Musikale deurnag in die forum

Lepinotus Patruelis: Lepinotus glo daar is genoeg musikante wat aan die forum deelneem dat ons 'n virtuele "battle of the bands", soos wat Steak & Ale dit noem, kan aanbied. Die enigste vereiste is dat jou groep se naam iets te doen moet hê met iets wat op die forum gebeur het of wat bespreek is.
Is daar nog inskrywings?

Sover weet Lepinotus van drie groepe wat reeds ingeskryf is. Hulle is:
- Gawie en die Halsbandjies
- JJ en die Spoegspan
- Lepi en die Skilfers

Meraai vannie baai: Meraai en die Skimme tree aan agter Lepi en die Skilfers

Adelhaide: Heidi en die rekenaarrolletjies skuifel agter Meraai in!

Piet Magriet: Daai Spoegspan klink na my span maar wie is JJ?
As jy van daai spoegspan praat dan gaan jy net treurmares hoor! Kom ons diskwalifiseer hulle sommer nog voor hulle kostuurms gekry het, of wat?

Ek sal maar "solo" gaan, want niemand sal my in hulle span wil hê nie, ek kras soos 'n kraai! Hannes sing tenoor en ek sing tegoor!

Lepinotus Patruelis: As PM wil solo gaan, noem ons haar maar Piet en die Magrietjies.

Piet Magriet: Goeie plan! Kan ons die broodblikkie gebruik vir ons teater Lepi? Ons b'lowe ons sal dit nie vuil mors nie!

Johanna: Ek wil ook deelneem. Ek sal J en o'lee mac wees


Fluit- fluit ♪♥•☆°*¨´`'*°☆.¸.☆°*'¨´`'*°☆•♥♪ Die einde!