wannabe sangers

Nee kyk,iets wat my dwars in die krop steek is hierdie neiging van elke Jan Rap en sy maat om `n cd uit te gee.Party van hierdie sogenaamde "sangers" se musiek grens aan die lagwekkende!Die ergste van alles is dat daar party mense is wat dink hierdie ouens se songs is great!Nee magtag man, dit is `n belediging vir sangers soos Jan Blohm,Theuns Jordaan en Chameleon!Daar is `n verskil tussen wil sing en kan sing!!

Stem n mens saam of stem n

Stem n mens saam of stem n mens glad nie . To be or not to be? is die vraag . Hoekom veralgemeen ons so as ons iets kritiseer of nie daarmee saamstem nie ? My uitkyk in die lewe is altyd hou jou bek of wees braaf . Tog neem ek meestal die eerste opsie . Vandag sal ek kies om my mening te lig . Daar is talle sangers oor die wereld wat nie die "stem" vir sang het nie maar tog luister mense na wat hulle se want hulle uiter slegs wat ons almal voel en dink Mense het deur die jare Bob Dylan met minagting beskou oor sy stem en tog vandag is hy n legende en die manier waarop hy dinge gestel het was uniek Hoeveel in die wereld het hom nie al probeer na-aap nie
Dieselfde geld vir Leonard Cohen , Koos du Plessis , Karel Kriel , Daniel Landa om n paar te noem . Beslis nie die grootse Freddie Mercury stemme wat ek al gehoor het nie , maar tog so ver van die komersiele snert af as wat die hel van die hemel af is . Kom ons noem kunstenaars op die naam as ons hulle beledig Kom ons wees braaf . Elke een het n persoonlike smaak en vir al die prostese draende tannies in die voorste ry van n Bles Bridges konsert was dit seersekerlik die mees orgasmiese ervaaring wat hulle ooit beleef het Vir my wek sy musiek net n walglike gevoel op Maar wie is ek om iets te se teen dit indien ek nie bereid is om hom op die naam af te noem nie . Mag sy siel in vrede leef maar die feit dat hy oorlede is laat my nie van mening verander nie . Dan is daar die noema noema lekkergoed mannetjie wie se claim to fame was dat ons dierbare niek nak die liedjie binne tien minute geskryf het terwyl hy op die telefoon in gesprek besig was . Ek dink eerder dit was op daai oomblik wat ozone oor die radio gespeel het en hy die initiatief gevind het om affirmatif shopping te pleeg met hulle skepping bre Ek self het nie n stem maar ek sing beslis nie oor hoe hard my beskuit is of oor liewe lulu ek wil langs jou doe doe . En waarom doen ander dit ? Ongelukkig soos in Blackie Swart se eie woorde in die musiek bedryf moet jy n musikale prostituut wees en jouself verneder deur te daal tot op die vlak waar denklose mense dit sal koop . Nou vra ek die vraag wie moet ons kwaalik neem vir die toestand van die afrikaanse musiek bedryf . Hy self het aan my gese ek hou baie van wat jy doen maar ongelukkig is dit nie kommersieel nie en dit sal te veel kos om jou te bemark . Die wat die geld maak daaruit en die soort breinlose musiek verkwansel aan die doof stom gehore in die land , hulle is die persone wat moet verantwoording doen en tog lag hulle kliphard al die pad na hulle volksekaste toe Wie staan op en sing oor die patetiese toestand van die land waarin n mens nie eers straataf kan stap of voor jou eie huis in jou eie motor kan parkeer , sonder om te wonder watter laelakse verskoning van menswees jou gaan aanval of vermoor nie .Wie sing van die 500 rolle toiletpapier rolle wat per dag deur die parliament "gebruik" word Die Bob Dylans van die lewe die Karel Kriels (wat toegesluit was vir sy musiek teen die oosterse regerings ) is die mense wat n verskil maak aan die wyse waarop ons dink Hulle is die mense wat getye kan stuur in n rigting in wat kan veroorsaak dat veranderinge plaasvind en revolusies kan geskied . In die era van Koos Kombuis en die ander vrye voels ja .
Om van die os op die jas te dwaal na kostes van n CD moet ek se dit sal my persoonlik uit my sak na die tweede cd se vrystelling nou in desember , sowat amper R140 000 kos om te se wat ek voel ek moet se Maar op die ou einde van die dag is dit nie belangrik nie Al koop nie een siel dit nie al steel hulle dit op die internet al roof hulle dit vanaf hulle vriende hoop ek net dat die wat my tong uiter ter harte geneem sal word .

So Antjie , om op te som , Ja ek stem met jou saam maar miskien moet ons as ons sulke stellings maak , die graaf nie n gaffel noem en prontuit se oor wie jy praat Miskien sal hulle eerlike kritiek waardeer en of ophou sing of n ander benadering in neem . Ek se as iemand jou n haas noem kan jy hom in sy maai stuur , as twee mense jou n haas noem kan jy nog steeds hom in sy maai stuur maar as die meerderheid jou n haas noem , gaan dan sommer reguit groente winkel toe en koop vir jou n bos wortels

Outlaw van die universe .........
Junkie van my soul

insisewus

Dankie vir jou terugvoering,het lekker gelag!Nee dis nou nie dat ek te chicken is om die non-singers se name te noem nie(hier is in elk geval nie genoeg plek nie!)het net nie die tyd of lus daarvoor nie.Siende dat jy al 107 jare oud is,weet jy inelkgeval meer van musiek as ek!

wannabe

Nevermind die wil en kan, die spul wat so copy version sing en dan groot sterre is in die oë van die PLEB PUBLIEK... As jy 'n kunstenaar wil wees, skryf en sing jou eie goed! Ek dink die publiek is te blaam. En natuurlik die klomp wannabe's kan hulle sterre dank dat hulle pappies baie geld het, want as ek 'n producer was sou hulle nie verder as die voordeur gevorder het nie.

Ek dink mens kan ook die media blameer... maar dit gesê, het die publiek dan sulke skape geword wat maar gewilloos die trop volg? Ek weet nie wat gaan aan nie, maar in 15 jaar het die musiek bedryf regtig baie commin geword.

Do Not Adjust Your Mind, Reality Is At Fault

I want to be a wannebe

Tribelmoon as ek 'n producer was.....het ek al die wannebe's in 'n gestig toegeluit en die sleutel weggegooi.
Petronella

Stuiwer

Is mos hoekom ou Anton Goosen vir Patricia Lewis et al so haat! Want nes Tribalmoon se hy dat 'n kunstenaar sy eie musiek moet skryf en sing.

En kyk net die goorgat "Supersterre" op tv! Ou Patricia, sy van die background musiek het as twee van die drie beoordeelaars vir Sharlene Surtee-Richards, en Nicky van den Berg: die een 'n aktrise, en die ander ene 'n rugby kommentator! My goeie hel, hulle weet minder as ek van sang! (en ek weet niks!)

Geen wonder ek hoor eannerdag hoe sing Nicolis Louw "My koffie is koud, en my beskuit is hard" nie! Inderdaad is Afrikaners nie plesierig nie, maar blerrie belaglik!

O, en hier is, so terloops, ietsie omtrent onse Tribalmoon: sy is 'n uitstekende musikant, komponis, en sangeres!