Afkortings

DBV

Verwysing: 
Met dank aan Gawelina vir die pragtige afkorting.

DBV: In ons dorpie staan dit bekend as "Diere Bring Vlooie"

DBKY

Woord in Engels: 
Die 'denkbeeldige yskas' waarteen ons die skommelgedigte uitstal.
Verwysing: 
Met dank aan McF vir die skep van die beskrywende afkorting

'n DBKY - Dit staan vir denkbeeldige kreatiewe yskas.
Gaan loer gerus waar die skrywers woel met woorde teen die DBKY: http://www.woesblog.com/forum/index.php?topic=1822.60

Woesterse SPAM woorde

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel.
Verwysing: 
Met dank aan al die skrywers wat bydrae tot hierdie afdeling in ons boek van woorde.

SueEe:
Spoeg-
Pos
Aan
My

Spul
Praatkous

Afkortings van Estelle Fenwick

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel.
Verwysing: 
Met dank aan Estelle vir die kreatiewe bydrae.

WVA:
Wereld-Vrede-Aktivis
Woestyn-Verdwyn-Akkedis

Ping-pong
You’re wrong

Dit staan vir ‘u-uhm’
Woes-Verslaaf-Annonimis
Daar’s al ‘n hele spul van ons

Antjie se tong in die kies afkortings

Verwysing: 
(Met dank aan Antjie vir my baie spesiale toekennings!)

WNBE (Woes-Nobel prys vir Bevordering en Erfenis van Afrikaans)

APLVIMB (Antjie-Patat-Losgat-Voor-In-My-Boekie prys)

RSA - Republiek van Suid Afrika in 11 tale

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel.
Verwysing: 
*Die elf amptelike tale van die RSA in Afrikaans geskryf, onderaan hierdie bydrae.

RSA: Republiek van Suid-Afrika (Afrikaans)

Republic of South Africa (English)

IRiphabliki yeSewula Afrika (IsiNdebele)

IRiphabliki yaseMzantsi Afrika (IsiXhosa)

PB (Afkorting)

Verwysing: 
(Bart)

PB = Persoonlike Beste. (Die atlete kan nie hulle PB lewer as daar nie ondersteuning is nie.)

B.B.O. (Rugby Afkorting)

Verwysing: 
(Anastasia)

B.B.O. Baie Belangrike Oomblik (In rugby is daar om en by 80 van hulle!)

Afkorting van: Sonica

Verwysing: 
(Sonica)

WWF Waarheids- en Wroeging Forum

Afkortings van: Meraai vannie baai

Verwysing: 
(Meraai vannie baai)

LAG - Laat Alles Gloei
KLS - Kom Lag Saam
DSWS - Die Son Sal Weer Skyn
GMJH - Gee My Jou Hart
MWVJ - My Wens Vir Jou
EHJL - Ek Het Jou Lief
HSS - Hoekom So Stil
WEWD - Wens Ek Was Daar

Afkortings van: SueEe

Verwysing: 
(SueEe)

WWW- Wye Woeste Wêreld

GGG - Grawe Gawe Groetnis

Afkortings van: Naas

Verwysing: 
(Humoristiese afkortings)

OVV = Ons Voel Vere
LOL = Lekker Ou Lag
IMGA = Is My Gelag Aansteeklik?
Lmga = Lag my gat af
RofL = regte ou flankeer laggie
LOSS = Lekker ou Sopperige soen (Wils se gunsteling)

Afkortings vir kommentare

Verwysing: 
(Geskep deur: Meraai vannie baai)

WOW Wys Ons Woesters!

DNS Dis Nou Slim!

DNA Dis Nou Arig!

DNB Dis Nou Bollie!

FNL Flippen Netjiese Lyne!

LML Lawaai Maak Lyne!

GML Goue Medalje Lyne!