Suid Afrika in 2009: deur Robelle

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel om alles te lees.
Verwysing: 
Kniebuig dank vir toestemming verleen om jou 'gegriefde verse' uit te stal Robelle.

Robelle: Sonde met die bure
In die naam van kultuur
moet ek baie verduur
dis doef ... doef ... musiek van vroeg tot laat
om te baklei daaroor sal my niks baat

Dis my bure waarvan ek praat
dan kom sê die kind ewe kordaat
“My father is a CEO”
“and we have lots of money, you know”?

Vriende kom kuier en hulle remoer
want hulle word met 'n taxi vervoer
hulle stop sommer reg voor jou hek
en boeta, rek net jou bek!!

Hulle slag 'n bees sommer in die erf
en almal sing en dans op die werf
later verskuif die 'party' tot in die straat
hulle sê dis o.k.,want hulle werk vir die staat

Volgende dag is die straat vol rommel
ek tel dit maar op, arme drommel
hoeveel moet ek nou nog verduur...
in die naam van.........kultuur?
©

Robelle: Gatvol ... vir taxi's
gatvol van al die gejaag...
wil my stres level verlaag
dan klim ek in my kar en ry
'n taxi drywer wys middelvinger vir my

O! ek kan my so vervies!
Skop hom sommer in sy lies!
want hulle gee nie om
draai voor jou in, al sien hulle jou kom

die passasiers is ook onbeskof
gooi bottels uit dat dit ontplof!
En jy moet maar net koes
ek sê jou, op die paaie gaan dit woes!

Nou die dag, net duskant die kerk
ek was oppad na my werk
stop hy voor my om mense af te laai
ek moes skoon van die pad af draai!

En toe ek vir hom toeter blaas
maak almal binne-in 'n helse geraas
wat kan jy doen? Jy moet maar ry
en probeer om taxi's te vermy!
©