dit het begin.”
------------------------------------------------------
Juenka kan voel hoe haar maag vol vlinders gevul word. Theunsie se lag is aansteeklik en sy en SuEee begin ook spontaan saam lag. Net so vinnig soos wat die kamer begin spin het stop dit. SuEee besef dat hulle nie meer in die kamer is nie en dat sy ook nie meer in haar menslike vorm is nie. Juenka en Theunsie kyk na SuEee se gladde slanke lyf. Sy kyk weg en wag vir hulle verwerping. Klein Theunsie loop tot by SuEee en klap teen haar lang smal arm.

“Tjorts, tanni is aan.”

Theunsie harloop om ‘n hoop bokse en kruip weg vir SuEee. Juenka kyk met deernis na SuEee.

“Geese Girl wat eet julle aliens. Jy is net skin en bones.”

Juenka kan aanvoel hoe SuEee glimlag alhoewel sy nie dit aan haar gesig kan sien nie.

”Waar is ons.” SuEee se stem is wel dieselfde.

“Ons is letterlik in Mastermind se gedagtes. Hierdie vertrek is ‘n plek wat Theunsie vir my gemaak het. Mastemind kan nie hier inkom nie, solank as wat daai deur toe bly. Die deur wat lei tot al sy gedagtes en geheue.”

“Wat is al hierdie lêers en die bokse voor”

“Dit is dinge wat Theunsie en ek gesteel het. As ons dit hier plaas kan Mastermind dit nie onthou nie. Ons moes maar bietjie vir bietjie steel anders het hy dit agter gekom.”

SuEee loop tot by ‘n boks wat haar naam op het.

“Dit is hoe ek utgevind het jy is Mastemind se dogter. Ek het ook opgelees dat hy generiese eksperimente op jou gedoen het. Dit is hoe jy van menslike vorm na jou huidige vorm beland het. Jy is mens SuEee. Jy sal altyd mens bly, jy is immers net SuEee in my oë.” Sy kan ‘n warm emosie van SuEee af aanvoel.

“Theunsie, kom gou hier kleinding.” Theunsie kom onder die bokse uit.

“Ons moe speel.”

“Ja ons gaan speel. Tannie SuEee het vir jou ‘n nuwe speletjie wat jy baie van gaan hou.”
------------------------------------------------------
Theuns skud die silwer stof van sy baadjie af en help vir Corne op. Jannietoor kyk uit by die smal uitgang net bo die veilgoed houer se ingang.

“Jik Alien garbage. Dit is disgusting.” sê Corne.

“Jy kan bly wees ons het nie in die sewerage beland soos ek laas keer nie. Aliens se poef mag dalk pink wees maar dit stink erger as Nemo se beste landmyne.”

Jannietoor kyk af na die twee mans wat besig is met k&k praatjies.

“Kom julle gaan ons vandag die wêreld red of nie.”

Die musketiers klim een vir een uit die vullis houer en loop stadig langs die muur af tot hulle by die ingang van die beheersentrum kom. Theuns druk drie knoppies op die remote en die deur maak oop. Hulle glip vinnig binne en die deur maak weer toe. Die figuur agter die beheer kontrole spring op en voor die sirene geluid uit die alien se mond kan kom skop Corne hom in die kop. Soos wat die alien agteroor val spring Corne saam met hom en gryp die vreemde voorwerp uit sy hand uit. Dit vat hom net ‘n paar sekondes om uit te figure hoe om die vreemde voorwerp te gebruik. Corne druk die knoppie en die beheer kamer se paneel word verkleur met pink slym. Theuns en Jannietoor is stom geslaan in Corne se vinnige reaksie.

“Moet my nie so aankyk nie. Ek het my practice ingekry by die hospitaal.”

Theuns bekyk die dooie alien. “As die bloed en die k&k pienk is beteken dit die alien is guy of ‘n girl”

“Nee Theuns dit beteken hier is groot fout. Aspoestertjie het vir Oupa verseker dat daar niemand in die beheerkamer gaan wees nie.”

Theuns los sy punch line toe hy besef dat Aspoestertjie moontlik in gevaar is.

“Well boys dit hang nou van die girls en Theunsie af, maar as hullle nie binne die volgende 10 min vir ons die pad oopmaak nie gaan ek in hierdie gange af hardloop saam met Rambo (Corne) en die mure pink verf.”
-------------------------------------------------------

SuEee sit vir klien Theunsie op haar skoot.

