Ondeunde lyne: Vanuit die Woesterse Klaskamers

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel vir nog ondeunde lyne aangeteken soos vanuit: Kom lag saam in die forumbad / skoongrappies
Verwysing: 
Met dank aan al die skrywers wat hulle klaskamerpret met ons deel.

Lorraine:
Jerome bly iewers langs die Weskus. Pouse sien sy juffrou hy sit eenkant en lyk so half ongelukkig.

Juffrou: Jerome, hoe sit jy dan nou so hier op jou eie. Wat is verkeerd?

Jerome: Nei Juffrou. Ek scheme nou maar net Sêra-hulle moet baie ryk wees.

Juffrou: Hoekom sê jy so Jerome?

Jerome: Nei Juffrou, Juffrou sien né, pouse as Sêra haar lunchbox uithaal het sy broodjies met marmite, peanutbutter, polony of sandwichspread. By ons is dit elke dag net kreef, kreef, kreef!!!!

Juenka:
Twee skoolseun sit en baklei oor wie se pa se plaas is die grootste.

Seun 1 sê: "My pa se plaas is so groot dat as ons vroeg oggend by die westelike grens begin ry dan kom ons eers laataand by die oostelike grens uit."

Seun twee kyk vir seun een aan met 'n grinnik en sê: "Ja jong ons het ook op 'n staduim so 'n k@k bakkie gehad."

weerijuffrou:
Dis weer die einde van die jaar en die graad 1 juf. is toegegooi onder geskenke van die leerlinge. Boonop moet sy raai wat in elke pakkie is. Sy neem die 1e een. Dis van Carol. Haar pa besit die bakhuis. "n Pak koekies?" raai sy reg. Die vlg een van Ann, wie se pa die lekkergoed fabriek het raai sy: "Sjokolade?" weer reg. Laastens neem sy die pakkie van John. Sy pa het die drankwinkel.

Die pakkie lek. Sy druk haar vinger teen die vog, lek dit af en raai "Wyn?" John skud sy kop van nee. Juffrou maak haar vinger goed nat die keer, lek hom af en raai: Sjampanje?" "weer verkeerd, Juffrou", kon die antwoord van John."Dis n baba hondjie!"

Naas :
Ek kan sien Weerijuffrou is nog nie lank terug in die onderwys nie. Onderwysers kry nie meer geskenkies nie.

Nog ondeunde lyne van Naas:
Inspekteur vra 'n nommer.
46. Kom dit van Pietie
Inspekteur skryf 64 op die bord.
97. Sê Sannie
Hy skryf 79 op die bord.
Jannie staan traag op.
55. Sê hy. En kyk of jy dit kan opmors.

Die trein is 4 kilometer lank, ry teen 10 kilometer per minuut deur 'n 10 dae tonnel. Die drywer eet 7 appels elke skrikkeljaar. Hoe ou is ek? vra die Inspekteur
Niemand weet nie.
Na 'n tydjie gaan Kosie se hand op.
Ja boetie?
Oom is 44. Kom die antwoord.
Die Inspekteur is verbaas. Jy is heeltemal reg boetie. Hoe het jy dit uitgewerk?
Oom sien, my broer is halfpad mal en hy is 22.

weerijuffrou:
Ons is by die verkeerde plek Naas. Die gr 1 juffroue kry nog. Kan jy onthou die GOEIE OU DAE toe ouers en leerlinge nog dankbaar was? Al my man se jagtrofee dateer nog uit daardie tyd toe hy na ouers se jagplase genooi was. Nou word onderwysers met kinders tuis bespreek en beskinder. Wag, ek't afgedwaal!

Annie:
jip, baie afgedwaal, dit hoort onder donker grappies ...

weerijuffrou:
Sorry Annie. Om te vergoed nog 'n ligte skoolgrappie: ma vra vir Jannie wat bewolk na sy eerste skooldag by nuwe skool huis toe kom hoe dit by nuwe skool is. "Nee ma. Die onderwysers daar werk nie, hou heeldag vleisbraai!" "Hoe so?" vra ma. "Nee, die hoof het my juf oor die interkom geroep en gese sy moet haar rooster saambring!"

Joe:
Eerste dag by die skool vir die juffrou. Sy besluit sy sal eerstens haar kinders se name vra. Wat is jou naam seun? Jan juffrou. en jou naam dogter? Klara juffrou.

So gaan sy die hele klas deur maar die laaste meisie lyk nie so 'bright' nie. En wat is jou naam meisie? J u f f r o u m y n a a m i s G e r t u i d a J o h a n n a d e V o s J u f f r o u. Juffrou besef die kind is stadig, kyk net hoe stadig praat sy. Sy vra die kind. Praat julle almal so stadig by die huis Gertruida? Ja juffrou, ons praat almal so stadig, maar my suster Sêra praat die stadigste.

Vertel juffrou hoe stadig praat sy Gertruida, vra juffrou. Juffrou, sy het 'n kêrel gehad wat kom kuier het, en voor sy hom kon sê sy is nie daai type nie, toe was sy daai type!

weerijuffrou:
Die Biologie juf. vat UBO ernstìg en leer die kids mooi prakties. So leer sy hulle van insekte. "Noem vir my 'n torsoort en wat dit vreet." "Vrugtetor, hy eet vrugte, Juf." antw Jannie. "Mooi so, Jannie."

"Juf, 'n graantor!" skree Pietie dit uit. En my pa se hulle eet al sy bleddie koring op."

Agter in die hoek sien juf. Kosie se angstige handjie en gee hom kans. "n Vibrator juf. en my pa se daai ding is wat al sy batterye so opvreet!"

Lorraine:
Ek weet nie of sinnetjies ook 'n UBO vak is nie, maar skool bly maar skool!

Weerjuffrou vra kinders om sinnetjie te maak met die woord "vermoed". Pietie is eerste. "Juffrou, vanoggend voor skool sien ek my ma het eiers, meel, bakpoeier en melk uitgehaal. Ek vermoed sy gaan 'n koek bak."

Tweede is Sannie. "Juffrou, vanoggend voor skool toe sien ek my pa is in die garage besig. Hy het die grassnyer uitgehaal, petrol ingegooi, so ek vermoed hy gaan gras sny."

Kosie kan omtrent nie meer wag vir sy beurt nie. "Juffrou, ek het pouse verby die musiekklas geloop. Toe sien ek vir Mnr de Wet en vir Juf de Plooy sonder broeke op die klavier. Ek vermoed hulle gaan op die klavier 'skyt'!"