Titelverhale

Woord in Engels: 
Met spesiale dank aan Mel vir die voorstel van hierdie spanpoging onder die forum-skrywers.
Verwysing: 
Met dank aan al die skrywers wat bydrae tot hierdie kreatiewe skryf-afdeling in ons boekie van woorde.

TITELVERHAAL 1: Die roosboom langsaan.
Lorraine se weergawe:

Vanoggend het ek vlinders in my maag. Ek is opgewonde. Dis Valentynsdag en toe ek die deur oopmaak, lê daar twaalf rose op die voordeurmatjie. Ek bloos, al kan niemand my sien nie. Gelukkig is my man weg op ‘n sakebesoek. Ek weet van wie dit kom. Buurman. Uit sy tuin, van die roosboom langsaan. Ek wonder net hoe het hy dit reggekry dat sy vrou dit nie sien nie. Op die kaartjie staan, “wag vanaand vir my sms!”

Vir die afgelope vyf maande het ons ‘n vuurwarm verhouding. So warm soos die rooi van die rose. Met my man wat meer oorsee is as by die huis, hou buurman my nogal besig. En sy vrou is salig onbewus van alles. Ek en buurman se verhouding het juis begin oor ek sy roosboom so bewonder het. Geleidelik het komplimente oorgegaan na flirtasie en voor ons ons kon kry, ‘n warmbloedige buite-egtelike verhouding.

Buurman het belowe vanaand is dit ons aand. Ek trek dus net ‘n deurskynende nagrokkie aan. Sy vrou moet ‘n siek vriendin besoek en alles is veilig vir ons ontmoeting. Hier teen sewe-uur kry ek ‘n sms. “Volg die roosblare!” Ek maak die voordeur oop, my hart maak bokspringe. In ‘n mooi paadjie gestrooi lê rooi roosblare, lei dit na buurman se erf. My hart klop in my keel. Buurman is besig om met vuur te speel. Maar my nuuskierigheid kry die oorhand. Ek loop saggies, sien buurvrou se motor is weg.

Die roospaadjie lei na die roosboom langsaan. Dit is doodstil en my hart klop in my keel. My lyf bewe van opgewondenheid. Dis donker en ek ruik die soet van die roosblare. Meteens trek die wolke voor die maan weg. Skielik spring iemand agter die roosboom uit. Ek skrik. Net toe ek vir buurman wil glimlag, sien ek dit is sy vrou – haar oë verwilderd met ‘n lang bebloede mes in haar een hand en in die ander hand ‘n bos rooi rose van buurman se roosboom . . . . .
©

Mel se weergawe:

Die (nog steeds) vreemde oê staar ondeurdringend terug na my vanuit die gekraakte spieel. Ek raak huiwerig aan die (nog steeds) onbekende neus en my vingers gly stadig om die (nog steeds) ongewone mondhoeke. Vandag is my plastiekgesig se tiende verjaarsdag.

Tien jaar terug het die eerste seisoen skommelmaai tussen ons vier mure begin. Ek het my eggenoot Dawid se trouring al deur geruime jaartalle gedra. Die wisselval tussen ons harte het ons verhouding baie geskaad maar die gom wat ons aangewend het, het ons tenminste bymekaar gehou. Ek was regtig lief vir hom en alhoewel ons mekaar se sienings nooit puberteit kon toelaat nie was hy die enigste man vir my. Maar erens op sy hartskaart was my sielsbestemming nie genoeg vir hom nie. Toe die herfsblare daardie jaar ons erf onbeskaamd bevlek het, het ek die ontrou in sy lyfshouding begin waarneem. Daar was iemand anders in sy lewe en met die begin van die sonskyn na die winter het sy tas en egskeidingsbevel reeds by die voordeur gewag. Dit is toe die geskende hartsog my wese oorneem en die ontwaking van 'n outomaton in my wese plaasvind.

Ek trek die gordyne so effens weg en staar afgetrokke na die huis langsaan. Al is ek die nuwe intrekker het die buurt se skinderstories reeds my ore bereik. Blykbaar was my bure angstig met die koop van die eiendom so nege jaar terug. Wel, dit is te verstane as jy in ag neem dat daar 'n gruwelike moord plaasgevind het net so maand voor die tyd. Wat die saak meer hoendervleis gee, is die feit dat geen lyk gevind kon word nie. Die outoriteite het wel bevestig dat dit die man se bloed was, wat in die hoofslaapkamer gevind is en natuurlik was sy vrou die hoofverdagte nadat dit aan die lig gekom het dat hy 'n skelm verhouding gehad het. Maar tot en met die hede is sy steeds op vrye voet nadat sy stewige bankbalans ook geledig was. Wat van sy lyk geword het, het mense steeds aan die wonder…

My oê hardloop natuurlik na die verlate roosboom op die hoek van my bure se erf. En erens in my binneste knik ek 'n gelukwensing in daardie rigting…Dit is net ek wat weet dat die roosboom langsaan ook tien jaar oud is.
©

Trapsoetjie se weergawe:

In ‘n verwaarlose tuin met gras wat tot by die kniee kom. In die verte staan ‘n klein boompie wat lyk of hy dood is. Van nader is daar ‘n bloed rooi rosie besig om te vorm.