“Verstaan jy nou wat ons gaan doen.”

“Ja tanni.”

Theunsie kyk na Juenka. “Alles sal reg weer kleinding. Ons help so vir pappa.”

SuEee vou haar lyf om Theunsie. Sy liggaam smelt in hare in. Juenka staan by die deur en hou die handle vir ingeval vas. Sy kan voel hoe die gebou begin rug en val na haar knee.
--------------------------------------------------------

Mastermind kyk deur die glas venster na sy vangs. Vlek, Tribalmoon, Chenel en Aspoestertjie is almal vasgemaak op staal tafels. Aurora se lang vingers krul oor Mastemind se skouers.

“Ek het jou gesê jy kan nie die flerrie met die lawwe broek vertrou nie.”

Hy skud haar hande af en draai om na haar toe.

“Sy was my speel ding. En nou is ek klaar gespeel soos ek met jou klaar gespeel het.”

Aurora sien haar eie refleksie in die glas venster. Sy is so, soooo gatvol vir die hele storie. Dit is nie meer fun nie.

Mastermind verloor vir ‘n oomblik sy balans en dit breuk Aurora se self staar.

“Wat gaan nou aan?”

“Weet nie. Moet seker jou geselskap wees.”

Aurora vererg haar vir Mastermind en verlaat sy kantoor. Hy gaan sit agter sy lessenaar en vat ‘n lang sluk van sy whisky. Sy kop voel swaer en hy het ‘n sterk behoefte om al sy manskappe bymekaar te roep vir ‘n toespraak. Hy maak sy oë toe en begin op die interkom sisteem telepaties uitsaai. “ke le sha va lo kn kna kna. (Rapporteer almal by die groot terminaal.) Aurora storm weer in die kantoor in.

“Is jy mal. Wie gaan hier wag staan? Jy kan nie die wagte almal van hulle poste af neem nie.”

“Wel Aurora as jy so bekommerd is oor die koolkoppe kan jy maar hier staan en wag hou. Ek het ‘n speech om te gaan lewer.”
---------------------------------------------------
Theunsie spring uit SuEee se liggaam uit. SuEee sak agter oor.

“Toute oom gaa nou nou gevang word.”

Juenka hardloop na SuEee toe.

“Tjomma is jy nog met ons?” SuEee kyk na Juenka.

“Ons het vir .......vir hulle die pad oopgemaak..... nou moet hulle dit net.....gebruik.”

SuEee se alien liggaam val in Juenka se arms. Juenka wil vir ‘n pols voel maar weet nie waar nie. Klein Theunsie sit sy handjie op SuEee se voorkop en ‘n helder lig skyn van onder sy palm af.
----------------------------------------------------

“Het jy dit gehoor Theuns?” vrae Jannietoor.

“Ja dit klink soos honderde voetstappe. Loer gou by die deur uit ek sal dit vinnig oop en toe laat skyf.” beveel Theuns vir Corne.

Corne rug sy nuwe wapen na die deur toe en steek sy liggaam agter die stoel weg. Theuns en Jannietoor staan aan die linker en regte kant van die deur uit sig uit. Theuns druk weer drie knoppies op die remote en die deure maak dadelik oop. Corne loer baie versigtig oor die stoel. Die gang is leeg.

“Skoon ouens.” Jannietoor en Theuns gly by die deur uit met Corne reg agter hulle.

“Volg my ouens.” Theuns kyk na die kaart wat Oupa hom gegee het. Die gange is orals leeg.
------------------------------------

SuEee se alien liggaam is besig om stadig in haar menslike vorm te verander. Klein Theunsie hou sy armpie oor haar terwyl hy weer borrel lag. Na ‘n minuut is SuEee se liggaam ten volle herstel. Sy kyk na haar hande en voete en gryp vir Theunsie en druk hom styf teen haar vas. “Gaa ons nou jo pappa soet maak?” “Ja seun ons gaan. Ek en jy gaan die boks soek wat vir ons wegkruip en dit na hierdie kamer toe bring. Is jy reg seuna? “

“Ek is leg”
-------------------------------------------------

Theuns, Jannietoor en Corne storm in Mastemind se kantoor in. Aurora stut Chenel aan die een kant en Tribalmoon aan ander kant van haar vol heupe.

“Dit is about time. Ek kan nie die hele lot dra nie.”

