Agter die tronkskerms:
Juenka: Ek stel voor ons maak 'n forum tronk oop waar 'oortreders' opgesluit word.
Diamantjie en die dief: Ons moet iets soos 'n tugstelsel begin wat fun sal wees!
Tribalmoon: Ek dink 'n tronk is net wat nodig is. Maar die konkelaars word alleen opgesluit anders is almal later in die tronk en leef hulle te lekker van Jam en Peanut botter broodjies.
Juenka: You do the crime you do the time!!! PM jy en Maccie gaan aangekla word vir non disclosure. Julle mors met die forum mense met julle inside grappies en versteekte geheime. Julle laat my husse met lang ore sien. En dit terwyl ek 'nigter' is. Ek gaan julle ma sê julle wil nie bieg nie!
Piet Magriet: Eish, skuldig bevind voor 'n verhoor! Tipies SA!
Diamantjie en die dief: Een van jul nie dalk n ligte verkoue nie? Ek hoor dit kan jou deesdae vrywaar! *back summy*
Piet Magriet: Baie skerp Diamantjie, maar ek glo nie hierdie forum regter sal val vir so iets nie. Aaikona, sy is te slim vir dit!
Wag, ek gaan in die kroeg wegkruip! Moenie sê nie hoor!
Diamantjie en die dief: Ek wil jou volg maar die kroeg se deure is nog gesluit vir my. BB moet dit oopsluit? Eks mos nou al "groot genoeg"?
Tribalmoon: diamantjie, jy moet nog 'n bietjie kekkel dan sal die deure vir jou oop wees. Of jy kan vir Bertha 'n bribe betaal...
bertha badprop bribes? waar? It wasn't me, ne! Hierdie government is nie scaly nie.
*ok DD (diamantjie en die dief) wat is die kleur van jou papiertjie? Kan ons negotiate?*
Willa: As self aangestelde Forum Regter - Stel ek Juenka en Trappies aan as tronkbewaarders - en die volgende mense mag nie die tronk verlaat - elders op die forum kuier totdat hulle straf afgehandel is nie en dit is dan soos volg :
Piet Magriet en Maccie julle moet 'n duet gedig kom laat pronk oor julle gekronkel daar in die donker - en bieg dan maar sommer in die gedig oor die geheime wat julle dan so deel.
Geen gehoor - hie hie ek bedoel verhoor -
Geen bribes
Geen vrylatings - nie eens vir katgriep nie
Geen jam en penut toebroodjies nie
PM en MCF - duet gedig - voor die week uitloop
TM BB DD PM Meraaitjie - 'n gedig in 'n formaat van julle keuse (ek is nog goed hartig) oor bribes in ons mooi forum huis - voor die week uitloop
Juenka en Trappies - hou hulle dop, anders gaan julle dop en ook gestraf word - ek's 'n self aangestelde regter en maak my eie reels op
BOETE VERSE:
bertha badprop:
ek is 'n dapper prop
ek skink 'n forum dop
en daar's mense wat my betaal
om vir hul die kroeg deur af te haal
ek kry raas en ek kry straf
ag die gedig is sommer laf
maar ek is 'n dapper prop
en skink net nog 'n dop
Piet Magriet:
Ek is die forumbekkie en ken nooit my plek nie.
Ek veg vir my pel met omkoopgeld en
toe sit die forumregter my op ys en dit oor ‘n roomys
Nou kom ek groot skuus sê of my bene sal hier bly lê
agter slot en grendel maar ek belowe plegtig
ek sal nie weer nie, tot volgende keer nie.
McF:
Blobsie (McF) en Bootyshake (PM) wou gaan opsit in 'n hoekie in die tronk ha hummm
maar besluit dis veiliger in die kroeg ha-hammm - in plaas van vry word hul toe dronk ha-hummm
Die twee se bekke word toe los en hul beginne praat oor die groot geheim ha-hummm ha-hummm ha-hummm
Juenka en Trappies die twee tronkbewaarders stap toe in die kroeg ha-hummm
hul sien vir Blobsie en Bootyshake en besluit hier kom 'n ding ha-hummm
Trappies se vir Juenka, vanaand is die aand wat ek hul gaan uitvang ha-hummm ha-hummm ha-hummmm
Diamantjie en die dief:
Straf is straf! Hiers my boete. My partners in crime kan kom bylas:
Diamantjie was tog alte dors
Te veel geproe aan sout droewors.
En toe sy water wou gaan drink
Kon sy geen enkel druppel skink
Die watergat was dor en droog
Maar toe gewaar sy die forum oog
Sy dink opslag aan 'n gawe plan ...
