Straf of plesier????

Is jy gelukkig in die werk wat jy doen? As ek mense se gedrag opsom in my werksmiluë en oor die jare, kan ek 'n stelling maak en sê dat daar bitter min mense is wat hulle werk geniet. Ek erken ek het 'n verkeerde beroepskeuse gemaak en moes lank daarmee worstel om vrede met myself te maak. Dit sê egter nie dat ek nou mal is oor my werk nie. Ek is wel suksesvol in my beroep en het baie verder gevorder as meeste van die mense wat saam my geswot het. Net my vrou weet hoe ek oor my werk voel want ek loop nie te koop met die feit dat ek nie van my werk hou nie. En natuurlik weet julle dit nou, maar julle ken my nie persoonlik nie. Vertel bietjie hoe voel jy oor jou beroep en geniet jy jou werk so dat jy nie kan wag om die volgende dag by die werk te kom nie.
Groete, Wintie

My opinie

Daar is seker min mense wat werklik gelukkig is die heeltyd in hul werk. Al beoefen mens die beroep wat jy gekies het, kan dit net soveel veeleisend raak dat mens ongelukkig raak in jou werk. Ek glo dat mens die beste van jou beroep moet maak en sodra jy jouself so orienteer, dan kan jou werk vir jou beter raak. Ek dink eerder dit is die dinge wat saam met mens se werk kom, soos bv moeilike kollegas, onredelike base of kliente wat jou werk onaangenaam maak en dan word mens ongelukkig. Jy is gelukkig om 'n vrou te hê wat jou kan dra as jy 'af' is en jy vir haar. Koester dit want dit is belangriker as enigiets in die lewe........

Ingeltjie

Beroepskeuse.

Wintie, ek wonder of enigiemand regtig daarvan hou om te werk? Om besig te bly miskien, ja, maar 'werk?' Self werk ek nou nie eintlik nie, maar ek kan darem noem dat soms, wanneer alles glad verloop het, en ek my 'eie ding' by die werk kon doen, het ek dit nogal geniet. Dalk issit nou tyd vir jou spreekwoord ook, siende dat ek dit vanoggend aan die uitdeel is! Kom uit Jerome K Jerome se "Three men in a boat," hoop ek! "I love work, I can sit and wathch it for hours."

Wat my nou laat dink aan die destydse assuransie agent wie my op kantoor besoek het. Sien, ek sit toe met my voete oppie lessenaar, amper vas aan die slaap, terwyl die ou se mond, soos assuransie agente oor die wereld se monde maar, na turbo toe oorskakel. Vra ek hom, my oge steeds toe: "Nou waarvoor moet ek jou 400 rand per maand betaal?" Antwoord hy: "Sodat jy eendag, wanner jy 65 is, kan aftree en niks doen nie." Waarop ek hom met my linkeroog beloer, en se: "Jou 400 rand per maand betaal sodat EENDAG kan rondsit en niks doen nie? Nog nooit! Ek sit dan nou reeds en niks doen nie!"

Basies, so reken ek, kom dit maar daarop neer dat mens jou beroepskeuse in die eerste plek grond op oorlewing, en sodra daardie behoefte dan nou bevredig is, dan kyk jy na dinge soos geluk, lewensvreugde, en dies meer. En dis dan wanneer die ongelukkigheid intree.

Net twee...

Ek het nou die dag 'n ding geleer...Mens het net TWEE keuses in die lewe...
Of jy is gelukkig...Of jy is ongelukkig. En dit is joune om die maak elke oggend as jy in die spieel kyk.
Makliker gesê, ek weet.
Ek het 'n half sadistiese lekker in my werk omdat niemand anders dit wil doen nie. Hou daarvan om bietjie teen die stroom op te swem. Alhoewel ek bored out of my mind is...is dit darem die brood op my tafel, reg? Die rede vir die boredom...Ek het net te min werk! Believe it or not...Hou daarvan dat ek so oorgooi is dat ek nie eintlik eers moet besef waar ek is nie...Maak dit darem meer aanvaarbaar.