“Ek wil hê julle moet vir my ʼn monster teken,” juffrou Erasmus kyk met groot oë na haar graad 5 klas, “maar nie sommer enige monster nie. Hierdie monster moet gemaak word uit verskillende dele van ander diere en enige iets anders wat julle aan kan dink. Gebruik julle verbeelding!”
Die graad vyfies kyk met groot oë na hulle juffrou. Juffrou het uiteindelik na my idee geluister wat ek aan die begin van die jaar in die idees-boks gegooi het, jipee! Eugene is ʼn oulike, slim en baie eiewyse seunskind. Hy het wilde swart hare soos sy pa...jy weet voordat hy grys geword het, sy ogies kan enige grootmens se hart laat vermurwe. Eugene is baie lief daarvoor om te teken, vandat hy kan onthou teken hy al. Sy pa het vir hom sy eerste vetkryte op 3 jarige ouderdom gegee. Kort daarna moes hy uitvind dat hy nie op die eetkamer muur mag teken nie, sy ma was bietjie kwaad, maar net vir ʼn rukkie. Sy pa het vir sy klein kunstenaartjie ʼn foto raam uitmekaar gehaal en daardie prentjie geraam, net daar op die muur. Hy het nou nog daardie raam met ʼn foto van die prentjie wat hy destyds geteken het. Vandag is sy kans om vir sy juffrou te wys dat hy nie net mooi kan teken nie, maar ook dat hy kreatief kan dink.
Literatuur
Crayola washables ook vir my seun Geskryf deur Meisiekind
- Marelize Swanepoel se blog
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
- Read more
Op soek na 'n boek
As kind het ek op die plaas van my grootouers 'n rympie gelees wat in 'n boek van verhale verskyn het.
Die boek het verlore geraak toe hulle afgetree het en nou soek hom.
- frikjan se blog
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
- Read more
Piet Promises
(in memoriam: Piet Koornhof)
bakore
varkore
en for some of us
die promises.
Is Piet mos reguit hel toe
om die duiwel te 'convince'
dat die Hansard
erg 'confuse' is
en hy per definisie:
Die Internet
reality se moer
los al jou pyne
los al jou smart,
kom na die internet
kom breek nog 'n hart.
gister was jy 'n scientist
vandag is ek 'n barrister
hang af hoe jou mind is china.
Onskuld Verlore?
Ek is besig om bietjie deur kinderrympies te lees en ook kinderstories, vir die doel om 'n parodie te skryf en hopenlik nog 'n pantomime en as my muse nice is sommer 'n lekker lang lawwe gedig ook.