Piet Magriet:
Toe kom PM daarby
en sê sy vir my
'n Roomys is net die ding
om 'n deur oop te sing...
Maar Trappies het probeer
om vir Juenka te keer a humm
maar dit het die hele nag geduur
en hul kry nie 'n kuur a hummm
die twee sit net daar met hul arms om mekaar ah hummm...
Diamantjie en die dief:
En toe die roomys klok eers lui
Was dit vir Badproppie verby
Sy het die sleutel afgehak
En nou's ons almal in die ...SOP!
bertha badprop:
ons is drie (of vier of vyf of ses)
ons is dronk
ons is pelle in die tronk
nou die wyn
dan die kyn
dan die bottel brandewyn...
if this is love
i'll take a hamburger
Regter Willa, almal se borg is betaal,
kan jy nou seblief ons uit die tjoekie uithaal?
bertha badprop:
Gisteraand was ons Brad Pitt, nou's ons spierwit! Wys jou net, as jou kop dom is, moet jou lyf suffer ... wys bietjie daai tattoo PM!
Het iemand 'n blikkie groen ambulans (cream soda?) daar's 'n hewige dors wat met die bliksoldaatjies in my kop baklei!
PM laat ons gaan, hierdie tronk besigheid is nie goed vir my bloeddRink nie
Piet Magriet:
Die groenkoeldrankies is vir babalas.
Die rooikoeldrankie is 'n "bloody mary".
Dis is my "skud my uit die walms uit".
bertha badprop:
hit the road jack
we'll never come back
no more no more no more no more
hak vrystaat!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Willa:
Mens kan ook nie tronkvoels alleen los nie - kyk hoe gat hulle tekere.
Meraaitjie jy was ook gevonnis .. waar is jou gediggie?
die ander se woordjies, al is dit spokerig en dronkies,
het julle almal nou uit die tronkie
maar PASOP - die sop kan altyd weer warm word!
So nou is almal amptelik vergiftig - ek bedoel vergewe en uit die tronk
Juenka and Trappies - hou die forum dop vir oortredings, ons kom sluit hulle weer op hier in die tronk!
Klop-klop klop-klop, maak tog gou oop! Willa soek 'n versie en ek wroeg met 'n dubbeldoor-brood lyntjie:
Ons is nou almal in die tronk
want die tribe
wou mos bribe
En nou is ons regter bevonk
(PM en Trappies dankie dankie dat julle vir my gewag het hoor!
********
Sal ons jou mos nooit in die steek laat nie Raaitjie!
Om in die tronk te sit is niks
'n paar proppies
'n paar doppies
en 'n goeie woordeboek as gids
nog 'n vaatjie
nog 'n maatjie
is wat nodig is om 'n judge te wiks.
*********
Meraai van die baai het al weer gebraaib
en Diamantjie en die dief het gelieg
Ya'acov is baie bang vir die hof
hy is alweer besig om te beplan
hoe om die roomysbak by te dam
Maccie wil nie sê nie want hy wil nie hê nie ...
of is hy nou, besig om getuienis te weerhou?
Meraai vannie baai:
DD en Y .... daai harde geluid was die boeie om julle woord-enkels
One-liner-forum-boete!!!
Waar's ons jurie-lede vir die vers-vonnis asseblief?
Ya'acov:
[hierdie is geskryf as skulderkenning nadat ek gevang is dat ek een-enkel-lyn plasings pos)
Ek slaan my oë op na die blaaie
wat het ek gedoen
ek het die blad se reëls
sonder om te dink verdoem.
Waar sal die lewe eindig
as elkeen maak soos hy wil
wat reëls met gemak verwyder
en reken dis nie vir hom geskryf.
Elkeen wat onder enige reël val
moet maak besef hy sal
eendag moet verduidelik
hoekom hy die spesiale geval wou wees.
[skulderkenning voor vonnis oplegging = geen rekord]
Hierdie is die tweede keer
wat ek myself verweer
hierdie keer nie so seer
want hierdie keer is dit weer.
Ek wou graag weet wat die Diamant daar sê
en wat die Diamand dan hou hê
maar geen verskoning is genoeg
al was ek baie moet
ek was weg en keer terug
sê toe "Hallo" vanaf die brug
maar die boodskap kon sy nie vind
weggewaai in die wind.
Lorraine:
Grote Griet - ek is tot in my klein toontjies geskok. Ek was net vir 'n paar dae weg - en nou kom kry ek dit!!!!!!!
Mense, mense, mense!!! Mens kan julle ook net bad en aantrek - maar nêrens heen vat nie. Wat het verkeerd geloop hierdie week???
Wie is in en wie is uit? Ek is nou so gekonfoes dat ek nie weet of ek Arthur of Mather is nie!




