Verwysing:
(Met dank vir die leen van jou praglyne geskilder met die woordkwas)
Mag ek myself verf met die roosrooi kwas van jou liefde ...
mag ek jou reënboog wees, gevul met al die kleure wat my laat dink net aan jou ...
die taal van jou siel ontsyfer soos die kontras tussen warm en koue kleure ...
ek drink uit die poele van jou akwamaryn blou oë ...
jou hart omvou my soos warm geel oker ...
jou passie so diep en eg soos karmyn rooi ...
die taal van jou lyf soos 'n swart en wit koerant gevul met stories oor jou ...
die seer in jou hart soos op 'n koue omberbruin wintersdag ...
mag ek my honger stil met die koring van jou napels geel siel ...
ek brand soos 'n warm oranje om aan jou te raak aldag en heeldag ...
vir altyd en ewig soos 'n lang somersdag gekleur met sapgroen en kobalt-blou ...
