Erna Jo:
Wat is Amor as sy kwaad is? Sy is die joost in.
Disa:
... of sy gee nie 'n sokkie om nie...
Naas:
Ek wil darem net sê. Dis ook nie my sokkies nie. My sokkies het almal gate in.
Meraai vannie baai:
En daai sokkies is beslis nie Outop sin nie. Syne is gestop - deur homself en daai skewe oumenssteke sal ek oppe afstand herken!
Erna Jo:
... vir geen geld ter wêreld wil ek nou in sy sokkies staan nie.
Piet Magriet:
Ek is onskuldig, ek dra nie sokkies nie.
Lorraine:
Ai, ai, ai! Die arme Joost, hoop nie hy is een van die dae 'n kous sonder 'n maat nie! Hulle praat mos hoeka van rugbyspelers wat na 'n nederlaag kous oor die kop huistoe kom!
Naas:
Joos se video is beslis vervals. Die video is 30 minute lank en geen blou bul kan so lank stoot nie.
Erna Jo:
Naas jou doring! Ek stem saam met Juenka, jy is skerp verby. En ek dink jy is reg ... die man is mos nou boonop 'n afgetrede bloubul, wat sy speeltyd nog korter maak?
Lorraine:
Naas, jy is so skerp soos 'n Minora lemmetjie. Ek het gedog Joost se redenasie (oor sy sokkies) was prettig, maar joune kry 17/10
Naas:
Miskien is die man hopejoost onskuldig of diep betrokke. Hoe dit ook al sy, sykouse is sy kouse en bly sy privaat besigheid.
Juenka:
Wel as hy diep betrokke was met my sou ek nie 'n kla-kous gewees het nie.
Piet Magriet:
Dink julle daai sokkies kry nou so skaam dat hulle gaan wegloop na die sokkieparadys toe? Dalk wil hulle nie ook betrokke raak nie.
Juenka:
PM ek sokkiendeur jou gevoel. Daai arme sokkie het seker die pad gevat na die North-Koust, hulle se dit is soos die paradys daar.
*sien aangehegde foto van Juenka:
http://www.woesblog.com/forum/index.php?topic=1828.30
Piet Magriet:
Ook maar goed so, want as daai sokkies kon praat ...
Juenka:
Ja nee as hulle kon praat sou hulle sê: Sok off Joost ons ontrek van jou voete af.
Piet Magriet:
Dink jy hulle is "daai soort" sokke?
weerijuffrou:
Lekker gelag vir julle. Naas I beg to differ. Celebs weet hul doen en late sal aan die GROOT KLOK gehang word. (Skuus d pun) :-P
Michelize:
Sokke hêlle, ek het nou lekker gesmile vir julle sokkiejolle. Arme ou Amor. Dat Joost nou al die aandag moet kry... g'n wonder sy's die joost in nie. Of is sy?
EN OP ANDER NOOT:
Juenka:
Mense ek is nou 'n larwe want ek het myself so pas in 'n papie in gelag. Huisgenoot het hierdie week 'n artikel oor Steve se bloedklont. Seker maar net om vir hom te wys dat Huisgenoot nie iets teen hom het nie. Anyway een van die hoof opskrifte in die artikel lees soos volg:
"NOG 'N GESONHEIDSKOK VIR STEVE HOFMEYR TOE DIE GEWILDE SANGER BEHANDEL MOET WORD VIR 'N BLOEDKONT IN SY BEEN"
Vir die wat nie op spelling gestel is nie let bietjie op na die spelling van klont. Whhhaaa haaa haaa. Freudion slip se moses.
Meraai:
Die man raak nou oud! Hy het sy rottegif vergeet ... ek het pakkie op die poskoets gegooi vanoggend :)
Lorraine:
Ek lees vanoggend ons koerant 'n artikel waar Philip de Bruin 'n onderhoud met onse Steve gevoer het. Kla die sanger dat na sy bloedklont (amper tik ek verkeerd!!) hy nou deesdae met 'n stywe kous moet loop. En ek kon nie help om histeries aan die lag te gaan nie.
Dink net - al die celebrities - met hul kous/sokkie-probleme. Joost wat ontken dit is sy sokkies, Steve wat vir 'n vyf weke met sy stywe kous oor die weg moet kom.
Dit laat my wonder - Maccie, is jy nou ons forum se celebrity?
McF:
Ek het bewyse dat ek nie 'n kous dra vir 'n bloedklont nie, maar albei my sokkies is nog missing.
So Miss Piggy dalk kom ek nog op die voorblaaie van die Raport en dan kan ek ook sê: Is nie my sokkie nie, my sokkie moet by die rooi rok bokkie wees.
