Uitgestelde Afskeid...

.

Ek sien hom kwyn
Herkennings glans in sy oë
verdwyn.....
Sy mond skeef oop
dowwe kykers wat vra
waar is ek nou ?
Wie is ek en waarheen
moet ek gaan ???
Waar's my ma en pa ?
Ek verlang na hulle...
Waar is hulle huis, ek
wil huis toe gaan,
wanneer gaan ek huistoe ???
Wanneer vertrek die trein
en wanneer kom die bus,
hoe ver is ons van die plaas af ???
'n Refrein wat maandelank aanhou
terwyl ek woordeloos my stom hou
want hoe vertel jy aan hom dat
sy wêreld net kleiner en kleiner word
soos die siekte sy brein verwoes ???
So klein soos wat hy sigbaar waarneem sonder begrip,
So het ek al afskeid geneem van my maat
Toe ek besef hy ken my nie meer...