hoe kon jy?
vandag voel ek oud, afgemat en grensloos kwaad! Nee, nie kwaad nie – teleurgesteld, dis ‘n beter woord! Hoekom? Oor selfsug, mans en hul beheptheid met hulself. En miskien is dit verkeerd om almal onder dieselfde kam te skeer, maar boet, voor jy my met ‘n 10 pond hamer voor die kop moker – bewys my verkeerd! Jy gaan besig wees!
Gister was ‘n slegte dag – in meer as een opsig. Hierdie week hardloop ek rond soos ‘n hoender sonder kop. Slegte nuus het my alreeds blou dag sommer purper gemaak. Die laaste ding wat ek nodig het is mense rondom my. Ek wil alleen wees met my seer, met die grys wat my lewe geword het, maar nee, jy gun my nie eers dit nie. Jy deel die nuus mee, en wil met my praat – maar ek is rou en seer en ignoreer jou oproepe. Ek het gehoop, as vriend, sal jy verstaan, maar jy het nie, want jy weet mos altyd van beter! Hoe het jy gedink? Het jy hoegenaamd gedink toe jy jou kar in my rigting draai? En selfs nadat ek vir jou gesê het: “moenie oorkom nie, ek sien nie kans vir mense nie”, het jy net jou eie wense gehoorsaam.
Jy is in alle opsigte ‘n ware heer, maak die kar se deur oop vir my en alles wat daarmee gepaard gaan – hoekom kan jy my nie net bel en hoor of dit my pas as jy kom kuier nie? Dink jy ek het nie ‘n lewe nie? Jy dink jy ken my, maar jy doen nie – jy kom nie eers halfpad nie. Toe jy by my werk aankom was ek klaar huis toe gestuur. As jy net nie my boodskap geïgnoreer het nie! Nou is ek in die sop oor die manier hoe jy jou voor my werk soos ‘n vark behandel het. Die spin en rook walms was nie net ongevraagd nie maar onvanpas. Dis ‘n teken van geen selfbeheersing – en sonder dit, my vriend, maak jy ‘n goeie ding dood. In jou wêreld is dit dalk gehoord , maar nie in myne nie! Danksy jou ondeurdagte optrede mag niemand my meer by die werk kom haal nie. Danksy jou optrede is my persoonlike lewe algemene kennis en ‘n item op die agenda vir ons personeel vergadering. Ek wat altyd kon roem dat my persoonlike lewe wel dit is – persoonlik en privaat!
Gisteraand wou ek jou uitvee uit my lewensboek! Dit was jy wys jy is maak my bang! Verfynd met die mond met harde woorde, dis mos ‘n ongebalanseerde teenstrydigheid, nie eers te praat van die kwaai boodskap op my foon nie! Nie eers my ouers praat so met my nie, wie gee jou die reg? Jy het geen aanspraak op my tyd en op my lewe nie. Jy is ‘n vriend, niks meer nie! Ek weet nie wat jy gedink het nie – ek weet nie of jy gedink het nie! EK is nie kwaad vir jou nie – ek is teleurgesteld en dis juis dit wat my die meeste pla. Miskien het ek met jou ‘n fout gemaak. Miskien is jy ‘n beter toneelspeler as ek!
- bertha badprop se blog
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer

coach outlet
coach outlet online
coach outlet
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach factory outlet
coach outlet
coach outlet store online
louis vuitton sale
louis vuitton outlet
coach factory outlet
coach factory online
coach factory outlet
coach factory outlet online
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach outlet
coach outlet store
coach outlet store online
coach bags
coach outlet store
coach outlet
coach outlet store online
hermes birkin
hermes bags
gucci uk
gucci uk sale
louis vuitton outlet
louis vuitton bags
Ai tog
Ja ja, die wiele spin is kinderagtig! Maar mans het ook maar harte,al dink julle nie so nie. Daar is net vir my 'n vreeslike byterigeid mans se kant toe, en daar is regtig nice ouens ook. Vat nou maar vir my.....
Ha Ha Sterkte!
Onthou, mens leef ook net so lank.
tog kwadraat
haai, ek het nog nooit bedoel mans het nie harte nie! soms is daar absolute cutie pies...maar hulle kruip gewoonlik goed weg!
die doel van die oefening, is om albei partye in ag te neem, anders:
BEEG....
BADDA.....
BOOOMMMMMM
:-)
thanks vir jou input! vertel jou vroulief om jou op te pas as jy dan so catch is!
Catch?
Nee jong, ek is nie so 'n groot catch nie, ek probeer maar net myself opbeur, want niemand anders wilit vir my doen nie. My vrou?? Eks eers klaar met daai spelietjies. Dit het nie gewerk nie. Ja, dit vat 'n moerske klomp "gee" van albei om dit te maak werk. So, niks verkeerd om eers rond te speel tot jy dood seker is nie.
Ek sal net wil verstaan hoekom vrouens in ysberge verander as hulle klaar hul catch gemaak het!?
watch this space
snorkels
jy't my nou 'n stunning idee gegee! watch this space! miskien kan jy bietjie insig op die saak lewer!
nou wag dat ek kan kyk of ek MY catch of the day kan vang! :-) jy weet, iemand sal maar moet!
?
Bertha, nou se vir ons wie is hierrie skarmonkel wat jou prop so aanmekaar uittrek?
die prop(draad)trekker
oscar...
ek wens ek kon die lig werp op die skuldige, maar bertha noem mos nog nooit name nie...kom ons sê maar net die doringboom in my lewe...:-)
Ai, my vriendin. Jy't my innige meegevoel
ek kom agter aan hoe jy sy optredes verduidelik dat hy duidelik 'n ander persepsie het van wat tussen julle is en dat hy dit nie kan hanteer om geignoreer te word nie. ek weet so goed hoe dit is maar is na 11jaar uiteindelik ontslae van daardie man wat geglo het dat ek iewers in die toekoms my mind sou change en meer as vriendskap sal wil hê! hy het my in 11jaar seker twee of drie keer gevra om te trou. maar wat sommige mans nie besef nie is dat elke individue het alleen tyd nodig, selfs in 'n verhouding. as 'n mens nie daardie tyd vir jouself neem nie, verloor jy jouself iewers langs die pad en word jy dalk 'n persoon wat jy nie wil wees nie. ek is aan jou kant. praat met hom wanneer jy jou tyd geneem het waarop jy geregtig is en vertel hom wat jou pla of selfs bangmaak. as hy nie die voorwaardes tot julle vriendskap kan hanteer nie (en dit is tog nodig om in hierdie geval voorwaardes te maak), dan moet hy maar vinnig die pad vat! sterkte vriendin, ek dink aan jou! wees sterk en staan jou man... of in hierdie geval; staan jou vrou!
Ek het deur die hele inhoud
Ek het deur die hele inhoud van hierdie blog wat baie insiggewend en kundige dinge, so ek graag weer sal wil besoek.
-van insurance uk
thanks jong
alleen
thanks vir die vote of confidence. ag, ek dink net die mans moet begin besef ons is nie marionette wat na hul pype dans nie. sal maar die bul by die horings pak! thanks ook oscar! ja as jy jou vriende regkies, dan gebeur sulke twakkies nie!
Sela
Mag die jirre ons behoed teen ons vriende. Ipso facto: teen ons keuses.
(ipso facto beteken letterlik: as gevolg van hierdie feit.)