Antjie:
Jy met jou krulkop hardekwas manier
Van opvlieende konfrontasie, of skaterlag
Jou eie-wys denke, wat jou alleen sou laat stap
Deur jare heen na die klipkerk.
Vandag onthou ek grys-groen oe
Gister was dit blou-grys of groen
Wie sal weet waar jou lesse vandaan kom
Ek het jou opgetel, in jul klein klip huisie
Op jou bed gekrul, sat vir seer in jou hart
My troos sou bly, opreg en trou
Jou verwardheid eg, klouend aan my redding
Dit was ek wat nooit sou verstaan hoe jou hart bestaan
In jare daarna sou ons liefde volmaak ontdooi
Sou ons lewe in skadu gehul word
My pyn was ewig en altyd
Toe jy kom vaarwel se
Jou nuwe trou was jou nuwe geluk
Jou kinders jou voleinding van ‘n roeping
Myne was die ewige wandel op enkel reise
Ons was nooit weg nie, en nooit weer saam nie
Ek sou jou dophou deur die jare, jou kinders ken by name
Die volmaakte in vervloee tyd herleef en besef
Daar sal nooit weer wees wat min is beskore
Wyl ek uitkyk oor die diep blou oseaan
Met my donker kykers stormloop die branders
Oor die wydheid van woestyne
Die hoeveldse vlaktes
En die Berge se dieptes
Het ek jou verloor
Jy met jou krulkop hardekwas manier
Vir een sekonde se opkyk in jou dieptes
Blink herkenning en ‘n sagte glimlag, jy onthou my
©
