Vroeg vanoggend wakker geword met die Suidoos as musiek in my ore. Ek wou net weer wegdommel toe ek onthou van die 11:00vm afspraak in Somerset Wes. Dus het ek opgestaan om koffiewater te gaan aansit. So met die verbly loop sien ek dat die tv en dstv se bystandliggies af is.
Ek wou nog wonder toe onthou ek van daardie klein geelpamflette met die eskom logo op wat ek verlede week per toeval by die winkeltjie raakgesien het: “ Jammer vir die ongerief………….19.08.2008 krag sal af wees vanaf 0 8:00 tot 17:00 weens…………. “ wat ‘n vreemde gedagte.
Geen wasmasjien, skottelgoedwasser, geen elektriese ketel, geen internet, geen tv, geen musiek, ( behalwe die suidoos se gesing en my honde se geblaf so nou en dan). Met die wind se geraas kan ek nie die see hoor nie ,die see se geruis en branderklank word net verder weggewaai.
Die driebrander gasstofie is al wat vandag ‘n bydrae gelewer het. Koffie met ontbyt. Die res van die dag in die stad was ‘n gejaag soos altyd, want daar was oral krag. Malls en winkelsentrums besig soos altyd want daar was krag, verkeersligte het oral gefunksioneer en die motoriste almal besig en vasgevang in die daaglikse rot resies. Petrolpompe was besig ongeag die petrolprys, hoe anders , ons moet van punt A tot punt B beweeg om ons daaglikse sirkel te voltooi.
Heelwat later vanmiddag terug by die huis, was alles nog tjoepstil, behalwe die wind wat weer besig was om stem dik te maak en Kapoeter, my chihuahua wat my luidkeels verwelkom het. Ongeveer 17:30 het die krag weer skielik aangegaan asof dit nooit af was nie.
Toe kon my dag eers behoorlik by die huis begin………..
'n Dag sonder Eskomkrag
- arendsnes se blog
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
coach outlet
coach outlet online
coach outlet
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach factory outlet
coach outlet
coach outlet store online
louis vuitton sale
louis vuitton outlet
coach factory outlet
coach factory online
coach factory outlet
coach factory outlet online
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach outlet
coach outlet store
coach outlet store online
coach bags
coach outlet store
coach outlet
coach outlet store online
hermes birkin
hermes bags
gucci uk
gucci uk sale
louis vuitton outlet
louis vuitton bags