Onskuld Verlore?

Ek is besig om bietjie deur kinderrympies te lees en ook kinderstories, vir die doel om 'n parodie te skryf en hopenlik nog 'n pantomime en as my muse nice is sommer 'n lekker lang lawwe gedig ook.
En so tussen my gelees deur vind ek skokkend verskuilde wreedhede wat deur die skrywer geimpliseer kan word. Die wreedheid en ander skokkende bevindinge wat ek raaksien, kan wees omdat ons as volwassenes die onskuld van menswees (kindwees) verloor het met die jare saam. Daarom word alles met skeptisisme en sinisme waargeneem en geinterpreteer, dinge wat sekerlik tog onskuldig is?

Net twee voorbeelde: Ek het die ander dag Sneeuwitjie en die Sewe Dwergies gelees. Nou, die hele verhaal wemel van kwaad, wraak, poging tot moord (2keer) en vir my kan Sneeuwitjie se verblyf met 7 dwergies moontlik verwys na 'n loslewe na sy uitgeskop word en dan !!
Sneeuwitjie sterf(?) en wat gebeur... die Prins kom verby galop en daar gaan word hy verlief op die dooie Sneeuwitjie en die eerste gedagte wat by my opkom toe die Prins wil weet by die Dwergies of hy haar na sy kasteel toe kan neem...
NECROPHILIA!! Die siek seun! Vir wat sal mens nou 'n lyk na jou huis toe wil vat tensy jy een of ander siek daad met die lyk wil uitvoer, of haar wil eet natuurlik (KANABALISME).

Anyway,soos ek sê, as volwassenes het ons baie meer kennis van al die sleg en vreemd van die lewe.

Nou draai ek my denke na 'n rympie (glo my, ek het nog nie eers deur die helfte van al die rympies gekom nie).
Hierdie een was vir my snaaks, dit skreeu ADULTERY en ek wonder of dit net ek is wat 'n 'warped mind' het?

"Little Tommy Tittlemouse
Lived in a little house
He caught fishes
In other men's dishes"

Oraait, ek weet ek ruk dalk als uit proporsie uit, maar my mission gaan voort en sal ek updates lewer soos ek nog interessanthede ontdek, en hopelik by die finale produk eindig.

Ek spring op my windperd en wonder hoekom so baie moord en verraad die kern van elke fairytale is.

(gedagte vir die dag:
If you want to run with the wilddogs, you can't piss like a puppy)

Hi almal. Interessante

Hi almal. Interessante onderwerp vir 'n blog. Ek is 'n baie blogs en forums lees die afgelope tyd. Sommige is werklik insiggewende ander vermaak en sommige is 'n ware kraak. Ek moet sê, 'n geweldige taak op hierdie blog, sal ek seker weer terug om seker te maak werklikheid word.
-Van Hire

Onskuld verlore?

Jy laat mens dink? nooit so daaraan gedink nie.

Daar is meer...

Daar is nog wat volg, so watch die space... die resultate is absoluut skokkend!

Do Not Adjust Your Mind, Reality Is At Fault

Siek kinderverhale

Do tell more! Jy't my nou hook, line & sinker. *lag* Ek het nog nooit kinderverhale van so oogpunt beskou nie. Dit laat my nou wonder...as ons nie slegte goed in kinderverhale gehad het nie sou ons dit dan gelees het? I like the clash between good & evil. Skryf vir my 'n storie, doll, met net alles wat mooi is. *wink*

Groete

Chenél

If you want to change the world, start with the person within.

Onskuld verlore

Tribelmoon ek is besig om 'n boek te lees wat uit 'n sielkundige en Christelike oogpunt geskryf is rondom die kinder stories. En wat jy nou vertel pas baie goed in met wat ek sover gelees het.
Petronella

onskuld verlore

Petronella,
dit is interessant. Ek het so paar maande terug met die idee begin rondspeel en nou eers werklik by dit uitgekom. Ek sal graag die boek wil lees, maar eers as ek klaar is met my eksperiment, mens wil nie jou judgement clowd nie, maar wel later vergelyk.

Watch this space.

groete

Do Not Adjust Your Mind, Reality Is At Fault