Tong in die kies: Vanuit die Woeste Erwe

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel
Verwysing: 
Met spesiale dank aan Lorraine en Ya'acov vir die eerste bydrae in hierdie afdeling.

Lorraine Brand: My verhoudings met ander mans
My eerste verhouding in my getroude lewe was met Mr Min.
Hy hou my kant van die saak silwerskoon.

Toe ontmoet ek vir Handy Andy. Hy het my al regtig gehelp om van hardnekkige probleme ontslae te raak, probleme waarvoor my man nie eintlik kans gesien het nie.

So vier jaar terug stel Mr Min sy neef aan my voor.
Hy het bietjie meer om die lyf en is nie bang om sy manlikheid te wys nie.

Het nog altyd van 'n stil en sterk man gehou. Voor ek my kon kry, het ek vir Mr Muscle geval. Ek is tot vandag toe nog nie spyt nie. Hy bring sy kant en het my 'n hele paar nuwe truuks geleer.

Wat ek sonder Mr Battery, Mr Exhause en Mr Tyre sou maak, weet ek nie. Hulle is bietjie duurder as die ander daarom maak ek net so nou en dan gebruik van hulle dienste. Gelukkig het hulle 'n waarborg!

As ek saans te eensaam raak as my man laat werk of te vroeg gaan slaap , dan bel ek my goeie ou vriend, Mr Video. Hy gee nie om dat ek hom net nou en dan nodig het nie. Altyd gereed op kort kennisgewing.

Afhangende van die tyd wat ek op hande het en hoe groot my aptyt is, bel ek sommer vir Mr Delivery ook. Ek hoef nie eers agter hom aan te ry nie. En hy gee ook nie om om my met Mr Video te deel nie.

My nuutste verhouding is met die tweeling en oor hulle is ek vreeslik opgewonde. Lyk my hoe ouer ek raak, hoe meer sien ek kans vir nog. Hulle kan nogal my sak ruk, veral as ek hulle altwee gelyktydig besoek. Dit is die nimlike Mr Price Homes en Mr Price Clothing.

Ek is seker teen die tyd verstaan julle my dilemma oor die mans in my lewe. Ek is ook seker julle is self skuldig. Moet nooit sommer iemand anders veroordeel voordat jy die hele storie ken nie. En wees eerlik met jouself, wat sal ons sonder hierdie mans in ons lewe maak?

Ek hoor hoeka hier is 'n nuwe intrekker, Mr Braai - en hy adverteer goeie en betroubare diens. Kan blykbaar 'n lang nag kort maak.

So, as julle weet van ‘n man wat bereid is om sy dienste aan my te lewer, gee vir hom my selnommer. Dit is nou as hy nie te duur is nie en nie omgee om my met nog ‘n paar ander te deel nie!
©

Ya'acov: Sit skop in die dag

Het jy al gedink aan iets alternatief
soos om Miss Muffet te ontmoet
sy is so goed, hanteer self die kinders
het selfs 'n Pre-Primary & Play Center in PE geopen

dan is daar 'n stroere boere nooi
sy weet hoe om jou te vermaak
vir Sarie Marais maak jy saak

as jy die dag net lus is vir niks doen nie
kontak gerus Miss Valet in die Kaap
sy kom besoek jou by jou huis
©

Lorraine Brand se definisie vir VEERTIG:
V Vry om te wees wie jy werklik is, om jouself uit te leef en jouself te aanvaar vir wie en wat jy is (en nie is nie)

E Entoesiasties te wees oor jouself, jou man en jou kinders en oor die lewe

E Ervare, en daarom kan jy jou kinders - as jy gelukkig is jou man - en jou vriende met meer begrip en verdraagsaamheid hanteer

R Ryp om nuwe dinge aan te pak en die moed om die onverwagte te doen

T Trots oor wat jy bereik het in die lewe, nie oor status en blinkgoed nie, maar oor dinge wat werklik saak maak in jou hart

I Ingelig – om bewus te wees van jou vriende se nood asook die lyding van jou medemens én om iets daadwerkliks daaraan te doen

G Grootgeword, gegroei sonder om te vroeg oud te word, jou humorsin te behou, minder te stres en om dolgelukkig jou nuwe fases te ervaar!

Veertig – vry, verrykend en vrek lekker!

WAT IS IN ONS VROUE SE HANDSAKKE:
Double D:
MascaraS,

lipstiffieS,

spieëlS in verskeie grotes,

ʼn hamer,

ʼn baba rattle,

wet wipes,

doeke,

sleutels,

tissues soos in BAIE en meeste reeds gebruik,

kleingeld soos in BAIE, selfs nog 1/2 sente kom daar uit,
ou toebies,

besigheids kaartjies van 32 haarkappers,

rubber handskoene,

anti-perspirant en deoderant,

en een of ander reiniger vir vuil toilet sitplekke,

baie juwele in alle kleure en geure, want blykbaar vervang mens juwele so deur die dag om anders te lyk of omdat "SY" my alweer nagemaak het, en ook ʼn blou halssnoer dra vandag - "die teef",

naald en gare,

skuifspelde in alle grotes,

BAIE goed van die man in haar lewe - want sy moet mos al sy goed ook hou en sy het juis nie plek nie,

