Om te gee is 'n wonderlike ding maar in dieselfde asem kan dit 'n baie ongesonde ding wees as dit verkeerd toegepas word.
Vir alles in die lewe is daar reëls wat bepaal of wat jy wil doen suksesvol gaan wees en die nodige resultate kan lewer.
Hou jy nie by hierdie reëls nie kan iets soos vrygewigheid self 'n negatiewe inpak hê.
Nou ja wat is die reëls van gee?
Dink aan jouself as 'n boks. 'n Boks is bedoel om 'n inhoud te hê. Indien daar niks binne die boks is nie dan is die boks nie funksionerend nie.
Dit is nogsteeds 'n boks maar dit het geen doel nie en as gevolg daarvan is daar 'n gevoel van emptiness, hartseer en natuurlik depressie.
So wat maak jy? Jy begin die boks (jouself) volmaak. Jy stoor alles moontlik daarin wat jou gevoel oor die boks (jouself) na 'n meer positiewe ding kan verander.
Jy sit liefde daarin, jy sit sekuriteit daarin, eerlikheid, kos, klere, geld, tyd, omgee wat ookal dit vat om jou boks vol te kry.
Natuurlik is dit belangrik om te weet wat jou boks nodig het om positief te voel. Hoe jy dit bepaal is so maklik soos wiskunde.
'n Plus maak meer en 'n minus maak minder. Nou moet jy net weet wat is vir jou 'n plus en wat is 'n minus.
Vir my is liefde 'n plus. Great. Haat is nou weer 'n minus. So as ek in my boks(myself) liefde sit (dit is nou liefde vir self) maar ek besluit 'n dag later om haat daarin te sit dan vat dit weg van my boks se inhoud. So ek is dan weer so bietjie leeg.
Maar waar kom die gee in hierdie boks-storie in? Wel dit werk soos volg: Die boks het 'n limiet. Ek kan net so baie kos daarin sit.
So wanneer my boks oorloop van die kos dan het ek ekstra. Nou dit is waar die gee inkom. Dan kan ek gee. Dan kan ek met soveel dankbaarheid vir my oorvloed aan ander gee.
Ek kan dan as te ware hulle help om hulle bokse vol te maak. Wat hulle weer die geleentheid gee om dieselfde te doen vir iemand anders ens ens ens.
En eendag as my boks dalk weer bietjie leeg is dan kom dit wat ek uit dankbaarheid gegee het weer terug na my toe.
So in opsomming sonder die vergelyking:
- Jy kan nie liefde gee vir iemand as jy jouself nie lief het nie.
- Jy kan nie kos uitdeel as jou eie koskaste nie vol is nie.
- Jy kan nie iemand vertrou as jy jouself nie vertrou nie
- Jy kan nie enige iets vir iemand anders doen as jy nie self in oorvloed het nie.
- As jy gee waarvan jy nie self het nie sal dit nie in dankbaarheid wees nie.
- As jy nie gee in dankbaarheid nie gee jy nie opreg nie.
- As jy gee omdat jy voel jy moet en dit is tog die regte ding om te doen terwyl jou boks leeg is, gaan jy nooit die ware genot van diens aan jou medemens ten volle kan begryp nie.
Gee want jou eie beker loop oor en jy is so dankbaar daaroor.
Ek soek niks van niemand se hulp omdat hulle voel dit is maar wat hulle moet doen nie, want dan sal hulle nooit kan terug ontvang nie.