Corne gryp vir Chenel en Jannietoor vir Tribalmoon. Theuns hardloop reguit na Aspoestertjie wat nog in die kamer agter die glasvenster is. Sy sit regop en vryf haar kop.

“Aspoestertjie!” Theuns gooi sy arms om haar.

“Hi ek weet ek het nie ‘n genade broekie nie maar kan iemand my dalk losmaak.”

Aurora ruk die staal plate van Vlek se arms af.

“Sjoe maar julle alien chics is sterk”

“Ja en gatvol vir hierdie boring spaceship so lets get the hell out of here.”

“Aspoestertjie ek wil nie nou all business wees nie maar kon jy die expolsives plant.”

Aspoestertjie kyk vir Theuns en glimlag. “Soos my oupa altyd se ‘n halwe job word môre se klont.”

Theuns trek sy gesig en vou sy arms en kyk vir Aspoestertjie.

“Dit beteken ja jou drol. Verstaan jy nou nog nie Aspoester se oupa nie.” Tribalmoon stamp Theuns se houding met ‘n lammie op die skouer weg.

“Wel dan is dit groet tyd boys en girls. Ek sal julle sommer almal by die kroeg gaan drop.”

Corne kyk na Theuns met verwaring. “Wat van jou seun en Juenka en SuEee?”

“Let op voor jy kommentaar lewer Corne, ek het gesê ek gaan julle daar drop. My job is nog nie klaar nie.”

Jannietoor swaai sy wys vinniger heen en weer voor Theuns.

“Nee-nee Meneer ons almal gaan vas staan tot die job gedoen is.”

“Sorry pel ek subscribe nie by die FORUM reels nie, ek is freelanche.”

Theuns vat 3 reuse tree agtertoe en rug die remote na Jannietoor. Met een druk van die knoppie verdwyn hy. Theuns swaai die remote na Corne en so laat hy een vir een van sy maters verdwyn. Net Aspoestetjie bly agter. Theuns stap tot by haar.

“Nee Theuns jy kan nie.”
“Ek moet meisiekind. Dit is die enigste manier. Gaan asb na Santie toe en verduidelik vir haar wat aangaan. Vertel haar dat ek en jy partners was nie lovers nie. Vertel haar dat ek haar en Theunsie moes beskerm. Vertel haar dat ons kamma verhouding net ‘n manier was om Mastermind jaloers te maak en die aandag van hulle af te hou.”

Aspoester kyk af na die grond toe en ‘n traan val op Theuns se hand. Theuns kyk na die traan, vat een tree agter toe en ....”Theuns ek is swang.....”

Die helfte van Aspoester se sin verdwyn saam met haar. Theuns draai sy kop weer skeef, frons en sê saggies “Swang?”
----------------------------------------------

Vossie se mond val oop. Hy buk oor die kroeg counter, gryp die bottel brandewyn en vat ‘n lang skrik dop sluk. Costello kyk af na sy splinter nuwe pienk hemp wat nou ‘n groot rooiwyn kol op het. Hy wonder of hy nie maar by die bier moet stick nie. Annie spring op uit haar stoep uit en loop tot by Tribalmoon. Sy gee haar ‘n klap wat ‘n groot stilte oor die Forum kroeg laat val. Chenel, Aurora,Vlek, Jannietoor en Corne staan en skud die silwer stof van hulle af.

“Wow, dudes dit was super cool doen dit weer!”

“Die klap of die entrance Bertha?” vrae Vlek.

Tribalmoon omhels vir Annie. “Sus dit is great om jou ook weer te sien”

Annie fluister onder Tribalmoon se greep uit. “As jy my weer malhuis toe stuur gaan ek vir Ma sê.”

Aspoestertjie se verskyning laat Vossie die bottel neersit.

“...er”

Vossie kyk na sy klein sus en sê “Ag ge-nee hulle het haar taal verander.”

Aspoestertjie kyk na haar boeta wat half nog oor die kroeg hang. “Vossie”

Sy hardloop na hom toe en druk hom styf vas.

“Kom. Julle almal lyk vir my baie dors. Drinks is on the house.”

Naas gooi die vadoek oor sy skouer en kyk na Jannietoor. Jannietoor skud sy kop en Naas probeer om sy emosie terug te hou.

