wie is ek

Waar begin ek. Seker by my naam. Eks Marissa, net Marissa. Hoe lyk ek vra julle? Eks blond, blou oe gewoon dink ek. Hoekom skryf ek die blog? want ek het n storie, n seer storie en ek wil daai seer uit kry en myself gesond kry en mens word. Ek het nog net seer gekry in my lewe. Dis die een mens na die ander wat my seer maak en teleur stel. Dit was eers my ma en pa, toe my eks man en nou weer my eks kerel. Julle mag dink maar almal gaan deur dit. wel lat ek julle my lewens verhaal tot dusver vertel dan besluit julle of dit die moeite werd is om te kom lees. My eerste gedagte wat ek het van klein wees, is ek wat onder n wasbak in die badkamer sit en huil en my pa wat besig is om my ma uit mekaar te slaan. Die deur is gesluit en my oom staan buite en probeer in kom. Dis wat ek kan onthou. daarna was daar baie sulke dae. Oh ja my pa het altyd kom jammer se ,maar dit het altyd weer gebeur. Ek het twee boeties ryker geword deur als, wat ek al baie gewens het moes nooit gebeur het nie. My ma en pa kon net nie reg kom nie. byvoorbeeld ek was in vyf skole in graad een. Ek onthou my pa het gese ek het iewers gedruip, wat ek nie kan onthou nie, maar as dit so is , is dit hulle skuld. Eventualy het ons by my oupa en ouma op geeindig. Dmy ma het vir een keer haar brien gebruik en gedink. Dit was die lekkerste tyd by my ouma en oupa. Ek sal dit nooit vergeet nie. Ek het nie soo lank terug vir my oupa dankie gese vir als wat hy vir ons gedoen het. Sadly is my ouma nie meer met ons nie. ek haat die welsyn. Hulle het nooit gehelp nie. In die volgende gedeelte van my lewe sal julle sien hoekom se ek so. Toe ek in std 5 was is ons georder deur die welsyn om na my pa toe te gaan. wat n ramp. Die goed het gaan kyk hoe lyk die huis en besluit dis beter daar. Enigste probleem, hulle het nooit kom kyk of ons ok is na ons daar gaan bly het nie. Sien ons het daar gekom , en waar my pa met my ma geeindig het , het hy met ons aan gegaan. Ons is gemoer vir niks, of sommer vir als. My baba boet was toe in graad 1. ek loop vandag met n skewe neus en n kompleks oor my hare. my middel boet het op gegee op die lewe en le al in sy graf. My baba boet sny homself af van sy familie. Hys nou 29. Die grootste grap van als is, ons was kids en niemand het ons kom help nie. Ons moes self opstaan ons self help. Al die bure het geweet wat aan gaan, Maar niemand wou betrokke raak nie. Wat n kak verskoning. Maar nou ja ons het uit gekomen by my ma gaan bly. Nie dat betr gegaan het nie. Sys van die een gemors man na die ander een toe. Ons het honger gaan slaap. dis daar waar ek my grootste respek vir swart mense gekry het. Die wittes sal jou net kyk en nie helpp nie. maar die swartes sal hul laaste stukkie kops met jou deel. Maar ek dwaal nou af. Ons het weer terug gegaan na my pa to. Nadat een welsyn werkster gese het ons bly by my ma en n ander een in n ander dorp besluit het sy ggan nie help met geld nie en ons is onwettig in my ma se sorg. weet julle wat grief my. Die ou juffies wat altyd beter weet maar in die meantime het hulle nie kids nie ok nie n swaar lewe nie en ok nie n man wat hulle elke dag moer nie. maar hulle weet van beter. Ons is terug na my pa toe. Dit het goed gegaan vir omtrent 3 sekondes.Toe begin als van voor af. Ek het party dae gewens hy moet dood gaan of ek gaan hom dood maak. Net vir daai bietjie verligting. Kyk dis nie n grap as jou pa jou moer tot jy uit pass, of jou bord kos teen die muur gee, of jou 12 uur uit die bed pluk want hy wil inspeksie hou. Hy het soms as my boeties bed nat maak, hulle voor die toilet laat staan vir die hele nag, of hulle in die tuin laat staan sonder klere in die winter. Toe op n dag besluit hy om te vrek. What n blessing. Hyt homself dood gedrink en dit nogal op moeders dag. Ja mense gaan dink eks wreed, en ek is lief vir my pa na als, maar Liewe Jesus het geweet wanneer om hom weg te vat. Eks nou moeg maar ek sal more my storie verder vertel. Tata tot more