Pret met intensiewe vorme van: Blou

Woord in Engels: 
Met dank aan al die skrywers wat bydrae tot hierdie kreatiewe afdeling.
Verwysing: 
Druk asb. op die 'read more' skakel.

Aangedra en afgestof deur Meraai vannie baai:
* asblou

* appelblou

* asurietblou

* bleekblou

* blouselblou

* bruinblou

* bremerblou

* bloublou

* diepblou

* delftsblou

* donkerblou

* flamblou

* groenblou

* hemelblou

* hemelsblou

* indigoblou

* koningsblou

* koringblou

* kobaltblou

* ligblou

* loodblou

* marineblou

* mineraalblou

* nylblou

* opaalblou

* potblou

* pruisiesblou

* purperblou

* saksiesblou

* saffierblou

* smaltblou

* swartblou

* staalblou

* terrasblou

* turkooisblou

* vaalblou

* verbleikblou

* violetblou

kaalvoet-kind:
* aapblou

* babablou

* hartseerblou

* koudblou

* bibberblou

* ylblou

* poublou

* poeierblou

* grysblou

* hartseerblou

Piet Magriet:
*bondblou

*pimpel-en-pers-blou

Sandkorrel:
* diepseeblou

* ysblou

Jo'e-Lo:
* bitterblou (Nou die dag toe die Blou bulle verloor het, toe sien ek so om my op Loftus net bitterblou ... )

Jan Anderland:
*Effenblou - In Gatkantland sal die Afrikaners die Ausie manier aangeleer het en skryf: Effenblou of:

* Flippenblou

Vossie:
* vuishoublou - kortom moerblou

Len Kriel:
*komkommerblou

* efferblou

* baksteenblou

Mel:
* dillanblou (My seuntjie het die ONGELOOFLIKSTE paar blou ogies)

Annie:
* irisblou (ek het die mooiste ligblou irisse in my tuin ... een van 13 kleure)

Antjie:
* Verslae-blou

* Voetsool-blou

* Geparsde-blou

* Snewelblou

* Horingblou

* Bulblou

* HOOPVOL-BLOU? (Na aanleiding van die afwagting op die 28ste Oktober!)

* Grafsteen-blou

* Week-van-rou-blou

* Horingloos-blou

Len Kriel:
*Siende dat die Blou ook die rugby betrek het het ek besluit om die volgende te doen met 'n Watson twist. Vir al die Blou bul ondersteuners.

Surf en turf
Bulletjie bul van blou bul land
Surf by die see op branderplank
Verby swem ‘n shark
Hy wou amper braak
Maar trek liewers net elke tand

*Flou-blou (na die eintelling!)

bertha badprop:
*WAG: Daar is 'n nuwe blou - dis blou met 'n oorweldigende skakering van osbloed-rooi ons noem dit rou-blou