Praglyne

Woorde wat beelde skep: Naas

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel
Verwysing: 
Met spesiale dank aan Naas vir die leen van jou lyne.

Naas:
My paadjie het ’n draai gemaak
Deur kankerveld en doringdraad
Dit het my daar laat wei
Waar ek die kuur teen kommer kry

Verby die afgrond van wanhoop

Woorde wat beelde skep: Antjie

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel
Verwysing: 
Met dank vir die leen van jou praglyne Antjie.

Antjie:
Jy met jou krulkop hardekwas manier
Van opvlieende konfrontasie, of skaterlag
Jou eie-wys denke, wat jou alleen sou laat stap
Deur jare heen na die klipkerk.

Woorde wat beelde skep: Piet Magriet

Woord in Engels: 
Hierdie gedig het reeds 51 kommentare ontvang op die Woesblad! Druk asb op die 'read more' skakel.
Verwysing: 
Met spesiale dank aan Piet Magriet vir toestemming vooraf verleen vir die uitstal van jou praglyne

INSIG: Deur Piet Magriet
Met my kierie in die hand
loop ek tot by die strand
en maak my tuis op ‘n rots
nie te ver van die kant.

Woorde wat beelde skep: Loko-motief

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel.
Verwysing: 
Met dank aan Loko-motief vir die leen van jou praglyne.

Loko-motief:

Die stilte sif stadig neer op veld, rant en vlei ...

Fisant families vroetel vervaard ...

Patryse pruttel en praat; probeer hul kuikens versamel ...

Lyne/verse wat treur: Vanuit die geknakte woordare van die Woesterse lanings.

Verwysing: 
Met dank aan al die skrywers wat bydrae tot hierdie kreatiewe bydrae. Druk asb op die 'read more' skakel.

ammiemoon: uit die blou van onse hemel...

onteer deur jou reënboognasie
se steenkool hande
jou goud besnede vertoonvenster
depresieer as hammers

Woorde wat beelde skep: natalie-dominique

Verwysing: 
(Met dank vir die leen van jou praglyne natalie-dominique.)

Oggendsonstraaltjies dans mazurka ...

Silwerglansend aandgewaad ...

Gedrapeer om maanlig sonate ...

Ritmies walsend deur my uurglas lyf ...
©

Waarheid in 'n boks: Juenka

Woord in Engels: 
Na aanleiding van Mel se onderwerp: My kleingeldsakkie is leeg. Hoekom laat sommige mense toe dat hul altyd aan die korste end trek?
Verwysing: 
Met dank vir die leen van jou praglyne Juenka

Om te gee is 'n wonderlike ding maar in dieselfde asem kan dit 'n baie ongesonde ding wees as dit verkeerd toegepas word.

Praglyne van Sonica ('n Laaste eerbewys aan ons skrywersmaat)

Woord in Engels: 
9 Okt 1965 - 30 Okt 2008
Verwysing: 
*Hierdie lyne was van die eerste praglyne wat ek gaan oes het April 22, 2008 en vanoggend het ek dit net so gaan haal en hier kom plaas as eerbewys aan Sonica.

Tussen die tente van Kedar het ek penne ingeslaan - maar saans alleen by my vuur gestaan ...

Neem my op die voetpad van stilwees ...

Iewers waar ek die donker kan aflaai ....

Uit die Kleurvolle Woordkwas van Double D

Verwysing: 
(Met dank vir die leen van jou praglyne geskilder met die woordkwas)

Mag ek myself verf met die roosrooi kwas van jou liefde ...

mag ek jou reënboog wees, gevul met al die kleure wat my laat dink net aan jou ...

BESKRYWENDE WOORDE WAT LAG/JUBEL/HUPPEL OF ONDEUND IS

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel vir nog ondeunde /lyne verse.
Verwysing: 
Met dank aan al die skrywers wat bydrae tot hierdie afdeling in ons boek van woorde.

WOESTERS SE VERSIES WAT JUBEL/LAG OF ONDEUND SKITTER:

Sussa se versies wat sprankel van ondeundheid:
My arm woorde kan nêwwenie sê

Eerbewys aan ons woorde: vanuit die Woesters se penne

Woord in Engels: 
*Hierdie bydrae's is opgeneem in die Woes Cento.
Verwysing: 
(Met dank aan Mel vir die voorstel van hierdie afdeling en aan al die Woes skrywers se kreatiewe bydrae's)

Mel:
* Dit is my uitstort-emmer

* Dit is my bystand slaapterapie

* Dit is die sielkundige wat onverdiend in onse lewenskompetisie myne geword het

Woorde wat beelde skep: Naas

Verwysing: 
(Met dank aan Naas vir die aandra van jou woorde pragtige beskrywende woorde)

Die bloed van die oggendson drup deur die takke van die Haak-en-steek ...

Branders galop oor die sand soos seeperdjies in gelid ...

Woorde wat beelde skep: Gelofte Dag (Antjie)

Verwysing: 
(Met dank aan Annie vir die aandra van die pragtige beskrywende woorde)

My hart dreun soos 'n 100 vel oorgetrekte dromme ...

deur swetende lywe hul oorwinningslied ...

en bloedbevlekte assegaaie uitbasuin ....

vrees grynslag uit die suisende bome na my ...

Beskrywende Woorde: Onstabiel (Muishond)

Verwysing: 
(Met dank vir die leen van jou beskrywende pragwoorde Muishond)

* 'n Hart te rowwe waters ...

* ‘n Siel op soek na ‘n eiland ...

* waar seerkry ‘n gerug is ...

* ek wandel in donkerte ...

* waar hoop net ‘n klug is ...

Beskrywende Woorde: Drome (Zymrly)

Verwysing: 
(Met dank vir die leen van jou beskrywende woorde Zymrly)

* 'n Droom is die stem van môre wat jou roep om op die uitkyk te wees vir dit wat wag.

* Teken die drome van die nag aan, sodat die drome van die dag 'n plek het om vervul te word.