Woord in Engels:
Druk asb op die 'read more' skakel.
Verwysing:
Met dank aan al die skrywers wat bydrae tot hierdie afdeling in ons boek van woorde.
SueEe:
Spoeg-
Pos
Aan
My
Spul
Praatkous
Aangedrewe
Mail
McF:
Soort
Pos wat predikeer dat
As ek dit kry stoot dit my jibsemse
Moermeter in die rooi.
Jan Anderland:
S: Simpel
P: Pos
A: Aangestuurde
M: Moermeter-aktiveerder
Natalie-Dominique:
S= singularis
P= periculum
A= ab
M= malo animo
vry vertaal: 'n enkele risiko, waagspel van/met bose opset
Naas:
My ouma het ook een van daai gehad. Gelukkig is dit dood voor dit kon aanteel.
K-onstante
O-ngevraagde
T-oeststroming van
S-teurpos.
In ander woorde: "Ons word oorval deur KOTS.