****************************************************

Mastermind kry ‘n gevoel van absolute sadisfaksie na hy sy toespraak klaar gelewer het. Hy wonder hoekom hy nie al vroeër dit gedoen het nie. Die Ukrane skreeu van die opsweep en Mastermind gooi sy vuiste in die lig vir ‘n laaste mag effek net voor hy omdraai. Met sy eerste tree weg van die podium val hy op die grond. Sy veiligheids offisier help hom op en Mastermind skud sy hulp met vernedering af.

“Los my jou sluim kop.”

Mastemind probeer weer vorentoe gaan maar die vloer kom weer nader. Hy bly hierdie keer lê en besef daar is iewers fout. Hy het sy loop funksie verloor.
-----------------------------------------------------------

Theuns sit en kou nog aan Aspoester se laaste woorde toe hy besef dat die voetspore weer in die gang afkom. Hy versteek sy groot lyf agter die leer rusbank weg. Die skyf deure maak die nou bekende swoooofff geluid en Theuns kan hoor hoe Mastermind met sy offisiere raas. Hy voel hoe die bank beweeg en kort daarna oor hy hoe die deur weer toe swooffff. Theuns hoor ‘n sagte huil geluid van die bank af. Hy hou die remote styf in sy hand vas. Hy kan nie die laaste fase van die plan deurvoer tot hy weet dat Theunsie, SuEee en Juenka se siele weer veilig uit Mastermind se gedagtes is nie. Hy neem aan dat hulle Mastermind al verlam is en dat van hulle sy kinder gedagtes teruggebring het. Die probleem is hoe weet hy verseker hulle is uit voor hy........Theuns hoor hoe Mastermind ‘n kinderlike kreun gee.

-------------------------------------

Juenka en SuEee plaas die laaste lêers in ‘n boks terwyl Theunsie besig is om aan een van die papiere te kou.
“Kleinding wil jy nie vir my daai papier gee nie. Ons wil seker nie hê dat Tannie SuEee se pappa moet nooit weer kan loop nie.”

Theunsie lag weer lekker en gee vir haar die papier. SuEee en Juenka kyk vir mekaar.

“Dit is die laaste informasie. Nou moet ons net ons siele weer terug kry en hoop dat Theuns se plan werk.”

“Pappa gaa ek help” Juenka gaan op haar knee voor Theunsie.

“Jy het al klaar vir Pappa baie gehelp groot seun. Ons moet nou huis toe gaan en vir jou net so groot sjokolade gee.”

Theunsie glimlag vir Juenka, gee haar ‘n pik soentjie op haar wang en sê, “Nee! Ek gaan hie bly vir pappa.”

Theunsie wys sy pof wysvingertjie in SuEee en Juenka se rigting en die kamer begin draai en draai en draai.......
----------------------------------------------

SuEee en Juenka se liggame ruk regop in Oupa se groot king size bed. Hulle altwee snak na hulle asems. Meraai spring uit haar leen stoel uit en staan in ‘n oog wink langs die bed. Juenka kyk dadelik vir Theunsie. Sy liggaam is nog in diep slaap.

“NEEE!!!!” skreeu Juenka.

Meraai se gesig val met die gedagte dat iets met Theunsie fout is.

“Wat gaan aan!??” SuEee kyk na Meraai sê blou oë wat vol trane is.

“Theunsie het agter gebly om sy pa te help.”

Meraai sit haar hand voor haar mond om te keer dat die skok nie uitval nie en neem ‘n kort asem in.

“Maar as Theuns vir Mastemind dood maak is Theunsie veraltyd verlore.”

Meraai val op die bed neer en ruk aan Theunsie se lyfie. “Kom terug seunskind. Kom dadelik terug!”
--------------------------------------
Naas stap tot by Jannietoor wat besig is om Aspoestertjie te troos.

“Dink jy hy gaan dit maak?”

“Ek glo nie Naas. Hy moet die plek opblaas en terug telaporteer. Nou vrae ek vir jou met trane in my navy blue eyes hoe gaan hy dit regkry.”

Aspoesterjie gee ‘n harde snik en ‘n baie sober en swaer gevoel val oor die kroeg. Chenel klim op die bar counter en Costello verstuk aan sy bier.

“Mede Forum pelle, maters, dolle en knaters. Theuns MacFarlan is ‘n man van staal. Daar is nie ‘n manier op aarde en natuurlik hemel dat die man nie suksesvol sal wees nie. Hy maak sy broek met ‘n swart mamba vas. Hy behou nou nog die bok drol spoeg rekord in vyf distrikte. VYF DISTIKTE mense. Hy is die kannie dood soort en my visvang pel gaan vanaand nog saam met ons in hierdie kroeg lekker gespat word. En dit is die waarheid!’”

