In die begin het dit maar woes gegaan. Ek en my klein, groen karretjie het nie aldag dieselfde taal gepraat nie. Een van die eerste lesse wat ek geleer het was dat haar petrol-'gauge' nie reg gewerk het nie. Hoewel sy haar bynaam van "Ten bucks" gestand gedoen het, moes ek ook maar versigtig wees as die naald hier op kwart beginne vashaak het.
Die episode wat ek die beste onthou is die dag wat ek en sy iewers oppad tussen Putfontein en Petit se plotte gaan staan het. Ek het net so `n laaste petrolwalmpie geruik en toe Poef! daar staan sy. Ek besluit om toe maar dapper en stapper in te span na die naaste vulstasie, en later te bekommer oor `n hol ding om die petrol weer by my kar uit te kry. Met die eerste tree in die vulstasie se rigting, stop daar toe `n ridder met sy wit Toyota-perd. Moeder se waarskuwings teen vreemdelinge se motors moet toe maar vir eers opsy skuif, ek is nou in die knyp! En hierdie het in elk geval na `n goeie, sout van die aarde jong boerseun gelyk, met `n 'jerry can' op sy bakkie se bak!
Die storie eindig met `n redelike anti-klimaks. Boerseun neem my vulstasie toe, dring aan om vir die petrol te betaal en wag geduldig vir die groen merrie om aan die gang te spoeg en te spatter. Geen name of telefoonnommer is uitgeruil nie... Sy ma het hom ook seker maar gewaarsku teen sluwe jong meisies daarbuite. Hy het my wel met `n handige wenk daar langs die pad gelaat; van daardie dag af het ek altyd met `n verkorte besemstok in die kar rondgery. Elke keer voor ek ry, dan steek ek die stok eers in die petroltenk, en besluit dan na gelang van waar die petrol op die stok `n merk gelaat het, of ek maar nog tienrandjies moet ingooi, of kan ek nog `n kans vat.
Ek weet nie of Panalla maar net `n swak vir die mansgeslag gehad het nie, en of sy eintlik net vir my `n man gesoek het nie. Ek wil al glo dat sy op soek was na `n man wat bereid ( en geduldig genoeg) sou wees om na haar gereelde skete om te sien. Eendag was ons twee in die dorp en met inkopies en biblioteekbesoek agter die rug, oppad terug huis toe. Nes ons uit ons parkeerplekkie uitvlieg, toe gaat staat sy mos nes `n steeks esel in al vier haar spore. Morsdood. `n Jongman sien toe gelukkig my penarie raak, en kom bied sy hulp aan - wat ek met `n rooierige gesig aanvaar. En nee, dis nie `n preutse, blosende rooi gesiggie nie, maar `n woedende, beskaamde rooi gesiggie. Hy gebied my toe terug agter die stuur in, en hy self neem stelling in agter Panalla se stewige ronde boudjies.
Noudat ek daaraan terugdink, het hy sommer maar vanself aangeneem dat ek weet van stoot-'start'. Ek neem hom ook nie kwalik nie. Doodtevrede met haarself, vat Panalla toe sommer met die eerste 'drop' van die 'clutch'. Ek bedank my soveelste ridder (dié een was onberede) vir sy hulp en klim toe saggies-dreigend terug agter die stuur in. Panalla purr-purrr doodgelukkig en haar ratte sing toe alte lekker soos wat ons die straat af jaag. Net daar en dan besluit ek dat ons tweetjies sou moes praat, dinge kan nie so aangaan nie. Ek is `n onafhanklike vrou, wat gedeeltelik my eie pot krap. Ek was besig om my derde jaar klaar te maak met die tema van "Put the feminine back into feminism" nogal en sy (Panalla) het my saak nie baie goed gedoen nie.
Dit was maar `n moeilike oorgang vir haar, maar sy het dit gedoen. Sy het nie weer sulke streke voor vreemdelinge uitgehaal nie. DIt het haar nie gekeer om soms nog bietjie aandag by my pa, of my boetie, of my ou te soek nie.
