P

Sinonieme vir die 'prikker' van 'n primusstofie

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel om alles te lees.
Verwysing: 
Met dank aan Piet Magriet vir die aandra en deel van die sinonieme.

Piet Magriet: Ons het sommer van 'n steeknaald of "die pompstofienaald" gepraat. Ek het die volgende saamgevat:

Primusnaald
Ruimnaald
Primusprikkel
Pompstofieprikkel

Posseelgrasperk

Verwysing: 
Met dank aan Lepinotus Patruelis

Posseelgrasperk: Die oulike beskrywing van Lepinotus Patruelis vir 'n baie klein grasperkie.

Poppergoed (Minder bekende uitdrukking)

Verwysing: 
Afrikaanse skatkis

Poppergoed - wanneer daar liefkosend na 'n persoon verwys word.

Potlood venter (proeswoord)

Woord in Engels: 
Flasher
Verwysing: 
Met dank aan drabmol

” Potlood venter”(Nederlandse woord vir in Engels ‘n Flasher)

Pommietroos

Woord in Engels: 
Tea
Verwysing: 
(bertha badprop het Wikus se woord aangedra)

Pommietroos is tee. Boeretroos vir die Boer en Pommietroos vir die Engelsman!

Prop-en-geniet

Verwysing: 
(SueEe)

Prop en geniet – Afrikaans vir "plug and play"

Homoniem vir: Pitstop

Verwysing: 
(Willem Woes)

Pitstop - Toilet besoek

Partytjiekokkerot

Verwysing: 
(Charmain - studente woord uit 'n gesegde)

Optrek-kuite soos 'n partytjiekokkerot.

Plonsstilte

Verwysing: 
(McF)

Plonsstilte - skielike stilte en/of gepratery wat eensklaps ophou.

Piesangarkade

Verwysing: 
(Aspoestertjie)

Piesangarkade - sletpretpark

Pilpaleis

Verwysing: 
(Aspoestertjie)

Pilpaleis - Apteek

Poepiesop

Verwysing: 
(Piet Magriet)

PM se verwysing na Boontjiesop!

Pramsak

Woord in Engels: 
Boobtube
Verwysing: 
(Aspoestertjie)

Pramsak is Aspoestertjie se proeswoord vir 'n boobtube

P-Pos

Verwysing: 
(Ah Willa)

P-Pos is die boodskap wat hondjies vir jou los as hulle 'n plek 'gemerk' het.
As 'n yackerbek nou gemorspos vir jou aanstuur dan voel jy lus om dit te 'merk' en as P-pos terug te stuur!

Pajamadonkie

Verwysing: 
(Aspoestertjie)

Na Zebras verwys as pajamadonkies.