Lorraine se plaag: Zimbabwe-bus vol vlieë
Ek is al opgespuit, maar niks help nie. My sinus-pille raak nou al duurder as die insektedoder.
Ek begin nou al paranoïes raak, staan netnou en spot 'n vlieg op 'n kussing op my bank. Gryp die koerant en slaan verwoed, maar vlieg sit en val nie eers af nie. Toe kom ek agter dis 'n kraletjie wat daar vasgewerk is.
My oge is ook nie meer goed nie, oudword is nie vir sissies nie!
So - as julle weet van raad, gee tog maar vir my.
natalie-dominique:
Oor weerijuffrou se voorgestelde N fly catcher raad:
Daardie ding is die Hotel California vir die vlieë - welcome to the hotel califlyia .....
Lorraine:
Dankie mens, ek sal aan jou dink in my testament (nie dat ek van plan is om nou iewers heen te gaan nie)!!!
Erna Jo:
Jy het al my simpatie. Ek het 'n tyd lank op 'n plaas gebly waar renperde afgerig word, en die vlieëe was 'n vreeslike plaag.
Ek het selfs begin dink ek bevind my midde-in Egipte en het links en regs Jode begin soek om huis toe te stuur. Niks wou help nie - nie eers twee vlieëvangers nie.
Toe vertel iemand my dat die Franse basiliekruid by hulle stalle in groot potte plant om vlieë weg te hou. Ek het nie geweet of dit 'n wolhaarstorie was nie, maar tog besluit om dit te probeer.
Ek het oral basilie geplant, 'n potjie op my vensterbank in die kombuis gehou, en gereeld die blare gekook en die aftreksel oral (soos gifdoder) gespuit - tot die honde het 'n skoot of twee gekry. Ek moet se dit het nogal gehelp, en ek het gehou daarvan omdat dit nie toksies is nie.
Ek gril my in 'n skuinste in vir hierdie spuitblikke insekdoder - ek wonder baie of ek nie eerste gaan doodgaan van al die spuitgif wat ons inasem nie.
'n Ander alternatief is om Steve te nooi om 'n draai deur jou huis te loop met daardie bloedgedoente op sy been. Ek is seker hy sal al die vlieë weglok.
Lorraine:
Daar het jy dit nou. Ek het basillie in die tuin - dis hoekom daar skielik nie 'n vlieg te sien is buitekant nie, die hele flippen vliegfamilie en skoonfamilie plak nou in my huis.
Gaan moreoggend vroeg 'n klomp basillie in 'n pot in my vensterbank sit. Hou julle swart klere reg vir massabegrafnis -ek is nou 'n reeksmoordenares in my eie huis!
EN OP ANDER BONUS-NOOT: SKINDERNUUS UIT DIE FORUM:
Lorraine:
So "by the way" ek en ou Steve se ma het saamgewerk in Bloemfontein. Toe was hy nog 'n jong laaitie en het hy sommer Saterdae op 'n krat by Pick & Pay of Hyperama in die ingangsportaal Neil Diamond se liedjies gesing. Hy het altyd daar ingedraf saam met sy groupies en dan het my baas ('n ouerige Jood) altyd gesug en gekla dat die meisies nooit in sy (my baas) tyd so min klere gedra het nie. My baas het geglo sy das was groter as die stukkies lappies van die meisiekinders.
Annie se kakkerlak-plaag:
... terwyl julle so baie raad het, kom val ek ook inni ry om die grilligste bruin gedoentes uit my huis uit te verwens.
Jare lank het ek boraks deur al my kaste gestrooi, oral en elke hoekie, en nooit 'n kakkerlak in my huis gehad nie -maar vir twee jaar al is hier geen boraks in die middel Vrystaat te vind nie, vra ek, trek die superwinkels se pakkers net hul skouers op.
Het het enige van julle ander raad, en weet iemand iets meer van boraks, hoekom dit nie meer te kry is nie?
Lorraine:
Annie, ek sal bietjie oog uitpak hierdie kant (dis nou die Kaap se kant) en uitvind van 'n raad of 'n daad vir jou dilemma. Sal sommer ook hoor van die boraks tekort.
Wie het altyd gespot en gepraat van kakkerlakke as Gauteng Prawns? Of sit ek nou alweer die pot mis?
Dalk moet jy hulle uitvoer na die Ooste, is hulle nie lief vir kakkerlakke nie as 'n snêkkie nie?
Piet Magriet:
Ek dink dit is dalk net die Durbankakkerlakke wat 'n groot genoeg hap sal wees.
Die Gauteng Prawns is krieke? Dalk sit ek ook die pot mis. (Soos gewoonlik)
Meraai vannie baai:
So van peste en plae gepraat: Wat het die Kaapse kakkerlak gedoen dat hy nou in Gauteng woon?
Hy het die *Groot Trek in reverse aangepak toe hy hoor daar is uit Gatkantland 'n vrag boraks oppad Kaap se kant toe!
*met apologie
Piet Magriet:
Solank jy net nie vir die vliege (of is dit sitte) omverskoning vra nie Meraai.
... is heeltemal reg. Ek is mos hier in Milnerton en die flippen goed is so klewerig soos 'n lastige ou man wat dink dit is sy laaste kans.
Meraai vannie baai: Skindernuus
Nee nee ... die apologie is aan Kabousie en die man met wie hy so lekker gesels het op 'n ander plek ... 007 die woorddief.
Lorraine:
My dag is sommer goudgeel van al julle sê goed. Baie beter as depressie-resessie-medisyne!!!
Meraai vannie baai:
Ek hendsop ... opgekreukel van die lag ... al my polivilla af ... en nou staan Outop blinkoog en wag diekant. En die uwe lyk soos 'n Kaapse kokkerot tussen Borak en Gemorra!
Piet Magriet:
As Outop nog blinkook kyk lyk jy nie te sleg sonder jou polivilla nie. Maar dit is Gauteng kokkerotte, die Kaapse kokkerotte is tussen suiker, sout en cremora.
