Woorde wat beelde skep: Naas

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel
Verwysing: 
Met spesiale dank aan Naas vir die leen van jou lyne.

Naas:
My paadjie het ’n draai gemaak
Deur kankerveld en doringdraad
Dit het my daar laat wei
Waar ek die kuur teen kommer kry

Verby die afgrond van wanhoop
Deur die vlaktes van vetwyfeling
Oor die bruggie van verderf
Het dit my heen laat swerf

Tot ek weer my koers kon kry
Het genade, my by gebly.
©