Gisteraand het my gedagtes gedwaal na November 2007 (toe ons) my Oom begrawe het. Dit was 'n hartseer oomblik (en ek) het die lastige huil wat in man se keel opstoot elke keer weggesluk.
Ek wou graag net 'n paar woorde met my Tannie wissel, maar daar was baie mense wat met haar wou praat.
Ek het langs haar gaan sit en haar beduie ek wil gou iets sê.
Sy het my hand geneem en my aangestaar en toe vertel sy my:
"Boeta jy mag maar huil."
Terwyl ek daar langs haar sit, het ek na die mense gekyk.
En dit was vir my opvallend dat die mense huil, terwyl hulle koek eet.
Die ergste wat ek daardie dag beleef het (was toe) 'n huilende vrou haar man stuur met die woorde:
"Jy beter vir ons nog koeksisters gaan haal, voordat dit alles opgeëet word"
Hoe kan iemand dit sê; terwyl die bord in haar hande, vol koeksisters gepak is?
Hoe kan mens eet terwyl jy soveel hartseer ervaar?
Hoekom moet daar ten duurste; eetgoed verskaf word as iemand begrawe word?
Hoekom is dit juis dan (die uur van slim stories) wat tussen die mans uitgeruil word?
Ek kon nie deel vorm van die groep nie, want die huil het in my keel vasgesit, ek is mos 'n man en 'n man mag nie huil nie.
My oupa het seker opgemerk dat ek sit met die knop in my keel. Soos net 'n man dit kan doen, het hy my na buite geneem. Weg van die ander en toe vir my gesê:
"Boeta nou is dit jou beurt om afskeid te neem. As jy nie kan huil nie, neem jy nie afskeid nie."
Een kyk, na my Oupa het die trane gebreek.
Vandag weet ek: Dat koek en tee na 'n begrafnis mekaar die geleenheid gun om vrede te maak. Dat daardie bord koeksisters 'n vertroosting bied vir ander wat hartseer ervaar. Dat die uur van slim stories tussen die mans, hulle manier is om die dood te verwerk.
Daardie bymekaarkom (na die tyd is) is deel van die genesing proses.
Vandag weet ek, dat 'n man mag huil.

wanneer hou mens op met huil
wanneer hou mens op met huil as jy iemand aan die lewe verloor het???
Huil
Daar is nou net niks so cleansing soos 'n goeie huil nie, veral as daar 'n rede is. Ek is all for trane en dinge, anders bly die gevoel van hartseer vir te lank in jou vasgevang en dit is nooit 'n goeie ding nie.
En jy is reg, elke mens het maar 'n eie manier om hartseer te verwerk, al dink mens soms dis heel onvanpas.
Heres my wrist... Drink me dry... Make me immortal... Or leave me to die...Nocturna Artificiala