Woord in Engels:
Druk asb op die 'read more' skakel.
Verwysing:
Met dank aan Grevilman vir die leen van jou beskrywende lyne.
Weer vroeg herfs
Winter groei reeds sagte donsvere
vroeg in Februariemaand.
Die Rand verswak steeds teen die Dollar
en verbandkoerse kan ook nie
aan verwagtinge voldoen nie.
Dis net hoe die lewe is.
Maar in die binnekamers
van slapelose nagte
waar vrae soos sekels sny
en bloed op kussingslope drup,
kruip hoop nog op skurwe knieë rond.
©




