Woord in Engels:
Druk asb op die 'read more' skakel om die hele gedig te lees.
Verwysing:
Met dank aan Naas vir die uitstal van hierdie pragtige voorbeeld van 'n gedig waarin alliterasie suksesvol toegepas word.
Naas: Steenbokkie
Daar waar pers papawers pragtige poue pamperlang
Deur tergende tulpe trippel sy.
Na waar roeserige rooi rosies wink
Dwaal die brose steenbokkie.
Soos twee tingerige takkies
Staan die skerp horinkies astrant
Bo die bonkige bokkoppie op.
Tussen grasgroen geil grassies
Staan die statige steenbokkie.
Loer sy skugtertjies vir my.
©
*Alliterasie: Die herhaling van soortgelyke konsonantklanke
