Woesterse Tameletjie-sinne wat begin met dieselfde letter (Tongknopers)

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel
Verwysing: 
(Met spesiale dank aan Annie vir die beskrywing vir die lang woorde/sinne en al die skrywers se kreatiewe bydrae's)

Piet Magriet: Saggeaarde Sannie Stofberg se sieklike stadige seun Sakkie se sterk swaar stewige swaer Sarel, sê sy stoute selfsugtige susssie Suzi se stadige sukkelende Suzuki sleep sewentien swaar streepsakke sout, sonder swoeg, sonder sweet, sowaar sê sterk swaar stewige Sarel se skoorsoekende siek skoonsus Sonica, sy sweet sowaar sout soos Sodom se soutpanne, so, sak simpel Sarel, sê sy stoute selfsugtige susssie Suzi saam sy skoorsoekende siek skoonsus Sonica sugtend.

Wilde Woeste Wouter Wessels Wil Wragtag Weer Weekliks Weet Waar Woeste Weste Winde Woes Woerts Warts Weemoedig Waai Want Woeste Weste Winde Wil Werklik Weer Wild Woerts Warts Weemoedig Wes Waai Wrintiewaar Waar Wilde Woeste Warmhakskeentjies Willie Wessels Waarlik Woon Waar Wewers Wettige Wewershuisies Weef

Weet Wat? Woeste Woestertjies Wikkel Woes Waar Woeste Willem Woes Winde Woes Wes Waai.

Annie:
Stadige Sakkie se sterk swaar stewige swaer Sarel, sê sy stout susssie Suzi se stadige Suzuki sleep sewentien swaar streepsakke sout, sonder swoeg, sonder sweet, sowaar sê sterk swaar stewige Sarel se siek skoonsus Sonica, sy sweet sowaar soos Sodom se soutpanne, so, sak Sarel, sê sy stout sus Suzi saam sy siek skoonsus Sonica sugtend.

Naas:
Wilde Woeste Wouter Wessels Wil Wragtag Weer Weekliks Weet Waar Woeste Weste Winde Woes Woerts Warts Weemoedig Waai Want Woeste Weste Winde Wil Werklik Weer Wild Woerts Warts Weemoedig Wes Waai Wrintiewaar Waar Wilde Woeste Willie Wessels Woon.

EN TOE VOEG ONS ALLES BYMEKAAR EN LYK DIE W-WOORDE SO:

Weggesteekte Woesteling, Waardige Wederhelf Willem Woes Woon Wrintiewaar Wel Waar Wonderbaarlike Woordryke Woesterse Wesies Weekliks Willem-Woes-Woorde Wat Watertand Werk, Wedersyds Werf: Woerts-Warts Wals-Wals Woordsgewys Warmbloedig Wakker Wikkel; Wyl Woud Wasige Warrel Winde (Woelige Werkers) Wragtag Weergaloos Weemoediglik Weswaarts Waai Want Wriemelende Warmhakskeentjies-W-Woorde-Wysneus-Wewers Wil Waarskynlik Wondermooie Weelderige Woonhuisies Wederregtelik Weef - Weet Wetsgehoorsame Weetgierige Wysneus Wat? Wie Wonder Werklik Wydoog Waaroor Wrokkige Wynsuipende Wouter Wyngardt Wessels Wraggies Wraakgierig Weer Woordloos Wantrouig Wou Worstel?

Jan Anderland se oorspronlike bydrae (Sakkie se swaer Sarel):
Sakkie se swaer Sarel, sê sy Suzuki sleep sewentien swaar sakke sout, sonder swoeg, sonder sweet, sowaar sê Sarel se skoonsus Sonica, sy sweet sommige somers soos Sodom se soutpanne, so, sak Sarel, sê sy sus Suzi saam skoonsus Sonica sugtend.

Antjie:
Vandag vang verbaasde Vaatjie vis van die Vaalrivier, verderaf vrees vadertjie vierwiel vasval, veral vandeesweek vreeslike vreemde veelvoudige veerkragtige veermatte versend, vegtend vir veilige vennootskap, veranderings veraangenaam vanselfsprekend verdrietigloos verbind

Tameletjie Dorpsname:
Naas se weergawe:
Tweebuffelsopdieplaasbuitediedorpmetdieoorgehaaldehaelgeweerindiehardlooptussentweerooibontbos-luissemetwitsokkiesdeurmeteenskoottussendieoopoëdeurdeurdiekopheeltemaalmorsdoodvrekgeskiet-brakwaterfontein.

Piet Magriet se weergawe:
Tweebuffelsmetdiegeweerindieholtussentweebosluisedeurmeteenskoot-tussendieoëdeurdiekop-heeltemaalmorsdoodvrekgeskietfontein

Annie se oorspronlike weergawe:
Tweebuffelsmeteenskoottussendieoëdeurdiekopmorsdoodgeskietfontein (Uit my kinderdae)

Langste sin wat in Engels en Afrikaans gelees kan word:
Naas:
My stories is warm water so in my warm indigo ink pot in my warm water pot was my warm indigo ink pen warm water in my warm hand.

Piet Magriet:
So in my warm indigo ink pot was my warm indigo ink pen warm water in my warm hand.