Ons het so ‘n paar jaar terug ingetrek en ek het vir Pieter toe ontmoet. Hy het altyd vir my geglimlag oor die heining.

Verlede jaar het alles so mooi gelyk, Pieter was altyd voor in die tuin. Besig met skoon maak en werk. Ons het goeie vriende geword. Alles saam begin doen. Ek was nog altyd baie nuuskierig en Pieter het altyd vir my spookstories vertel.

Daardie dag, ses maande terug, moes ek eerder huistoe gegaan het. Hy het my weer vertel van die huis op die koppie wat die mooiste rose gehad het, en dat hy vreeslik graag een sou wou plant in sy tuin. Hy het ook weer my probeer bang praat. Vir my gesê dat niemand nog ooit lewendig uit daardie huis gekom het nie. Ek het toe daar en dan besluit vir Pieter sou ek ‘n roos boom kry.

Vroeg aand by die huis op die koppie aangekom, alles het so aardig en slordig gelyk, maar die rose was pragtig tussen al die droë blare. Aan die voordeur geklop – dit het net oop geswaai. Hier het my nuuskierigheid oorgevat en my bangheid huistoe geloop. Binne was dit nie veel beter as buite nie, stof, spinnerakke en die muf reuk wat swaar hang. Soos ek verder loop op soek na iemand om toestemming te vra vir ‘n boompie vir my Pieter het ek begin voel ek word dop gehou. By ‘n groot ysterdeur ingeloop, te laat agtergekom dit was ‘n fout, die deur het agter my toegeslaan. Dis donker en ek hoor voetstappe. ‘n Hand wat styf om my arm gaan, dit maak seer, ruk my van my voete af. Na wat soos ‘n ewigheid voel beland ek op ‘n tafel wat koud voel. Ek is vas gemaak. Hoekom? Wat wil hulle hê? Ek wou net vir ‘n boompie vra?

Pieter het agterdogtig geraak toe ek nie die volgende oggend soos gewoonlik op sy stoep sit en wag vir hom om op te staan nie. Hy het my begin soek. Na ‘n ruk het hy onthou van die storie wat hy my vertel het van die roos bome by die huis op die koppie. Pieter het dadelik geweet ek het soontoe gegaan.

Die reuk van Ether hanglaag. Ek hoor die geraas van yster op metaal. Ek dink aan my liewe Pieter. Gaan ek hom weer sien. As ek maar net huistoe gegaan het. Trane loop stil langs my wange af. Ek is te bang om ‘n geluid te maak. ‘n Pyn skiet deur my arm, ek gil so hard, dat die een om val van skrik.

Pieter het in geloop en begin soek, stil want hy hoor geluide. Skielik is daar ‘n doodsangs gil in die lug en hy weet dis ek. Sonder om verder te dink hardloop hy reguit na die geraas, ruk die deur oop en die reuk van Ether vang hom so onverwags dat hy begin stik. In die vertrek sien hy my op die tafel lê, strompel vorentoe en begin my los maak. Pieter het nie gesien dat die man wat my arm begin sny het ook nog hier was nie. Hy het op die grond gesit toe Pieter in storm. Daar was ‘n harde slag en ‘n geskree en gestamp. Pieter wat vir my skree om uit te gaan en hulp te kry. Ek wou nie. Pieter skree weer ek moet weg hardloop. My voete het begin, ek moes my arm vas hou, ek is daar uit.

