Mors van tyd!!!!

Die ANC koukus die week mos in Pietasburg, of te wel Polekwane. Dit lyk of oom Jacob vir oom Mbedjie die loef gaan afsteek. As oom Jacob nou eendag ons prez word, weet ons almal mos wat gaan gebeur.
Hoekom tyd mors met oom Jacob, hy gaan polities te korrek probeer wees en dit kan 'n langdurige proses wees.
Stel sommer dadelik oom Bob van Zim aan as prez van SA, dan kan ons alles gou-gou oor en verby kry, sonder doekies omdraai.
Alles in Zim is van nou af aansienlik goedkoper, maar die Zim burgers sit met minder geld in hulle se sakke.
Oom Bob het gesê dat die laaste drie nulle van alle banknote verwyder word. So, as jy 'n brood laasweek teen $50 000 gekoop het, kos daai brood volgende week 'n skrale $50. Die Zimmers joebel seker.......

Groete, Wintie