Woord in Engels:
Druk asb op die 'read more' skakel om meer te lees.
Verwysing:
Met dank vir die leen van jou praglyne JJordan.
JJordan: Skryf my naam
Skryf my naam
met jou
toon in die seesand
vinger op ‘n stofplaat
oë tussen die wolke
neus teen ‘n wasemruit
mond op my wang
in graffiti en kalligrafie
noem my op die naam en
skryf dit in die palm van jou hand
maar jy het my naam vergeet
en eers tussen verlepte blomme onthou
in bittere beitelletters
as epigraaf
©
ns: mense wou eerder die woorde hoor en
blomme ontvang toe hulle gelewe het
*Die woordeboek se formaat wys nie die indentasie van JJ se tweede reel. Volg hierdie skakel na die woesblad om die gedig in oorspronklike vorm te lees:
http://www.woes.co.za/gedigte/vertoon/50408_Skryf_my_naam.htm