Dis waar wat Pieter gesê het, niemand was nog ooit lewend gesien na hulle by die huis in gaan nie. Ek het terug gegaan om vir hom ‘n roos boom te kry. Ek het dit vir hom geplant in sy tuin. Die tuin waar niks meer mooi is nie. Net die roosboom langsaan.
©

Naas se weergawe:

En toe kom die ryp.
Dit was die groot ryp van 1914. Alles vrekgeryp.
Maar laat ek voor begin.
Ek staan nou al vyf en dertig jaar hier in die tuin. Hier geplant deur Annie met die sagte hande. Ek was destyds nog net ‘n loot maar sy het my met liefde en groeipoeier in die grond gesit. Elke dag water gegee.
Nie lank nie of my wortels het die vrugbare grond binne gedring en ‘n vaste anker gevorm.
Annie het elke dag ure lank rondom my in die tuin gewerk en met my gepraat asof ek haar eie kind is. Ek het gevoel ek is net daar om haar te plesier en as haar sagte hande my blare streel was dit asof ek meer regop staan.
Die ander plante rondom my was net so lief vir Annie.
Elke jaar het sy wat Annie is die wilde lote wat uit my stam groei met liefde en ‘n skerp sker afgesny en in ruil het ek vir haar geblom. Die diepste rooi rose. Twaalf op ‘n slag.
Sy was so dankbaar en het my vertel van die rose wat sy eenkeer van ‘n goeie vriend af gekry het.
Twaalf Bloedrooi Rose. Nes joune. Het sy gese terwyl daar dou op haar ooglede vorm.
Hy was so ‘n opregte jong man.
Terwyl Annie my blare saggies liefkoos vertel sy hoe hy haar sy Roosknoppie genoem het terwyl hulle saans gewandel het deur die dorp se lanings. Haar hand in syne.
Sy is egter vandag alleen.
Haar hande raak stil tussen my blare.
Sy onthou nog, vertel sy, daardie aand in 1914 toe sy op die stoep uitloop en sien hoe haar jong man met die buurman se dogter onder die treurwilger sit. Daardie knip van die stomp snoeisker toe sy naderloop en hoor hoe hy haar om haar hand vra.
Dit was 1914.
Haar hart het doodgeryp terwyl die roosboom langsaan in volle blom staan.
©

Meraai vannie baai:
(Soos vertel deur Meraai en geskryf deur Mien.)

"Wat maak jy?"
"Ek skryf ..."
"O!"
"Waaroor?"
"As ek titel gehad het, sou ek jou kon vertel!"
"O!"

Mien lek haar potlood nat ... druk hom agter haar oor in en loer bo-oor die knypbrilletjie van oorle Hans vir my.

"Wat vir 'n ding is plagiaat Meraai?"
"Sonde vrou. SONDE!"

Nou eggo sy die "O" en haar gesig laat my giggelend die skryfblok nadertrek waarop haar ronde griffelskrif reeds 'n paar lyne omgeploeg het. "Leen my gou jou bril ..."

Daar het 'n roosboompie vlak teen die draad gestaan
en eendag kom daar langes 'n kar sonder dak verby,
plek vir 'n swaar vrag, die was nie daar;
net genog vir 'n G-string van sy.

"Jy het mos, roosboompie,
verlep en amper gevrek;
toe ek anderdag 'n Vaaltynrosie
van jou nader wou trek.

En daarom gaan ek jou glad nie meer
verder in my storie vermeld;
wou mos met jou dorings keer
en steek, soos 'n dêm speld!"

Toe druk die man agter die stuur
die remote se knoppie
en die kar sonder sy dakkie,
verdwyn, agter die veiligheidsmuur.

Ek gee oorle Hans se bril vir Mien terug. "Nie sleg nie ... glad nie sleg nie! Kan sien hoekom wil jy weet wat is plagiaat. Maar vertel my asseblief tog net: wat het jou besiel om die goed te skryf?"

"Deur die gordyn vir Outop dopgehou toe hy 'n roos van die bure se boom langsaan wou steel op Vaaltyn's dag!"

My oog vang die laaste woorde:

- fluit fluit my storie is uit -
©

TITELVERHAAL 2: My duisend kilometers na iewers

Juenka se weergawe:

Sy stoot die bottel Jack voor haar weg. Asof die laaste bietjie haar oor die edge gaan plaas waaraan sy so gemaklik hang. Dit is al na twee in die oggend. Die huis is stil. Dodelik stil. Sy trek die laaste tabak uit haar sigaret uit en maak dit dood in die bietjie whisky wat nog in haar glas dryf.

Na twee mis vatte kry sy die muis in haar hand. Die beweging gee haar rekenaar skerm lewe en verlig die kamer. Die skerp lig brand haar oë en laat haar fokus verloor. Nou pas haar visie by haar lewe. Geheel en al uit fokus uit. Die geduldige leë bladsy met die alleen beweging van die klein vertikale strepie wag vir haar. Vier ure se wag vanaf sy geboorte. Sy kyk na haar hande terwyl sy hulle versigtig op die keybord plaas. Haar regter wysvinger en middel vinger is kerrie geel bevlek met haar kanker sondes. Sy sluk maar daar is niks om te sluk nie behalwe die bitter smaak van haar gal tong. Sy lug haar vingers net ‘n paar millimeters van die asdf jkl; af op. Sy forseer haar longe vol bedompige lug en met die uitblaas begin sy tik. Net drie woorde.