Op `n mooi wintersdag is ons toe weer strate toe. Ek weet nie of sy net kwaad was oor ek haar in so effense 'dodgy' straat geparkeer het nie, maar ek het net doodeenvoudig nie parkeergeld vir die winkelsentrum se parkering gehad nie. Soos wat ek na haar aangestap kom, sien ek net toe gloeiende groen water van onder haar pensie uitloop. Ek val op my knieë voor haar neer, loer onder haar rokkie in (baie onbetaamlik, ek weet, maar vir wat gaan staan en laat gaan sy sommer in die openbaar!?). Jip, die lemmetjiegroen water is beslis hare. Ek gaan sit sommer net daar op die sypaadjie, kop op my knieë en gaan aan't grens. Ek raak op `n stadium bewus van `n ander stel bene hier voor my, vrouebene. Die keer is my Samaritaan die eienaar van die Christelike koffiehuis reg oorkant die parkeerplek waar Panalla nou staan. Sy nooi my in, gee vir my `n koppie koffie op die huis en laat my my ou in Nigel bel om hulp. Van karre ken sy nie, maar van God en ware Christenskap wel. Sy laat my daar sit totdat hy uiteindelik opdaag met die nodige klampe en tange, bied ons altwee nog `n koppie koffie aan, wat ons heel ordentlik van die hand wys. Dis een van Panalla se dieper vloermoere gewees.
Haar 'episodes' het later beginne ooreenstem met my buie. Ek was `n kunsstudent, wat enige ou werkie gevat het om my studieskuld te kan afbetaal. Dit het beteken dat ek dikwels vir boelies gewerk het, en my hart was soms maar baie swaar oppad werk toe. Daar was die dag wat sy in die digte mis by `n groot kruising op die Paul Kruger-hoofweg weer net gaan vrek het. Weereens geen waarskuwingsliggies of klokkies of 'hazards' nie! Ek klim toe maar uit, en begin haar sypaadjie toe stoot vanuit die middelbaan! Ek het kliphard gebid dat die gewone kwartmyl-'tappets' my vandag sal genadig wees en nie te haastig in die digte mis sou wees nie. Ek het die sypaadjie veilig gehaal voordat die eerste kar eers om die slap draai gevlieg gekom het. Ek bel eerste my boelie baas by Foschini, en sy blaf iets wat klink soos "Maak `n plan!". Daarna bel ek my pa, wat nie kan kom help nie maar hy sou my oom stuur.
My arme oom is vreeslik stadig (oor hy so vreeslik deeglik is, maar dis `n storie vir `n ander keer). Hy het ook `n kort rukkie gelede in `n lamppaal op die hoofweg vasgery in die digte mis oor hy nie goed kon sien nie. Hy het dus simpatie met my saak gehad, maar hy was nou effe paranoïes oor in die mis ry. Ek moes maar wag tot hy vir die derde keer seker gemaak het dat hy al sy huisdeure gesluit het, en dat hy sy weg deur die mis gekruie het, voor ek enigsens kon verder ry. Die ergste van alles was, dat teen die tyd wat hy by aangekom het, het die mis al begin opklaar. Hy het daar aangekom, in Panalla geklim, die sleutel gedraai en ... Pffrrrrrrrrrrr!!!!! daar gaat sy asof sy nooit `n probleem in die wêreld gehad het nie.
`n Ander keer was ek oppad Boksburg se kant toe, sommer so deur Brakpan om die tolhek mis te ry. Nes ek toe moet begin stadiger ry om toe te gee vir die aansluitende verkeer, besef ek dat my remme weereens onklaar geraak het. Ek was nou al heel ge-oefen hiermee en ek gooi haar terug in `n laer rat, pluk haar stuurwieletjie na regs en woerts oor twee bane heen, reg om die hoek en in een gladde beweging bo-op die sypaadjie. Hier het ek haar finaal tot stilstand gebring met die handrem. Dit kos weereens `n oproep na my helleveeg baas en een na my Pa toe. Hy is self oppad werk toe, en los toe maar sommer sy werksbakkie daar vir my. Hy het vir Panalla so remloos huis toe gery, en met sy ander kar werk toe gegaan.
Hierdie was nog lank nie die einde van haar streke nie. Meer volg later...
coach outlet
coach outlet online
coach outlet
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach factory outlet
coach outlet
coach outlet store online
louis vuitton sale
louis vuitton outlet
coach factory outlet
coach factory online
coach factory outlet
coach factory outlet online
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach outlet
coach outlet store
coach outlet store online
coach bags
coach outlet store
coach outlet
coach outlet store online
hermes birkin
hermes bags
gucci uk
gucci uk sale
louis vuitton outlet
louis vuitton bags