
Hallo woes mense ek is Cyber (was onlang by die dokter en nou noem my ma my Cyberlina,wonder hoekom).Hierdie langs my is my tjommie Charlie,ons slaap saam en speel lekka saam maar as dit by kos kom grom hy altyd vir my.
Ek hoop my ma is nou happy laat ek kom hallo se het.
woef woef

By die see.
Maar dis twee oulike gediertes, mos. Se jou wat: hoekom los jy nie vir Cyber by die huis, en vat vir Kietsie saam see toe nie? Jy sien, die arme brakkie gaan skoon befoeterd in sy hondekop raak as hy 'n been oppie strand begrawe, en dit die volgende dag nie innie hande kan kry nie (of issit nou pote?).
Maar die kat, nou weer: een helse strook sand waarin hy of sy haar ding kan doen!
Kiets en Cyber
No ways,daai kat gee my grys hare en as dit kom by maniere het hy niks!!
Hy kani ees sy ding in die sandbak doen wat nog te praat van see sand.Nee dankie,hy bly net hier.
Cyber sal al te happie wees as hy net n koppie koffie kry en sal dan vergeet van die been..lol
Cyber
Cyber lyk vir my asof hy al mooi groot, en uitgevreet is? Hoekom se jy nie vir Liefie om hom te leer bier drink nie? Besides, koffie is glo nie goed vir mens of dier nie.
Nie bier nie
Cybertjie is nou 17maande oud..
Hy like niks van bier maar moenie jou brandy opi vloer los of erens waar hy kan bykom.
Oubaas se honne!
Hond se kierie! Maar Cyber is 'n meneer van 'n hond! Jaag vir Liefie weg, want met Cyber in jou lewe het jy nie 'n man nodig nie!