--------------------------------------------------

Theuns kan nou hoor dat Mastermind meer as die helfte van sy varkies verloor het. Hy kreun en steen op die bank soos ‘n 7 cm ontsluite swanger vrou. Theuns hoop om ‘n teken te kry of net een of ander aanduiding dat die siele veilig is. Iets in Theuns se binneste laat hom regop spring en Mastermind teen die bank vaspen. Mastermind baklei nie terug nie want sy hele liggaam is nou al verlam. Theuns kyk hom in sy oë en hou die remote voor hom.

“Ek wil seker maak jy is dood jou wetter. Ek wil seker maak jy vergaan verewig. Ek wil sien hoe jou oë verdof.”

Net toe Theuns die knoppie op die remote wil druk om die bomme te akteveer begin die kamer in die rondte spin. Theuns wonder of hy die verkeerde knoppie per ongeluk gedruk het en kyk na die remote. Mastermind se mond maak oop en ‘n bekende stemmetjie kom van onder sy stembande uit.

“Hou vas Pappa, dluk die knoppi as ek vi pappa sê.”

Theuns besef dit is Theunsie wat deur Mastemind praat en besig is om hulle te telaporteer.

“Gaan uit daar my seun! Pappa moet die stoute oom laat wegraak. Gaan na mamma toe!”

“Dru die knoppie pappa.”

Theuns sien hoe die hele vertrek in mekaar sak en hy besef dat as hy vir Mastemind laat gaan sal hy vir ewig vir Theunsie verloor. Hy versterk sy grip om Mastermind se liggaam en sonder om verder te twyfel druk hy die knoppie. Mastermind en Theuns se liggame verdwyn net betyds. Die skip ontplot en die sirene kreet van die Ukranse mag sing soos een man hulle finale lied.

---------------------------------------------

Oupa hou vir Meraai styf vas terwyl sy onbeheerlik huil. Juenka loop op en af langs die bed terwyl SuEee ‘n lou lappie op Theunsie se natvoorkop sit. Die kamer begin skud en almal gryp na iets vir balans.

“Theuns!” Juenka hardloop na buite toe en probeer haar oë gefokus kry oor die uitgestrekde lande. In die verte sien sy twee figure nader beweeg. Die een figuur stut die ander een wat sukkel-sukkel saam loop. Die son kruip al nader vir dagbreuk en Juenka hardloop saam met Nemo ha Theuns toe. Sy stop in haar spore toe sy sien dat Theuns Mastermind langs hom het.

“Waar is die ander en wat soek hy hier?”

“Die ander is almal veilig in die forum kroeg. Ek sal later verduidelik. Help my net om hom by Theunsie te kry. Maak gou Theunsie se lewe hang daarvan af.”

Juenka gooi Mastermind se ander arm om haar skouer en hulle draf stap na die plaas huis toe.
--------------------------------------
Meraai lug haar kop van oupa se bors af toe Theuns en Juenka by die kamer instap. SuEee staan op en help dadelik om haar pa op die bed te kry. Meraai bekyk Matermind se gesig.

“My magtig maar ek ken hom!”

“Ons almal ken hom Meraai” sê Juenka terwyl sy afkyk na Willem Woes wat langs Theunsie lê.
--------------------------------
Willem kan voel hoe sy gedagtes in sy kop rond swem. Die laaste ding wat hy kan onthou was dat hy oppad Mosselbaai toe was. Hy was net ander kant Kleinbrak toe daar ‘n skerp lug uit die bloute verskyn het. Hy kan onthou dat die kar getol het. Dit was sy laaste gedagte. Nou is hy te bang om sy oë oop te maak. Miskien is hy verlam of sonder ‘n ledemaat of twee. Hy weet tenminste dat sy brein nie skade gedoen het nie want sy gedagtes was nog nooit so skoon nie. Beelde van klein SuEee wat in sy studeer kamer speel terwyl hy weg tik aan sy wetenskap projek vlieg verby hom. Hy voel warm, hy voel tuis. In die agter grond kan hy ‘n kind hoor borrel lag. Dit klink nie soos SuEee nie maar die lag is genesend.

“Ta ta soet oom.”

