Nuwe motor

Tags:

My motor is nou 14 jaar oud en nog in uitstekende toestand. Volgens die motor bedryf moet jy elke 3 jaar jou motor vervang, "Anders verloor hy waarde" My motor is nou R25000 werd volgens hulle maar vir my baie meer, veral as ek dink dat ek geen skuld het nie. Meer geld in my sak elke maand want ek het nie 'n paaiement om te bataal nie en 'n goeie motor. Wat sê ander woes lede??

Waarde van ou motor?

Ek stem saam dat 'n mens nie elke 3 jaar jou motor moet vervang nie.

My vorige motor (VW) het ons 18-jaar gery voor dit vervang is met 'n nuwe model VW, maar ek mis steeds die vorige een.

Terwyl 'n motor 'n "status simbool" is, moet jy miskien 'n nuwer model besit, maar dis ook net jy wat daarvan bewus is. As iemand jou waarde skat volgens die status simbool rondom jou, dan stel hy/sy in elk geval nie in jou belang nie, net is die simbole. Aards en oppervlakkig.

'n Motor moet net betroubaar wees om NOU van Kaap na Mussina te kan reis. Waarheen wil jy verder?

Die definisie van "waarde"

Ek het 'n suspisie die motorhandel definieer die term waarde as die mammonswaarde wat jy kan bydra tot sy bestaan.

Die Gebruiker definieer die term as dit wat die voertuig kan bied.

Gebruikswaarde is egter meer relefant as mammonswaarde.

Dan is daardie voertuig van 14 jaar oud, of my '82 Hilux, soveel meer waardevol, want hulle het minder tegnologie wat kan breek en 'n goeie diensrekord van lojale diens... As iets reggemaak moet word, is die waarde van die herstel so dat dit haalbaar is. As die nuwe voertuig herstel moet word, kos die rekenaaranalise alleen reeds meer as wat die herstelwerk gaan beloop.