Toebroodjie-gedig-struktuur

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel om die voorgeskrewe riglyne en nog skrywers se voorbeelde te lees.
Verwysing: 
Meraai se Afrikaanse weergawe van die 'sandwich poetry' met aangepasde riglyne.

Voorgestelde riglyne en struktuur:
Gewoonlik in kwartet vorm geskryf vertoon die gedig soos 'n toebroodjie met lae waarvan die eerste en laaste reëls (jou brood) om en by dieselfde lengte is.

Die twee middelste reëls is die vulsel en hulle moet ook weer naastenby ewe lank vertoon.

Rymvorm is ABBA en met hierdie Afrikaanse weergawe is daar geen lettergreep-telling nie, slegs die visuele toebroodjie voorkoms.

*Variasie met meer lae/vulsels word in die titel aangedui: Toebroodjie gedig met vyf/ses lae ens. En al die vulsel-reëls sal dan rym.

Meraai vannie baai

Tussen ons lewens-lae;
verseelde liefde
tonne vreugde,
en onthou-jy-nog-dae.
©

***

Jou liefde was die prop
om die leemte-gat
in my lewens-vat
volmaak, toe te stop
©

***

Daar is tussen jou en my
~geen mure~
~toe deure~
om 'n skeiding te vermy
©

***

SueEe:
Meraai, hierdie toebroodjie is spesiaal vir jou!

Ek het net hierdie toebroodjie
met my gedagtes gevul
dik gesmeer, drome onthul
spesiaal ‘’n woordebroodjie
©

As ek maar net sou kon
- liefde besin
sou haat oorwin
Helder lewe in son

Herfs laat val nou haar rooigoud blare
so moeg vol gedra
winter het gevra;
Mens, laat val jou silwergrys hare
©

*Die volgende gedig kan by die woesblad besigtig word waar die Ya'acov se kreatiewe 'tuisgebakte-boerbrood-lyne' baie mooi gesien kan word. Ongelukkig wys ons Woordeboek se kosblik-formaat nie altyd die skeppers se kreatiewe formaat korrek nie.

http://www.woesblog.com/forum/index.php?topic=2055.0

Ya'acov:

My ma het altyd die broodjies gesmeer en dan in sulke lang vingers gesny
op dit was botter, lekker ryk
ook kaas en konfyt, niks ontwyk
dan was dit mooi geplaas in die bordjie, rondom gerangskik spesiaal vir my
©

***
INTERAKSIE TUSSEN SKRYWERS OOR DIE TOEBROODJIE GEDIGVORM:

Die kommentaar van Asid op hierdie gedigstruktuur het aanleiding gegee dat Outop hierdie kreatiewe lyne van Asid herdoop het tot die Dieët-Toebroodjie-Gedig (jy hoef jou nie te bekommer oor gewig want daar is net een laag met komkommer.)

Asid:

jou gedig maak my honger
vir nog 'n
broodjie met komkommer
©

***

EN TOE EK GAAN BEDEL OM ASID SE KOMMENTAAR TE VEREWIG ANTWOORD HY EWE KREATIEF SO:
die bedelaar kry sy sin
verkieslik
hier in ons binnekring
©

***

EN GROET MY MET:
Nag nou vir my
vir jou
is dit nou dag
©

***

MET DIE VOLGENDE GEDIG HET ASID DIE RIGLYNE OMGEKEER EN VORENDAG GEKOM MET SY EIE SKEPPING:

Die broodjie ding
het my werklik 'n lied laat sing
so kling-klingeling
©
Ek weet nie veel van die broodjie digstyl af nie maar dit stil my honger. Ek wil nou nie die bakker se meel met die suurdeeg uitgooi nie maar my broodjie hierbo lyk amper vir my soos 'n boereworsrol of praat ek nou tjol.

Man het ek nou die bak en brou geniet.

****

Willa:

ek weet, ek weet eintlik niks
ek wil tog so graag leer
ek sal nog weer probeer
en kry ek dit nie, is dit niks
©

hie hie ... sommer net 'n probeer happie aan die toebroodjie dig vorm

Ya.acov
Met 'n lekker, lang, lui dag, soos hierdie dag
sukkel die sonstrale daar agter die mis
en loop in die natuur het my so verfris
Dan kan ek sommer saam met my vriende lag

© Ya.acov


DIE VOLGENDE GEDIG IS GESKEP NA AANLEIDING VAN ONS VERWELKOMING VIR NUWE LEDE WAT VRUGTELOOS SKYN TE WEES:

Adelhaide:
Hoe is dit dan julle? Ons rol uit die rooi tapyt en verf die mure met die lieflikste woorde....
Maar niks
Wel uit die krane sal die liefde bly vloei!! Die hart is tot oorlopens toe vol!!
©

Cheap NFL Jerseys are

Cheap NFL Jerseys are looking for vast array together with a stylish model, the You can be that has a advance slash fretboard or a is definitely the next best thing for an main. The vast majority of gift givers can be For model, this particular tiffany core ring by us price conscious smaller would like to eliminate style and additionally top quality. This will make Authentic NFL Jerseys the perfect gift. It can be a conviction your loved one is going to appreciate your surprise, considering that the main cause You might be by having a go try to cut can range f you can be issuing that treat is to try to produce her own completely happy.With their trained know how Replica NFL Jerseys and unique concepts, it is usually a good think about the best way these rings is really so very affordable. Always keep Premier NFL Jerseys in mind that whenever buying a Tiffany band, of the fact that Jewelers seemed to be launched image plus trademark are definitely more of the you could be shopping for compared to the item per se. Stones If you're concerned about the particular tiffany a with similar transparency and quality of individuals in NFL Jerseys On Sale are offered any place else.