Dan word ek julle forum Celebrity, want die rooi rok bokkie en my sokkie sal een moviese storie maak.
Piet Magriet:
Net 'n regstelling. Jy soek nog net een sokkie!? Juenka het dan een gekry!
Lorraine:
Piet Magriet, jy is reg!!! Ek was ook onder die indruk Mac soek net een sokkie. Smaak my mos hier broei 'n ding. Ek ken modder en ek ken moeilikheid en hierdie is nie modder nie!!!
Disa:
Ek wou net gou forum-opvang doen toe ek lees wat Lorraine sê van Steve en sy stywe kous! Nodeloos om te sê, die mense om my wil my laat opneem omdat ek hier oor my laptop vou soos wat ek lag...
So asof dit aspris Forum-ers gedoen is ...die een sê dis nie sy sokkies nie, die ander het 'n stywe kous.
Maar nou wonner ek:
"Steve wat vir 'n vyf weke met sy stywe kous oor die weg moet kom"
Ek dink nie Steve sal sukkel met 'n stywe kous nie. Is sy kous dan nie altyd so nie...?
Lorraine:
Praat jy mens! Nog nooit so daaraan gedink nie.
Ek het nogal gewonder hoekom lyk die arme ou deesdae so ongemaklik. Nooit besef dit is sy probleem nie.
Wys jou nou net hoe nuwe Forum-vriende vir jou dinge kan uitstryk!
McF:
Kyk ou Steve en sy stywe kous het my nou laat lag
Lorraine:
"As jy jou uitgee vir 'n toffie, moet jy bereid wees om gekou te word!" En dit doen die celebs en politici tog so gereeld!
So, terwyl Steve in 'n stywe posisie is, kan ons ons tenminste slap lag vir mekaar se sêgoed.
weerijuffrou:
En die woordgebruik is kostelik. Al is dit soms onbewustelik. Soos Lorraine se "dinge uitstryk" ek lag vir my slap. GAAA GAAA. Dis dalk Steve se oplossing. Lat hy hom slap lag!
Disa:
Hehehehe, ja sowaar, as Steve hom slap lag sal hy minder onderhoud hoef te betaal!
Kan nie wag se more se Rapport nie - daar's moontlik 'n grootnuus-storie wat die Forum-ers weer hier kan kom "ontrafel"!
Lorraine:
Dis net soos jy daar sê Disa! Val my mos nou by, sê hulle nie hoeka "geld wat stom is maak reg(uit?) wat krom is" nie?
Of foeter ek alweer van die wa af?
Erna Jo:
Ek het my ook nou slap gelag, die kommentaar hier is baie skerp. Ek sien die Joostdebakel het die week weer die Rapport in sirkulasie gehou. As die outjie op die video moes weet wat kom sou hy seker sy sokkies uitgetrek het en koue voete gekry het.
Juenka:
Erna as daai mannetjie se identiteit ooit uitkom kan ek jou verseker dat sy voete vuur warm gaan wees want hy gaan in die sop wees.
Erna Jo:
of in die warm water. Of miskien sal hy soos 'n kat op 'n warm plaat ronddans. Kaalvoet
SKINDERSTORIE:
Juenka:
Ek het 'n vriend wat ek nie op die naam gaan noem nie wat een van die joernaliste was wat die video gesien het en wat ek so tussen die lyne van hom verstaan is dit die einste Joost wat op die warm plaat gaan ronddans. Maar nou ja ek kan nie dit bewys of verwys nie.
Soos hulle sê waar daar 'n vuurtjie is, is daar 'n sokkie wat aan die brand gesteek word.
Lorraine:
Ek hoop wie dit is kan op sy voete dink, want nou sal hy sy voetwerk moet ken. Joost het hoeka voet by stuk gehou dit was nie sy sokkies nie. Wonder of Amore dalk Joost se voetstuk kon uitken op video?
Ek wonder of sy nie altyd maar sal wonder met wie het Joost nie dalk al wel voetjie-voetjie gespeel het nie. Die koerante gaan seker weer witvoetjie soek by ou Mnr Boluis vir 'n storie.
Maar laat ons maar onthou dat baie van ons celebs ook maar voete van klei het. En een van die dae gaan al die celebs hulle sokkies voetstoots verkoop!
weerijuffrou:
Verwonder my aan jul lemme! Die ding gaan nog lelik word. Daar het klaar n lelike ding kop uitgesteek!
Onthou jul nog vir Eugene Terblanche en Janie Allan en sy groen onderbroek met die gate in?