Die kind se stemmetjie is sag in die agtergrond. Willem dwing sy oë oop.

“Pa!” SuEee se stem trek Willem se aandag na haar toe. Sy lyk ouer. Haar gesig lyk moeg. “Meisiekind.” Willem sit sy hand op haar wang. Theuns kyk na klein Theunsie wat lewensloos in sy arms lê. Hy voel hoe die trane onbeheerslik uit sy oë uit stroom. Willem kyk langs hom na Theuns wat ruk van die hartseer. Willem vat aan Theunsie se klein koppie.

“Hoekom hyl pappa?”

Theuns voel die beweging in sy arms en die hele vertrek se aandag ruk na klein Theunsie toe.

“Jou klein bliksem. Jy moet my nie so laat skrik nie.” Theuns se borrel lag steek die hele vertrek aan.

“Meraai jy kan maar vir Santie gaan wakker maak. Dit is tyd dat ek my gesin weer heel maak”

“Goed so Theuns”
-----------------------------------------

Vier maande later......

Naas skink vir Theuns ‘n klippies en coke.

“Dink jy sy het enige idee wat gaan gebeur.”

“No clue pel. Ek kan nie wag om haar reaksie te sien nie. “

“Papa pappa tel op tel op.” Theuns buk af en tel vir klein Theunsie op.

“Tannie Willa het vi my ‘n sweet gegee.”

“Jong hierdie dames van die forum gaan jou nog by die afgrond af bederf.”

Santie vat vir Theunsie by Theuns.

“En pappa is eerste in die ry as dit by bederf kom.” Sy gee vir Theuns ‘n knyp op die boud en hy hop vorentoe.

“Hi liefie hou jou in hier is ‘n kind teenwoordig.”

“Vir nou net een kind maar een van die dae het Theunsie ‘n maatjie.” Aspoestertjie vryf oor haar klein rondte magie.

“Ja en julle beter my sussie of boetie ook so bederf” snip SuEee wat saam met haar pa Willem sit en ‘n gemmerbier geniet.

Corne kyk na die forum lede wat almal lekker jollig is en lag saggies.

“Lyk my alles is nou weer back toe normal.”

Juenka en Corne sit op die bekende alleen wees hoekie van die forum kroeg.

“Nie heeltemal nie.”

Corne sit sy arm om Juenka se skouers en soen haar op haar kop.

“Wel as jy miskien bereid sal wees om agter jou te kyk kan dit wees.”

Juenka draai haar stoel en sien ‘n man in ‘n rystoel.

“Pappa.” Juenka val op haar knee en gooi haar arms om Rico.

“Nou dit is ‘n kodac moment” skreeu Vossie wat met ‘n skinkbord besig is om shooter uit te deel.

“Jammer kind dat ek nou eers by jou uitkom maar ek moes ‘n paar loose ends uitsort.”

Juenka reageer nie en hou haar pa net styf vas.

Jannietoor sit saam met Tribalmoon en luister na die klomp emosionele ooooo’s en aaaaa’s.

“So ou pel dink jy werklik dat Willem net posessed was?”

“Wel hy is vandag die man wie hy 4 jaar terug was. Rico het my vertel dat hulle geen traces van die Ukraanse identiteit kon vind nie. Hulle het maar net sy kennis oor die menslike emosies en sy magdom inligting nodig gehad. Die Willem Woes wie ons ken is weer terug.”

“Dink jy Aspoestertjie sal hom ooit weer toelaat om meer as pa te speel?”

“Nee wat ek dink hy het haar te veel skade aangedoen toe sy undercover was. Dit moet seker moeilik wees om die beelde te verwyder al is Willem nie meer Mastermind nie. In elk geval is Oupa en Meraai so overprotective op die oomblik dat sy seker vir lank nie weer ‘n kêrel sal kry nie.”

“En Aurora. Dink jy sy sal ooit die alien label kan laat verdwyn.”

“Wel met die hulp van haar nuwe groen oog liefde sal sy dit vinnig kan afskud. Daar is sprake van huweliks klokkies. Wie so kon dink Sir Don kon haar hart sag maak”

Vlek gaan sit langs Tribalmoon en gee haar ‘n vet soen.

“Hoe lyk dit konkel julle alweer?”

“Nee wat Vlek my skat ons praat sommer maar net oor die wel en wee van hierdie woeste forum.”

DIE EINDE