Praglyne

Woorde wat beelde skep: JJordan

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel om meer te lees.
Verwysing: 
Met dank vir die leen van jou praglyne JJordan.

JJordan: Skryf my naam

Skryf my naam
met jou
toon in die seesand
vinger op ‘n stofplaat
oë tussen die wolke
neus teen ‘n wasemruit
mond op my wang
in graffiti en kalligrafie

Geraamde oomblikke: Marci

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel
Verwysing: 
Met dank aan Marci vir die leen van hierdie praglyne

Marci: welriekend beskadig

harde hemelwater en woekerwind
het na-nag die tuin verniel...
In die nuwe dag se breek,
het ek die stukkend getroos.
- gesnoei -

Geestelike Verse en lirieke van "Totius"

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel om die res te lees.
Verwysing: 
Met dank aan "Totius" vir die leen van hierdie geestelike praglyne van jou.

"Totius" In U hand gee ek my lewe oor!
Wees my tog genadig, Heer, want ek is in die nood.
Ek voel ek is vergete, soos iemand lank reeds dood.

*Goue draad praglyne van Ya'acov

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel
Verwysing: 
Met dank aan Ya'acov vir die leen van jou praglyne en ook 'n spesiale kniebuig aan Lorraine vir die skep van hierdie pragtige beskrywing vir praglyne wat ontstaan rondom 'n gesprek/draad op die Woes Forum.

Ya'acov:
Kan jy die kleur van 'n papawer vir 'n blinde verduidelik?

Kan jy die klank van 'n uit wat roep, en die maat wat antwoord, vir 'n dowe persoon beskryf?

Geraamde oomblikke: Lorraine Brand.

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel
Verwysing: 
Met dank aan Lorraine vir die leen van hierdie praglyne

Lorraine Brand: die rooi tapyt

in die rolprent van ons lewensverhaal
vertolk ek en jy die hoofrolle
in ons huwelik –

en was verbaas toe ek heel laaste moes

Kreatiewe Lyne: Ertjie Verbeel van Erna Jo

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel.
Verwysing: 
Met dank aan Erna Jo vir die uitstal van hierdie praglyne!

Laat ek begin by die begin en verduidelik wie en wat Ertjie Verbeel is.

Woorde wat beelde skep: RUDI COETZER

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel
Verwysing: 
Met dank aan Rudi vir die leen van hierdie praglyne.

RUDI COETZER: Feezeframe (20)
Die beeswagtertjie
dut verveeld,
sy rug moeg gestut
teen die warm skurf
van die rots.

Vyftig meter weg
maak die Brandwag
skril alarm.

Woorde wat beelde skep: Piet Magriet

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel
Verwysing: 
Met dank aan Piet Magriet vir die leen van haar praglyne.

Liewe Ouers,

Droefheid van verlange het my krom getrek
en ek sukkel om dit te verwerk,
Ek val op my knieë neer
en probeer my bes om dit te keer.
So geboë probeer ek alles in my vermoë

Woorde wat beelde skep: Susan Grobler

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel
Verwysing: 
Met dank aan Susan vir die uitstal van hierdie kreatiewe gedig.

Susan Grobler: Refleksies
steel ‘seblief vir ons ‘n vuurtjie...
en steek vir ons gondelswane en
sonsondergange aan die brand

verf roekeloos met jou palet

Geestelike Bêre Lyne van Annie (vir ons kleingoed)

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel vir nog geestelike lyne van Annie.
Verwysing: 
Met dank aan Annie vir die leen van hierdie praglyne

Met bruin oë groot sit hy stil op sy stoel
en soos altyd mis hy niks van die doel
en meelewing saam met sy ouers in
hierdie gebou vol christenbouers
waar ons ons Verlosser kom ontmoet,

Geestelike Bêre Lyne van Skaduman

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more skakel.
Verwysing: 
Met dank aan Skaduman vir die leen van jou geestelike lyne

... Ek is nog blind vir dit wat ek wil sien, want ek kyk vas in dit wat ek eers moet verstaan.

... Om heel te wees, moet ek eers breek sodat Hy wat heel gemaak is my kan regmaak.

Woorde wat beelde skep: Grevilman

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel.
Verwysing: 
Met dank aan Grevilman vir die leen van jou beskrywende lyne.

Weer vroeg herfs
Winter groei reeds sagte donsvere
vroeg in Februariemaand.
Die Rand verswak steeds teen die Dollar
en verbandkoerse kan ook nie

Praglyne van Mostertsaadjie: Laslappiemens

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel.
Verwysing: 
Met dank aan Mostertsaadjie vir die leen van jou praglyne!

Laslappiemens

‘n Hemelse lugfoto stel ten toon,
‘n sprokieswêreld deur bome gesoom.
‘n Handgemaakte kralewerk van tyd,
‘n collage wat tot in ewigheid reik.

Woorde wat beelde skep: Kwagga

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel vir nog praglyne van Kwagga!
Verwysing: 
Met dank aan Kwagga vir die leen van jou praglyne.

*Dagskilderye

As die son die nag weg skyn is daar 'n silwerskoon wit doek, styf gespan wat wag vir my oë om oop te gaan, wat wag vir die verfdruppels van elke dag.

Woorde wat beelde skep: Azalea

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel.
Verwysing: 
Met dank aan Azalea vir die leen van jou praglyne.

Kom oor dit
Tyd is ‘n skildery
Maak nie saak hoe lank jy kyk
Dit gaan nie verander

Woorde is woorde…somtyds
Somtyds moet jy aksie neem

Liefde is ‘n venster