Piet Magriet: Die slimkoppe sê wanneer jy met krampe gepla is in die nag, dan moet jy 'n aartappelmoer in jou bed sit. Jy kan dit maar probeer, maar ek slaap al 42 jaar langs dieselfde ou moer en ek kry nog steeds krampe.
Adelhaide: Sout, sout help! Hulle se sout help vir krampe en kalsium ook.
Ek kry my porsie sout elke Saterdag oggend! As liefie by die huis aankom na sy laaste skof waar hy sy brood verdien in die sweet van sy aangesig, daai sweterige, souterige hallo soen!
Natuurlik, my kalsium sorg hy ook voor. Hy werk by 'n diamantmyn en wanneer ek sy wasgoed doen is dit vol stof. Ek reken dis van al die harde bene kou! My dosis kalsium asem ek sommer so in!
PIET MAGRIET SE KOMMENTAAR OP HEIDI SE RAAD:Gelukkig drink ek net "CrampEase" ek hoef nie so te swoeg nie, dit sal my net nog meer krampe gee!
