Nou die dag word ‘n boer gekruisig omdat die oop trok waarop hy sy werkers aanry plaas toe rol en ‘n klomp van die werkers dood is. Hy het dit goed gedink om sy werkers op sy eie onkoste by hul werk te kry, net terloops.
Gaan daar nou ‘n wet ingestel word wat jou verhoed om persone op ‘n oop trok of bakkie te vervoer?
Dis onwettig om in my eie motor sonder ‘n sitplekgordel te ry, maar ek mag met my motorfiets ry sonder ‘n sitplekgordel, sonder die veiligheid van my motor se kajuit en lugsakke. Dis egter teen die wet om sonder ‘n valhelm te ry. ‘n Valhelm gaan my lewe red as iemand voor my indraai, al ry ek net 120km/h……………hahaha!!
Dis wel wettig om jou kinders agter op jou bakkie te laat ry sonder valhelms en veiligheidsgordels.
Vir hoeveel jare bestaan hierdie wette waaroor ek praat, donkiejare al sê ek julle.
Groete, Wintie

Opinie.
Wintie,ek het simpatie met die boer, maar omrede ek nie bekend is met die feite vannie saak nie, kan ek my nie meer volledig daaroor uitlaat nie, behalwe om te se dit is algemene gebruik om werkers agterop 'n bakkie te vervoer. En, ek is seker dat hierdie mense baie dankbaar is, omrede hulle nou nie hoef voet te slaan nie.
'N soosrtgelyke geval (so paar jaar terug) waarvan groot gewag gemaak is (die wereld vol!) is die foto vannie 'boer' en sy hond wie voor innie bakkie gery het, en sy werker agterop. Net die foto is geplaas, in al wat 'n koerant is, as voorbeeld van hoe daar dan nou nie aan die nuwe, verbeterde Suid-Afrika geywer sou word nie. Om 'n lang storie kort te maak, het iemand dit toe natyds goed gedink ommie 'boer,' en die werker op te spoor, en het die werker gese maar hoe moes hulle dan nou anders maak, want agterop het hulle 'n gevaarlike vrag gehad (glo gasbottels, of iets, en daarmoes gekyk word dat dit nie rondrol nie) en dis hoe dit gedoen moes word. (insoverre ek die feite kan onthou).
So ja, die feite is seker uit verband geruk, in jou geval.
Maar die motorfiets: ons almal weet tog dat in 'n ongeluk is dit innie bestuurder se beste belang om weg te kom vannie motorfiets sodat die ding tog nie op jou moet val nie. Verder het navorsing (en ek sal toegee daar is uitsonderings)aangetoon dat veiligheidsgordels lewens red. Maar valhelms agter op 'n bakkie? Persoonlik reken ek nie dat dit kan skade doen nie!