Spinnekop
Nou's dit sommer stil hier vandag.
Elk geval, ek sal maar blog:
"Weet jy hoe lyk 'n knoopies spinnekop?" Vra ek haar.
"Waar?" Sy sit hoër op in die bed.
"Buite in die tuin."
"Het jy hom dood gemaak?"
"Nee, hoekom? Hy pla mos nie. Ek het hom met die tuinslang weg gespuit."
"Hy sal weer terug kom!"
"En dan wat? Jou kom opeet?"
Ek kry 'n houtoog. "Gaan maak hom vrek!"
Dit freak my nog altyd uit. Hoekom moet mense alle spinnekoppe (en slange) dood maak. Wat dink die mense? Is spinnekoppe op die aarde gesit met die einste doel om die mensdom uit te roei? Hulle sit daar in hulle donker hoekies met gif wat by hulle tande of angels uitdrip en met so wrede uitdrukking in al agt hulle oë beplan hulle hoe om die volgende mens te kan byt, tee kom en of van die kant maak?
Arme goedjies. Hulle wil ook mos lewe. En wat sy ook nie weet nie is dat in die leë erf agter ons huis is daar seker derduisende spinnekoppe wat sit en net besig is om die mensdom se einde te beplan.
Eintlik is hulle goed vir ons. Soos om vlieë te vang. Nou kyk, ek glo vas 'n vlieg is hier net daar om ons te irriteer, sewe soorte k.. (erhm nee, dit is net 'n kompliment vir hulle).
Vlieë slaat ek vrek, maar nie spinnekoppe nie.
- Jannietoor se blog
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer

Spinnekop
Ek glo nie daaraan om spinnekoppe of slange dood te maak nie, maar 'n vlieg en 'n brommer, vrek vinnig by my.
Doom is my wapen teen die boggers wat my so pla.
Petronella
spinnekoppe
Ek is 'n groot spinnekop liefhebber en wens ek kan die mense in my huis oortuig dat dit regtig mooi kreature is, want sou ek dit gedoen kry, kan ek vir my 'n mooi tenk kry en 'n paar grotes aanhou.
Maar nee, al wat ek deesdae doen, (gelukkig is dit nou winter) is om te reageer op paniekerige gilletjies en soms 'n harde geskree, en dan moet spinnekop gevang en gered word.
Slange is ook cool. Maar ek is te roekeloos.
Do Not Adjust Your Mind, Reality Is At Fault