Wonder julle ook soms wat vang onse Luisie so tussen die gesoek na skilfers alles aan? 007 het sy ABC spore gevolg op die woordbesem:
Lepinotus Patruelis:
Geselsskap is maar skaars en enige lewende siel wat verbydwaal, gee hoop.
Hier in Sodom en Gamorra beweer die gesondheidsowerhede mos alles wat lekker is is onwettig. Pretbederwers
Die bonus: Met so baie kussings in een kamer saam, sal daar darem maar 'n hele klompie vars, njammies, klammerige skilfers ook wees. Feesmaal!
LUIS SE HUMORSIN HET DIE WOORDMANDJIE BOEPPENS LAAT SMAAIL:
Die verskil tussen 'n rekenaar en 'n neukenaar? Bloot die spelling.
Laaitie trap in 'n beesbol. Die geur versprei deur sy tone. Ewe korrek seg die mannetjie mos nadat hy die saak heel wetenskaplik beskou het: Wat gister 'n grassie was, is nou my plakkie...
EN SY LIEFDE VIR ONS FORUMMAMMA HET HULLE PLEKKIE IN (VERSKUILDE) VERSE OOPGETRAP TOT BINNE IN DIE MANDJIE:
Dis nou een ding van PM.
Sy ken omtrent al haar maatjies se geraamtes,
grafte en toegegooide doefpoefputte,
en het selfs al enkeles van hulle
se kriminele rekords
onder oë gehad.
Maar steeds kies sy
om ten spyte daarvan,
die enkele miligram
wat dalk tog goed mag wees,
raak te sien en as motivering
vir haar keuse te gebruik.
PM skrik nie vir slange en honde nie.
Alle diere is lief vir haar.
Tuinvoëljies, meerkatte, tsongolollos,
worshonde, spoegspesies en luise.
Honde en slange sal haar nie skade aandoen
as sy by Y se werf insluip nie.
Eerder haar storm en meëding
oor wie haar die eerste drukkie kan gee
*********************
Pssssst ... staan nader vir nog 'n bietjie skindernuus uit die forumgange. Wie weet hoekom was mevrou varkie een oggend laat? Loer wat gaan aan agter die swaai deure
Lorraine:
Dis hoekom ek so laat is, moes eers my haai hiels soek.
En na die derde glasie rooikoeldrank begin sy 'opstaan' vir haarself:
Julle kan nou maar ophou lelik praat van varke, hoor!!!! Ek het ook 'n binneste.
Wil
net
vir
julle
se
I IS BACK!!!!!!!!!
Staan 007 agter in die kroeg se hoekie met die pen en papier om die goedbedoelde raad teen gewete wat jou ry, so uit 'n snoet vir julle te steel
... jy moet Tippex-wyn probeer drink want die volgende dag het jy alles vergeet en onthou jy bôggerol!
Toe gesels die twee oor diep sake en ek spits my ore:
Ons is geleer (en so het ek my kuikens geleer) is nie WAT jy sê nie, dis HOE jy dit sê. My skoonsus spot altyd en sê ek het die gawe om iemand op 'n mooi manier hel toe te stuur en net buite Bloemfontein begin hy al uitsien daarna.
Almal weet hoe bang 007 vir sonne en die hel is, toe wil ek stil-stil verdwyn terwyl die laaste gesteelde woorde uit die mandjie vir my koggel:
*ek ken modder en ek ken moeilikgeit . . . en hierdie is nie modder nie.
*Het jy al gesien hoe gooi ek hierdie brose lyfie van my links??? Is nie 'n mooi gaseg nie!!!
Woordoes Deel (3): Wat sê Piet Magriet ons forummamma?
Ek is nie 'n snob nie, maar ek is ook nie 'n gomgat nie.
Erkenning is ook maar net deel van 'n gesonde samelewing.
Ek sou tog wat wou gee om iets werd te wees toe ek nog 'n snotneus was!
Ek is nou nie 'n ou wat 'n klomp cokedoppies op my lapel wil vassteek, soos Idi Amin nie!
As ek gesuie raak wil ek net almal liefie en dan vra ek baie gou mooi askuus tog asseblief!
Ek laat my nie twee keer nooi vir 'n ou doppietjie nie!
Ek het my hogere hakskoene aangetrek dat die ou enkeltjie darem nie te kort val nie!
Ek het vyf kilo's opgetel hierdie vakansietyd! Erg, my plooie is skoon skaam!
Ek voel soos 'n sersant majoor wat op die ouens staan en skrou!!!!! Ek hou niks daarvan nie!
My gewete hou my uit die slaap uit Miss Piggy, die drank wil nie meer werk nie!
Die reën speel tjopsticks op die dak
Vanaand slaap ons tien soorte nagmerries uit hul skuiltes uit!
Ek wil nou nie dwars wees nie, maar vir my begin die hemel net daar waar die aarde ophou. Onder ons voete!
Jy sal verbaas wees hoe vinnig die "tyd in 'n jet ry" op ons ouderdom.
Ek wil nou nie soos 'n nat koeksister klink nie
wie loer kry niks, wie gryp kry alles!
Draai haar arm! Net nie af nie hoor!
Ek het nogal so 'n gevoel aan my gewasse dat ek dalk 'n ding daar beet kan hê!
Totale eensaamheid is wanneer ek daardie "Show uread posts since last visit" druk en daar is niks!
- van kuifie na ken -
dan is ek ook baie oulik.
Moenie ongelyk gan nie
- van ken na kuifie -
dan gan jy nie van my hou nie.

Do you know if the Louis
Do you know if the Louis Vuitton Outlet Store is real one ?Do their items come from louis vuitton company ? I never have a louis vuitton product because they are so expensive ,but i want to have one now ,cuz the items from Louis Vuitton Outlet are so cheap that i can afford it.