E

EINDE VAN DEEL EEN VAN ONS WOES WOORDEBOEK

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel
Verwysing: 
Met spesiale dank vir elke skrywer wat toestemming verleen het dat ek spore op jou erf kon trap en jou woorde oes. 'n Baie groot kniebuig ook vir Stof vir die vermelding en aanwysing na die boekie van woorde onder die SA kunstenaars. http://www.kunsnuus.co.za/kunsnuus/090413ns.htm

Vir een jaar lank was dit my voorreg om te dwaal deur die woeslanings en forumgange sodat die manier waarop die Woesters gewoel het met woorde, vasgevang kan word vir ons nageslag.

Engele-te-perd (Minder bekende uitdrukking)

Verwysing: 
Afrikaanse skatkis

Engele-te-perd: 'n Nagereg (oesters gebraai in omhulsel van sout en varkspek)

Eikeblaar (Minder bekende uitdrukking)

Verwysing: 
Afrikaanse skatkis

Eikeblaar: papiergeld/note.

Eva-kraam

Verwysing: 
Met dank aan Mel

Eva-kraam. Mel se pragtige uitdrukking om geboorte te gee sonder enige pynmiddels toegedien. 'n Natuurlik geboorte proses.

Eurofraan

Verwysing: 
(Chenel Pieterse-Boyle)

Eurofraan – Europese Afrikaner

Eenvoetsokkie

Verwysing: 
(Danie)

Eenvoetsokkie is die kous wat altyd sonder maat is na 'n bondel wasgoed.

Elektofobie

Verwysing: 
(Bart)

Krag wat so afgaan - elektofobie

Egoli Taal

Verwysing: 
(Bart)

Engels en Afrikaans saam gebruik in die werksituasie - die goue middeweg - Egoli Taal.

Eenkantmens

Verwysing: 
(Annie)

Eenkantmens - Toetentaal alleenlopend as enkeling maar nie eensaam nie!

Engeltjie-pieps

Verwysing: 
(Meraai vannie baai)

Wanneer iemand sy/haar drankie regtig geniet.