Die uil droom

Die uil droom

My uil droom wat ek geskilder het...

Jou uil droom

Hey girl dit is onderdrukte vrese. Jy moet probeer vastel waarvoor is jy bang en dan sal die drome verdwyn.

Psyche

Die droom

Om julle meer inligting te gee oor die skildery...

Ek kry vandat ek 'n kind is hierdie droom waar ek in die donker loop. Skielik sal 'n uil vanuit die hoogte op my afkom en sy vlerke voor my klap. Ek sal dan wakker skrik, my lyf gespanne. Hierdie droom maak gereeld sy opwagting en ek het toe besluit om dit te skilder. In plaas van om my in die skildery te plaas het ek 'n man daar gesit om die uil te verweer om by my uit te kom. Needless to say, het hierdie bewuste verhindering in die skildery nie die drome stop gesit het nie. Die uil kom nog gereeld kuier in my drome. Ek voel net elke keer stupid as ek skrik, al weet ek wat gaan gebeur. Altyd dieselfde image soos 'n film wat vas haak.

Groete

Chenél

If you want to change the world, start with the person within.

Uil-droom

Chenel jou uil is uitstekend geskilder en ek hou van die man en oog jou agtergrond. Drome is soms sleg, ek kry gereeld 'n droom oor 'n baba wat huil. En elke keer soek ek; en kry nie die baba nie, en dan in my slaap begin ek huil - omdat ek nie die baba kan vind nie.
Petronella