ʼn paar goed van haar ou boyfriends,

vars onderklere - ʼn meisie weet nooit wat die dag inhou nie,

tandepasta vir daai na-lunch-knoffel-asempie weereens omdat ʼn meisie nooit weet wat die dag inhou nie,

verskeie vorme en kleure en geure en diktes en lengtes van vroulike produkte,

naelknippers en tweezers,

dagboeke die laaste 5 jaar sin, hierdie jaar sin het sy by die huis vergeet, maar sy kan jou steeds darem vinnig vertel in geval van ʼn argument hoekom jy so ʼn groot poephol was op 18 Maart 2003,

'n bergklim tou,

stukke van die bumper van die kar wat sy vanoggend gestamp het, as sy hom nou nou weer gou vasgeplak het met die 6 buisies superglue wat sy ook daarin hou gaan liefie nooit agterkom sy het die kar gestamp nie,

ʼn verjaarsdag kalender want wat anders gaan sy by die werk doen as om al die vriendinne te bel wat vandag verjaar,

en eindelik die gloeilampe!

EN HIEROP ANTWOORD ELMARIE WESTERINK SO:
Jy beskryf letterlik alles wat ek met my saamdra (maar ek moet sê, geen vrou het my nog ooit kon copy nie so ek hoef darem nie ander juwele te dra nie). Jy het wel 'n paar belangrike items uitgelaat:

* Skroewedraaierstel

* Medisyne (want almal - mans inkluis) kom 'n hoofpynpilletjie, maagpynpilletjie, sinuspil, pleister ens ens leen

* Waterlose handontsmetmiddel (want ons toiletstories behels baie meer as julle manne sin)

* 'n Vet beursie met honderde kredietkaarte, winkel lojaliteitskaarte, mediese fonds kaarte, ens ens ens.

* Verskillende kleure lipstiffies (just in case)

* Selfoon en Blackberry en 'n paar flashdrives

* Opgevoude en verfrommelde kredietkaartstrokies (vir ingeval jy in 2010 jou bankstate wil rekonsilieer)

* Skoonheidsalonbrosjures

* Advertensies

* Bioplus

* Nog 'n Bioplus

* Karsleutels EN die kar se spaarsleutels

Naas:
Operasie Photoshop

Seerowers wat gestrand het, het ‘n brief met hul ko-ordinate in ‘n bottel gesit en dit in die see gegooi. Dan het hulle maar gehoop die seestrome dra dit na ‘n land waar iemand dit sal optel en na hulle kom soek. Vandag ry ons op die internet se branders. Partykeer probeer ons ook maar ‘n bottel in die virtuele see gooi en hoop die strome dra ons boodskap na iemand wat dit sal lees.

Ek besluit toe eendag om op faceboek te gaan en ‘n meisie te soek.
Ek kry ‘n mooi foto van een van die ouens by die gim waar hy staan en spiere pomp, sit dit op photoshop en met ‘n delikate operasie sny ek die spiertier se kop af. Dit was gelukkig bloedloos. Hy weet nie eers daarvan nie. Een van my eie fotos, waarop ek mooi glimlag, se kop word toe met ‘n ewe delikate operasie op die spiertier se liggaam vasgewerk.
Na die operasie beland die nuwe ek in die intensiewe eenheid op facebook.
Sy het twee dae later reageer. Die internet strome het my bottel op haar strand uitgespoel.

Haar foto praat met my. Sy het lang bene, ‘n uurglasfiguurtjie, blonde hare en die mooiste glimlag op daai perfekte gesiggie. Pragtig is nie die woord nie. Alles wat ‘n man wil he. Ons gesels tog te lekker. Nie lank nie of sy wil weet waar ek bly. Sy wil he ons moet mekaar erens ontmoet.
Ek speel vir tyd en spandeer al meer tyd in die gim om my papsak na die facebookfoto se sixpack te verander.

Twee maande gaan verby. Ek lyk al meer soos my facebook prentjie en besluit dat dit nou tyd is vir ons eerste ontmoeting.

Dit is stil in die kafee terwyl ek deur die venster na buite kyk. Dit reen. Sy is laat.

‘n Motor stop voor die deur en my hart pomp teen die spoed van wit lig in afwagting. Die deur gaan oop en ek sien eers daai twee mooi bene uitklim. Toe ek egter verder kyk val my ken ‘n duik in die tafel en my hart gaan staan botstil. Dis nie my facebook meisie nie. Sy het ‘n gesig soos ‘n donkie. Die anderkantste deur gaan oop. ‘n Kop verskyn bo die dak. Ek erken dadelik die gesig. Dit is my facebook meisie. Ek hou asem op en my hart kom weer stadig aan die gang.

Die twee stap deur die kafee se deur. Donkiegesig en my facebook meisie.
Aag nee. My facebook meisie het ‘n lyf soos ‘n koei.

Hulle kom sit by my en verduidelik dat hulle altwee gesamentlik vir my geskryf het. Die foto op facebook is gephotoshop.

Ek dwing myself om kalm te bly terwyl ek vir ‘n oplossing soek. Ek nooi hulle vir koffie by my huis.

Nou le hulle hier. Elkeen aan ‘n bed vasgemaak. Tussen hulle le my gereedskap gesteriliseer.
Mes! Reg. Saag! Reg. Naald en gare! Reg.
Ek is reg vir my photoshop operasie.

My mes trek die eerste streep oor haar keel..... Die bloed spuit tot teen die dak.....
©