By haar voordeur tel sy haar rugsak op en gooi dit oor haar skouers. Sy draai vir ‘n laaste keer om en kyk terug na die chaos agter haar. Daar is net soveel wat sy kan gee. Sy hoort iewers, iewers anders as hier. Moontlik duisende kilometers ver. Soos wat sy in die straat afstap kan sy voel dat die oggend lug koud is maar verfrissend. Hernuwend.

Op die skerm in die bedompige kamer wat soos whisky en rook reik staan haar laaste woord.

F@k julle almal.
©

bertha badprop se weergawe:

Sy stap by die kroeg in. Leather pants, enkel boots en stywe bloes. Die V voor by haar bloes steek net-net die heuwels van genot weg. Met haar donkerbril, bandanna om die kop en Kawasaki pispot in haar hand, is sy ‘n bikergirl from hel. Met vaste tred stap sy tot voor die kroegtoonbank. Haar stem is musky, vloei soos whiskey oor gladde fluweel.

“Barman, maak dit ‘n double J&B on the rocks.”

Jim ken die kyk in haar oë. Dis weer tyd om pad te vat. Haar helmet, bril en beursie lê vergete langs haar, haar heuning oë dwaal lusteloos op soek na inspirasie.
“Comin’ up, honey,” antwoord hy soos altyd.

Sy’s ‘n regular hier. Soms raak sy weg vir maande maar haar pad huis toe ken sy goed want soos ‘n lang verwagte reënbui sak sy toe op Sundowners Pub and Grub en bestel haar J&B. Haar favourite gesegde is dat sy haar mans like soos haar whiskey: hard, calculating and refreshing. Hoe sy dit bepaal weet nugter alleen.
Jim stap nader aan haar en plaas haar drankie voor haar.
“Waarheen nou?”
“Tsk, wat laat jou dink…” begin sy, maar eintlik praat sy teen haar beterwete. Sy sug saggies.
“Daar’s ‘n bee iewers. Jy weet, dit krap en steek tot ek pad vat. Ek weet nie, ek moet iewers heen, maar my bike moet my lei.”
Haar stem en haar look skrei ten hemele. Jim vermoed dat sy nie altyd so hardup angry chick was nie. Maar die trek om haar mond sê genoeg. Niemand sal haar vra oor hoekom sy is soos sy is nie. Selfs die mans loop lig vir haar. It’s all about attitude, Jim weet dit goed, maar te veel van ‘n goeie ding maak gewone mense bang.

Haar oë dwaal weer doelloos deur die kroeg. Dieselfde crowd, dieselfde vibe, dieselfde verwyte en spot. Dis tyd vir ‘n change. ‘n Welcome change, nie ‘n dooie groet nie.

Sy slaan haar derde dop by haar keelgat af, voel hoe die vog haar van binne verwarm en wens vir ‘n tweede kans. Dis te laat. Dis altyd te laat. Sy staan op, kry haar beursie, bril en helmet en stap by die kroeg uit. Sy waai nie meer nie, groet nie eers nie. Die konsertina deure waai ‘n laaste wuif maar Jim weet sy sal terug kom. Sy kom altyd terug al is dit nie altyd na hom toe nie.
©

Jacksonville Jaguars Jerseys

Jacksonville Jaguars Jerseys are searhing for diversity and also a style layout, the Kansas City Chiefs Jerseys could be the next most convenient thing a strong main. The vast majority of gift item givers can be You might having get reduce the neck and throat ma price conscious such as the choose to forfeit style as well as good quality. As a result Tiffany bracelet are most favored across the world an ideal gift item. This can be a truthfulness that the family member definitely will many thanks for keepsake, since of course the reason If you are usually curious as to that tiffany appe you may be delivering any reward would be to get their happy.Featuring a professional quality New England Patriots Jerseys and unique versions, it is often a good speculate the simplest way they can be so cost-effective. Always keep Miami Dolphins Jerseys planned any time searching for a Tiffany arena, that If you happen to be interested in learning all of image and also label are definitely more products that you are buying versus the supplement once more. Diamond rings This is the finished job low cost,but they are equ with similar purity and quality of those who are in Minnesota Vikings Jerseys are listed in other regions.