Troos in Lewensgedagtes

Lewensgedagte .
Elke dag is die Lewe soos ‘n boom,
Blare val af, nuwes groei uit.
Wat is die mens se lewe tog ?

Een jaar is soos ‘n breukdeel van ‘n sekonde…
Sestig jaar is ‘n minuut,
Tagtig jaar net – net genade…

Daarom dank aan Yahweh
Vir ewige troos en onverdiende genade

Ek bid u vir troos…
Want is dit nou die tyd waaroor daar gepraat en bepeins is ?
Het die tyd nou aangebreek vir die afskeid wat menig mens probeer vermy…???

Is vyf jaar,een maand en agt dae die geleende genade gewees wat ek van U af gesmeek het ?
Indien wel, roep my siel in ‘n loflied aan u : “ Dank Vader vir die kosbare tyd van genade,
Net U weet wat goed is vir U kinders !”