Stryk jy nog jou klere in 2009
- Amanda Kaltwasser se blog
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
Ek het al lankal opgehou met die stryk-ding. Om iets te stryk en dit dan aan te trek om weer te kreukel is nie meer vir my fresh nie! Natuurlik is daar die uitsondering soos wanneer iemand ingespit gaan word of trou of so iets. Stryk is uit dink ek.
Die voordele is nogal baie as jy nie meer stryk nie. 'n Nat t-shirt word sommer aan 'n hanger op die wasgoedlyn gehang en vandaar direk in die kas gehang - baie minder arbeidsintensief. Verder hoef jy nooit 'n strykyster in en uit 'n pakplek te haal nie of te sukkel om die strykplank staan te maak agter 'n deur of iets of op sy pote nie - so minder drama en meer plek in die huis.
Kan 'n mens die verskil sien tussen 'n jean en t-shirt wat nie gestryk was en 'n jean en t-shirt wat na die stryk opgekreukel het in die kar of deur die verloop van die dag?




"Swaarkry met lekkerkry klaarkry."
Ja ek stem ek stryk nie, verpes dit, dis tyd mors daar is baie lekker goed om te doen in die lewe as ek nog allemoet stryk...nog erger soos die oumense selfs die onderklere...bly van my dag vir lekker dinge niks tyd meer oor nie...
Hang alles goed op en na 2 minute se dra lyk dit ook nie anders as goed waaraan ure gestryk word nie...en dit hou langer!
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
Ingestuur deur Sella on Don, 25/02/2010 - 11:19.Nee. Ons spaar krag - dus stryk mens net UNIFORMS (SKOOL, WEERMAG ENS). Maar gewone dra-klere : daar is nie 'n MANIER nie. Hoekom energie mors (krag en eie krag!) op iets wat nou-nou tog weer vol plooie en kreukels gaan wees...
Maar dit laat my nou dink - as mens nou so raak, dan kan ons mos heelwat ander dinge ook maar biki los. Soos bv. TUINWERK. Hoekom die gras sny as dit tog oormore weer lank gaan wees, hoekom bossies uittrek as dit oor 'n week weer geil in die groei gaan staan? Hoekom eet as ek nou nou weer gaan honger wees? Hê-hê. Grappie hoor.
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
Ingestuur deur KARIN on Maan, 17/08/2009 - 14:55.Klere stryk? Hoe sou jy voel as iemand jou met 'n warm stuk staal bykom net omdat jy begin plooitjies kry? Jou klere is daar vir jou elke dag. Lojaal en op aanvraag beskikbaar. En dan wil jy dit nog brand met 'n vuurwarm martelyster? Watter soort dankbaarheid is dit?
As Lepi klere ophang op die hang terwyl dit nog klam is, stryk die son dit mos self. En die plooitjie of sewe wat oorbly, het sover ek weet niemand nog skade berokken nie.
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
Ingestuur deur Lepinotus Patruelis on Maan, 12/10/2009 - 15:56.