Ek kla nie vandag nie.
Ek het al gister begin voel dat die wiel weer begin draai.
Ek het hierdie amazing energie en borrel van blydskap – oor geen merkwaardige rede nie.
But what goes up, must come down
Waar ek weer in my hoekie van donkerte gaan lê – oor geen merkwaardige rede nie.
So, hierdie openafspring van die lewe wat ek nou voel is eintlik gevaartekens – the omen of whats to come.
Interresant: hoe hoêr hierdie vlak van euphoria is en hoe lank dit met my speel – dit is presies die teenkant vir die gatslagaardtoe deel wat definitief ook sal volg.
Maar vir nou kla ek nie…

Wipplanksiekte " The High"
Dink en besin, voordat jy doen en versin.Woorde wek en voorbeelde trek.Waarheen is jy op reis in hierdie lewe ?
Stem volkome saam met jou, ek het vroëer kommentaar gelewer maar dit het tussen neus en ore verdwyn, lyk vir my hier gebeur snaakse dinge. Miskien spoke wat dit loop en uitwis.
Ek verstaan waarvan jy skryf , het self deur daardie emosies al gaan vir baie lank, dankie tog ek is deesdae ontslae daarvan.
Beste manier om dit te
Beste manier om dit te hanteer is om te weet wat dit is, wat dit kan doen en WIE en WAT jy is. Kyk die monster in die oê en deal daarmee met die wete dat dit jou kan defeat as jy dit gaan toelaat. Konstant op jou tone wees, jouself vertrou en sover moontlik die logiese normale uitweg kies. Let it ride...